AfriForum het op ’n nasionale projek van stapel gestuur om buurtwagsigbaarheid te verhoog vir die komende feesseisoen. Ongeveer 140 AfriForum-buurtwagte sal in die komende maand sigbaarheid in hul gemeenskappe verhoog om misdadigers af te skrik.
Met die naderende feesseisoen kan daar verwag word dat misdaad gaan toeneem. Dié hoë sigbaarheidsoptredes deur AfriForum se buurtwagte kan ’n daadwerklike verskil in gemeenskappe maak, want dit dra daartoe by om die publiek gerus te stel en te beveilig.
“’n Nasionale sigbaarheidsaksie soos hierdie help gemeenskappe om misdaad te bekamp,” het Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek, gesê. “Die sleutel tot sukses is steeds dat gemeenskappe moet saamstaan en ander veiligheidsinstansies en die SAPD betrek. Gemeenskappe moet eienaarskap neem van hul eie veiligheid.”
Joseph Renaud, AfriForum se veiligheidshoof vir die sentraalstreek, het bygevoeg die feit dat gemeenskapslede betrokke raak by veiligheidstrukture, skep vertroue by mense en verskerp bewustheid en waaksaamheid om misdaad plaaslik hok te slaan. “Goeie samewerking tussen buurtwagte, die SAPD en plaaslike veiligheidsinstansies stel AfriForum se veiligheidstrukture in staat om meer suksesvolle optredes soos hierdie te kan uitvoer en die gemeenskap in tye van nood by te staan,” het hy verduidelik.
Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek, meen proaktiewe optredes soos dié sigbaarheidspatrollies skep hoop in gemeenskappe. “Dit is noodsaaklik dat hierdie soort projekte gereeld saam met alle veiligheidsrolspelers in ’n gebied aangepak word.”
Ons bly by die huis die hele Desember en Januarie so ons sal patrollie ry op ‘n gereelde basis in ons GPF omgewing aangesien sommige boere die kans gebruik om vir kinders en kleinkinders te gaan kuier.gelukkig het ons 9 HD video kameras op by al ons gebied se in en uitgange wat dinge baie vergemaklik en help om onbekende voertuie se eienars vinnig te identifiseer .Verkeer deur ons gebied het reeds merkbaar afgeneem sedert die instalering van die kameras.
Welgedaan! Wens meer mense wil begin pro-aktief raak!
Dankie Afriforum. Dit maak my gek as ek dink dat dit hierdie regering se verantwoordelikheid behoort te wees. Al wat hulle doen is besig om ons te verarm en ons veiligheid te bedreig.
Baie dankie want die polisie gaan beslis nie iets doen nie.
Baie goeie nuus dat sigbaarheid verhoog word. Skerp dit tog net by die mense om nie hul wapens in die kluise te stoor nie en om hemelsnaam nie uit die huis te gaan as hul enige geraas buite hoor nie. En tog ook nie uit die slaapkamer te gaan as daar geraas in die huis is nie. Dit is foute wat mense algemeen maak en talle het so hul lewens verloor.
Ons het onlangs saam met AfriForum ‘n baie geslaagde Vrydag nag patrollie in Rustenburg gehad. Verskeie sekuriteits maatskappye was deel daarvan. Selfs die Boerelegioen en die AWB was betrokke daarby. Wat vir my, as Boerelegioen offisier opvallend was, is die feit dat ons almal saam kan werk mits ons ‘n gemeenskaplike doel het.
Ja ek weet nie hoe die misdaad hier by ons distruk sou wees as ons nie drie groot groepe buurtwagte gehad het nie maar ja hulle bly besig veral oor naweke
Ons sien toenemend in ons woongebied hoe daar mense is wat in die strate rondloop, kyk oor mure en heinings terwyl hulle duidelik nie van die gebied is nie. Die Wet gee hulle egter reg om vry rond te loop en “scouting” doen, terwyl ons hande afgekap is want hulle het nog nie oortree nie. Dis tyd dat ons saamstaan en alle ongewensde rondlopers uit ons gebiede verwilder. Ons sal dit nie waag om in hulle buurte so vrylik rond te loop nie, hoekom moet ons dit duld?
Ek is baie dankbaar en trots op ons Afriforum buurtwag. Het al n keer saam patrollie gery maar my ou lyf was bietjie seer daarna. Kan net dankie sê vir hierdie mense wat hul tyd op offer om ons buurt veilig te hou. Saam kan ons weer hoop bied aan wat ons eie is en staan vir dit waarin ons glo. Raak betrokke mense asb