Buurtwagte ervaar teenstand van SAPD

Argieffoto (Foto: Paul Brennan/Pixabay)

AfriForum-buurtwagte in die Wes-Kaap ervaar glo tans heftige teenstand van senior SAPD-beamptes op sowel distriks- as stasievlak om weer hulle gebiede te beveilig. Dit volg nadat adv. Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, op 1 Junie 2020 aangekondig het dat buurtwagte weer hul pligte kan hervat.

Buurtwagte was ingevolge afsonderingsregulasies nie operasioneel tydens vlak 4 en vlak 5 nie.

“AfriForum se buurtwagte in die Wes-Kaap het van oraloor laat weet dat die SAPD op stasievlak daarteen gekant is dat patrollies mag hervat,” sê Thomas van Dalen, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die suidstreek. “Streng gesproke berus die regulering van buurtwagte by die onderskeie provinsiale departemente van gemeenskapsveiligheid en nie by die minister van polisie nie – al matig Bheki Cele hom aan om op hierdie gebied insette te lewer.”

Volgens Van Dalen is dit duidelik dat die wysigings aan die wetgewing en regulasies nie aan senior SAPD-lede gekommunikeer is nie. Regulasies 33(1) wat Nkosazana Dlamini Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, op 28 Mei 2020 uitgevaardig het, stel duidelik dat mense hul woonplekke mag verlaat om spesifieke dienste te lewer (met uitsondering van aktiwiteite soos genoem in tabel 2 van die regulasies). “Buurtwagte word nie in hierdie tabel genoem nie en daar is dus nou geen regulasie wat buurtwagte belet om hul patrollies te hervat nie,” het hy verduidelik.

“In die lig van die 19 000 gevangenes wat voortydig op parool vrygelaat is, asook die styging in diefstal, roof en huisbraak, en die SAPD se onvermoë om gewone misdaad te bekamp, is dit van uiterste belang dat buurtwagte onmiddellik met hul take moet voortgaan om hulle gebiede te beskerm.”

AfriForum tref al die nodige maatreëls om te verseker dat die organisasie se buurtwagstrukture verantwoordelik optree en dat die voorgeskrewe gesondheidsprotokolle nagekom word.

Word deel van AfriForum se veiligheidstrukture: SMS “Veiligheid” na 45353 (R1).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
daniel

Hierdie regering laat my dink aan n afkophoender.

Willem

Natuurlik di Wes Kaap

PieterP

As die buurtwagte en plaaswagte patrolleer kan hulle moontlik op die wetstoepassers afkom waar hulle besig is om aan te jaag….

Koos

Hulle is bang die buurtwag neem hulle in hegtenis vir hulle dade.

Lorna

Jip hul seker bang buurtwagte vang hul met als wat hul onwetig doen
Hul is nie opgewasse teen die buurtwagte nie