Nagenoeg 1 000 mense is die afgelope week tydens klopjagte in Gauteng en Noordwes in hegtenis geneem.
“Altesaam 287 mense is Saterdag en Sondag in Soweto in hegtenis geneem,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie in Johannesburg, Sondag gesê. “Die klopjag is in Dobsonville, Meadowlands, Eldoradopark en Protea uitgevoer.”
Die verdagtes is in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur, motordiefstal, kaping, ontvoering, bedrog en die besit van gesteelde goedere. “Hulle sal Maandag in verskeie howe verskyn,” het Makhubela gesê.
“Altesaam 665 mense is die afgelope week in Noordwes in hegtenis geneem,” het sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, Sondag gesê.
Vier van die verdagtes is in hegtenis geneem in verband met moord, 22 met verkragting, 155 vir aanranding, 64 vir dronkbestuur en vyf vir bedrog. “Van die persone is vir winkeldiefstal in hegtenis geneem en van die persone het nie dokumentasie gehad nie,” het Molale bygevoeg. Van die verdagtes verskyn Maandag in verskeie howe. -SAPA
Dit is eintlik ongelooflik dat die kriminele so tussen hulle eie mense woon. Ek glo dat as ‘n gemeenskap “Gods water oor Gods akker laat loop” al hierdie onheil uitbroei. ‘n Gemeenskap moet kyk na wat in die gemeenskap aangaan en optree as daar iets verkeerd is. Ek praat nou nie van Boendoe howe nie..