Bybel in gebaretaal op pad

Argieffoto

Argieffoto

Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) werk aan ʼn Bybel in gebaretaal, het Beeld Woensdag berig.

Ananda van der Walt, ʼn deeltydse terugvertaler in Hands with Words se projek om die Bybel in gebaretaal te vertaal, het gesê daar is ʼn groot behoefte hiervoor in die dowe gemeenskap.

Volgens Van der Walt is dit die eerste keer wat daar gepoog word om die Bybel in Suid-Afrikaanse gebaretaal te vertaal. Vir dowes om die Bybel in ʼn ander taal as gebaretaal te lees, is soos om teks in ʼn derde of vierde taal te lees, het Van der Walt gesê.

Lisa Craye, uitvoerende direkteur van Hands with Words, het gesê hul doelwit is om 32 van die Bybel se evangeliese verhale teen die einde van die jaar klaar vertaal te hê.

Hands with Words, ʼn nie-winsgewende organisasie, het sedert 2013 toe hulle met die projek begin het al 16 verhale voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ananda van der Walt ·

Net ‘n regstelling: dit is nie die GKSA wat die vertaling doen nie, maar Hands with Words, ‘n NWO in Kaapstad. Ek het slegs die geleentheid gehad om die Sinode van die GKSA van die Suid-Afrikaanse Gebaretaal Bybelvertaling in te lig en die nuus was baie positief deur die sinode ontvang. Weereens dank aan die voorsitter van die sinode vir die geleentheid van bewusmaking rakende die behoeftes binne die Dowe gemeenskap as dit kom by Woordbediening.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.