Bye sak op kompleks in Centurion toe

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Tauseef Mustafa / AFP)

Verskeie mense is beseer toe ʼn swerm bye Dinsdag op inwoners van ʼn kompleks in Oppermanweg in Rooihuiskraal toegesak het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het die bye verskeie inwoners net buite die kompleks gesteek. Dit is nie duidelik of ander verbygangers ook gesteek is nie.

“Nooddienswerkers van ER24 het 15:43 by die toneel aangekom en op ʼn veilige afstand, weg van die bye wat skuiling in ʼn elektriese boks gevind het, parkeer.

“Met paramedici se aankoms was twee mense reeds met ernstige beserings na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer. Twee ander pasiënte, ʼn man en ʼn vrou, het veelvuldige bysteke opgedoen en was in ʼn ernstige toestand.”

Volgens Meiring is dié pasiënte op die toneel behandel voordat hulle ook na ʼn hospitaal vervoer is.

Verskeie ander mense het ook bysteke opgedoen, maar het glo mediese behandeling of vervoer na ʼn hospitaal geweier.

Dit is nie duidelik waar die bye vandaan gekom het en of hulle intussen verwyder is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mallie ·

Maak die bye vsn kant of soek die eienaar om beboet te word.

Nico ·

Kan mense so eenvoudig wees, waar gaan jy na die bye boer soek, kry ‘n bye boer om die bye te vang. Moenie die bye dood maak nie dit is deel van die natuur.

Ontnugterde senior ·

Ouma van Ses
My skoonseun haal bye uit maar ons bly in Kempton Park. Daar is baie mense wat bye verwyder. Hulle kan op facebook gevind word.

NS: Bye kan nie ingeperk word nie. Hulle gaan waar daar kos (blomme met nektaar is) en sodra die swerm te groot word trek ‘n deel van die swerm en stig ‘n nuwe swerm. Somer is ongelukkig bye seisoen. Leef daarmee saam.

Waarnemer ·

Mallie,sies vir jou…die arme diertjies het net kos gesoek,hulle werk hard sodat jy hulle heuning op jou toebroodjie kan eet,Bye het nie n eienaar nie,hulle is insekte wat deur God geskape is en die hele wye wereld is hulle woning.Ek sal graag wil sien hoe n byeboer vir my n spesifieke by uitwys as sy eiendom.

Karina ·

Ek het gehoor die bye sal nie aanval tensy hulle “korf of nes” versteur was nie. Iemand het met hulle “gesukkel” toe word hulle boos. Maar net my gedagtes

Genis ·

Ja Mallie, weet jy wat bye in die natuur doen? As bye nie bestuif nie, is daar nie voeldsel nie… Bye is al amper n berygde spesie… Ons as mens dring in op hulle natuur, dis nie anders om nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.