Bykans 1 700 staatsamptemare afgedank vir korrupsie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Totaal van 3 570 staatsamptenare is sedert die bekendstelling van die regering se teenkorrupsie-inbellyn 12 jaar gelede vir korrupsie aangekla.

ʼn Totaal van 1 694 amptenare is ná dissiplinêre optrede afgedank. Nog 438 amptenare is met drie maande se salaris beboet, 133 is na laer poste geskuif en 913 het geskrewe waarskuwings ontvang. ʼn Totaal van 392 amptenare is strafregtelik aangekla.

Andries Nel, adjunk-minister vir samewerkende regering, het gesê die regering voel sterk daaroor om toe te sien dat dié staatsamptenare nie sake doen met die staat nie. “Dit sluit planne in om amptenare wat juis om dié rede geskors is, te keer om vir ten minste tien jaar vir die regering te werk”.

Nel het bygevoeg dat dié beamptes se name op ʼn sentrale databasis gestoor sal word waartoe plaaslike, provinsiale en nasionale owerhede toegang sal hê. Alle kandidate vir ʼn pos se name sal deur hierdie databasis gesif word om seker te maak dat hulle nie op die swartlys is nie.

“Die stelsel sal van toepassing wees vandat iemand aangekla word, en nie net vandat hy skuldig bevind is nie. Hulle bedank meeste van die tyd voordat hulle skuldig bevind word om vervolging vry te spring. Alle amptenare het tot en met die einde van die jaar kans om te bedank, of hulle sakeaktiwiteite met die regering te laat vaar,” het Nel gesê.

Volgens Nel is R340 miljoen wat weens korrupsie verlore gegaan het aan die departement terugbesorg as gevolg van leidrade van die inbellyn wat opgevolg kon word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Henk ·

ek het persoonlik gebel en gekla oor zuma se 783 korrupsie klagtes. Tot vandag is ek nie teruggebel nie en zuma is steeds die piesangrepubliek se president

Jakobus ·

Ek verwys nou graag na die tweede laaste paragraaf, dan wil ek graag weet, wat as, nie die amptenaar self nie, maar enige ander een van die huisgesin ‘n sakeaktiwiteit met die regering het. Die amptenaar kan mos nou sy sakebelange oordra, as hy nie reeds het nie. Dan, sal dit nou van toepassing op plaaslike regering en munisipaliteite ook wees?

Gerd Lourens ·

Hierdie is maar ‘n druppel in die oseaan. Dank tenminste 1 000 000 korruptes/ongekwalifiseerdes/slegtes af, dan kan die staatsdiens weer begin werk.

Uvonka ·

Ha, dit is nou lekker heuning om die mond smeer ne! Ek wonder hoeveel van die “afgedanktes” kry nog salaris waarvoor ons die belastingbetaler moet opdok.

Johann ·

Realiteit is…die reeds bedenklike syfers is die “amptenare” wat “uitgevang” is. Sidder om te dink wats die WERKLIKE syfers?

Helene ·

O, Hel dan moet daar baie ministers ook afgedank word. Toe nou Zuma dank hul en jouself af. Dadelik!!!!!!!!

Helene ·

Hemk stuur daatdie nr ek wil ook bel, en versprei dat almal kan.

Lance ·

Die staatsdiens is vrot tot op die been en deurspek met oneerlike lui mense !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.