Bykans 300 vlugtelinge kamp buite VN-kantoor in Brooklyn

Vlugtelinge versoek die departement van binnelandse sake om ag te gee aan hul noodkreet (Foto: Verskaf)

’n Groep van bykans 300 buitelandse burgers kamp al byna twee weke lank uit buite die kantore van die VN se Hoë Kommissie vir Vlugtelinge (VNHKV) in Brooklyn in die ooste van Pretoria, in protes teen die onlangse xenofobiese aanvalle in die land. Dié groep vlugtelinge versoek die departement van binnelandse sake om ag te gee aan hul noodkreet vir beskerming teen die xenofobiese aanvalle.

Adrian Roos, ’n DA-parlementslid vir binnelandse sake, sê die vlugtelinge versoek die VN om hulle te help om die land te verlaat omdat hulle nie meer in die land veilig voel nie.

Roos het Dinsdagmiddag aan Maroela Media vertel die polisie monitor die kampgebied. “Omdat hulle op die VN se terrein is, kan hulle nie net verwyder word nie. Die situasie is goed onder beheer,” sê hy.

Vlugtelinge kamp uit voor die VN-gebou in Brooklyn (Foto: Verskaf)

Inwoners van die gebied is wel bekommerd oor die gesondheidsgevare wat dié kampgebied vir hulle kan inhou. Hulle vrees die situasie kan handuit ruk indien die regering nie inspring nie. Een inwoner het haar misnoeë uitgespreek oor die stank en rommel op die sypaadjies.

Roos sê die vlugtelinge kry water by die Brooklyn-winkelsentrum om hulself te was.

Volgens Roos het die VN-amptenare ontmoet met die vlugtelinge en na hul eise geluister.

’n Groot groep vlugtelinge kamp ook uit buite die Waldorf Arkade in die middestad van Kaapstad in die Wes-Kaap. Die VN se kantore is in dié gebied geleë.

’n Portefeuljevergadering met binnelandse sake word volgende Dinsdag gehou om meer duidelikheid oor die situasie te kry.

Roos besoek Woensdag die kampterrein in sy amp as DA-raadslid en sal met Aline Bukuru, die woordvoerder van die vlugtelingegroep, byeenkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Arak ·

Volgens die ANC is daar nie meer xenofobiese aanvalle nie. So, hoekom sit die mense by die VN se kantore? Is dit dalk moontlik dat die aanvalle nog nie gestop het nie?

daniel ·

Dis hoogtyd dat die regarding die probleem sien vir wat dit is
XENOPHOBIA em dit gaan nie verander nie

Anoniem ·

Die buitelandse burgers het op eie stoom na Suid-Afrika gekom. Ek wonder hoeveel van hulle is wettig hier?

Natalene Visser ·

Ook my onmiddellike gedagte gewees. Hulle het op eie stoom hierheen gekom. Niemand het hulle gaan werf in hul land van herkoms nie. Nou is dit iemand anders se probleem om hulle terug te neem.

SjN ·

Hulle was mos hierheen genooi, beloftes nie gerialiseer nie, gee hul gas, its payback time.

Anel ·

As hulle op VN grond is, moet die VN maar sorg. Dit is nou hulle probleem.

marous ·

Waarom gaan plak hulle nie op die parlement se stoepe of die unie gebou se tuine nie .

Gert van Wierdapark ·

Die enigste manier om hul daar weg te kry, sal wees om die beginsels van “Kamp Staaldraad” toe te pas,! He-he-he!

Judge Dredd ·

…en hoe het hulle hier gekom?
Hulle soek betaalde vakansie terug na hul land en dan oor 3 maande glip hulle weer ongesiens oor ons grens.

Daan ·

Dis vir my so snaaks dat dit juis hulle is wat die probleme veroorsaak en dan kom hulle presidente na ons land en wil he dat hulle mense moet beskerm word.

JR ·

SA kan nie eers sy eie landsburgers beveilig nie wat nog te sê buitelanders

Lava Lamp ·

Ag my skat, klim in die tou…. Suid Afrika kan nie eers sy eie burgers beskerm nie, ek dink nie julle gaan vinnig gehelp word nie, maar sterkte. Ons weet hoe julle voel…

Marlene ·

Sal die VN my as blanke ook aanvaar as vlugteling en na ‘n ordentlike westerse land stuur? My vlugteling status is vrees om huis te verlaat, skelms loop helder oordag in erf! Inbrake en pogings in en om my buurt. My kinders gekaap in oprit by huis. Gepoogde kapings drie maal, tuis en op straat. Besigheid het ondergegaan weens ekonomie en BEE. Maatskappye ‘retrench’ blankes links en regs en die meeste stel geen blankes meer aan nie. My man en kinders word geraak. Kan nie kantoor verkoop of verhuur, vele ander besighede in straat dieselde!
Vriende, familie en kennise word wreed aangerand en vermoor. Ouderdom tel teen jou. Sal bogenoemde in ag geneem word as status? Of tel die president se paddas wat stadig gekook word en gedreig word met die dood deur EFF, se taal deur Blade veroordeel word, nie as vlugtelinge nie?

Leon ·

Die ANC skuld die lande biljoene Dollar se gunste vir die sogenaamde “struggle”. Hulle kan niks doen nie, want die lande sê “I is now payback time. We don’t want them. You take them”. En nou vat ons hulle maar. Hulle is persona non grata in hulle land en die enigste dom ouens wat hulle sal vat is die ANC regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.