Buurtwagte weer operasioneel danksy volgehoue druk

Argieffoto (Foto: Paul Brennan/Pixabay)

Albert Fritz, die minister van gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, het Maandag aangekondig dat die Nasionale Sekretaris van die SAPD aangedui het dat buurtwagte weer hul pligte kan hervat.

Dit volg ná AfriForum ’n skrywe aan Bheki Cele, die minister van polisie, gerig het en die belangrikheid van buurt-, kleinhoewe- en plaaswagte voortdurend in die media uitgelig het. “Ander organisasies en rolspelers het dié voorbeeld gevolg om bewustheid te skep,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof vir gemeenskapsveiligheid. AfriForum se petisie om buurt-, plaas- en kleinhoewewagte toe te laat om hul veiligheidsinisiatiewe te hervat, is deur ongeveer 30 000 bekommerde mense onderteken.

“AfriForum se nagenoeg 150 veiligheidstrukture landwyd sal sonder skroom weer voortgaan om hul gemeenskappe te beveilig,” voeg Cameron by. “AfriForum is gereed om strukture te ondersteun in die stryd teen die moontlike vlaag van verdere misdaad wat moontlik kan ontstaan weens die ekonomiese skade wat die deur die inperking veroorsaak is.”

Volgens hom sal die buurtwagnetwerk, wat 12 000 vrywilligers sterk is, misdaad nou weer in noue samewerking met ander wetstoepassingsowerhede die stryd aansê. “Hulle sal nou hul gemeenskappe na behore kan beveilig sonder dat regulasies weerbaarheidverbeteringspogings kniehalter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Die Wolf ·

Ja!Hulle sien nou dat if you cant beat them, join them.Duidelike teken dat hulle nie die joppie kan doen nie.

Fedup ·

I am truly over the moon to read this.
May i ask a donation for tissues and toilet paper please?
mad hatter and his cronies will be needing it very soon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.