Bykans 4 000 sterf in Gauteng-staatshospitale weens ‘nalatigheid’

(Argieffoto: pixabay)

Altesaam 3 832 pasiënte is verlede jaar in Gautengse staatshospitale dood weens 10 741 voorvalle van ernstige terugslae wat hoofsaaklik gespruit het uit voorkombare mediese nalatigheid.

Die Gautengse LUR vir gesondheid, Bandile Masuku, het die syfers verskaf in antwoord op ʼn geskrewe vraag van Jack Bloom, ʼn DA-lid van die Gautengse wetgewer.

Sogenaamde voorvalle van ernstige teëspoed (SAE) word beskryf as voorvalle waartydens onbedoelde skade aan ʼn pasiënt berokken word weens iets wat gedoen is, of nié vir ʼn pasiënt gedoen is nie, eerder as weens ʼn siekte of onderliggende mediese toestand van ʼn pasiënt.

Die meeste van dié voorvalle – altesaam 1 763 – is in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto aangemeld. Dié hospitaal is die derde grootste ter wêreld en dien as verwysingshospitaal vir pasiënte landwyd. Nagenoeg 150 000 pasiënte word jaarliks daar opgeneem en 500 000 buitepasiënte word behandel.

Dié hospitaal word gevolg deur die Steve Biko- akademiese hospitaal (893 sterftes) en die George Mukhari-hospitaal (766 sterftes). Albei is in die Tshwane-metrogebied.

“Ek is die bekommerdste oor die 2 307 sterftes van pasgebore babas en 238 moedersterftes. Daar was ook 866 septiese keisersnitte en 1 148 voorvalle van hipoksiese iskemiese enkefalopatie, wat breinskade veroorsaak by kinders wat nie suurstof kry nie,” het Bloom gesê.

Bloom sê nog ʼn aanduiding van swak sorg is die 1 052 voorvalle van druksere wat in hospitale as SAE’s aangemeld word. “Dit het ʼn direkte uitwerking op hoe lank ʼn pasiënt se gemiddelde hospitalisering is, wat die koste van behandeling opjaag én tot liggaamlike skending kan lei.”

Ten spyte van die hoë getal voorvalle wat aangemeld is, is net 77 daarvan vir tugoptrede verwys.

“Die syfers is uiters onrusbarend. Dit beklemtoon die ernstige bestuursprobleme in staatshospitale en die gebrek aan gevolge vir mediese foute wat lei tot hofsake en skadevergoedingseise wat die departement se begroting uitput.”

Bloom sê dit is ook ʼn verdere bewys dat die regering se voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) – wat administrasiegewys uiters ingewikkeld is – gedoem is.

hospitaal grafiek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Lee ·

My dogter se verloofde se pa is 2jaar terug dood in Tembisa hospital ook as gevolg van nalatigheid. Die verpleegsters het skoon vergeet om drips aan te sit en hy het ook van die bed afgeval en hulle het hom net daar gelos. Hy was ‘n diabeet en baie siek gewees. Ongelukkig het hy nie ‘n mediesefonds gehad nie. Toe my dogter alarm maak die sondag met besoektyd het almal aangehardloop gekom en toe laat die dokters drips in bene en maag en orals insit maar hy was later oorlede. Die ou wat langs hom gelê het was reeds dood en die verpleegsters het nie eers agtergekom hy is oorlede nie. SWAK.

SIOUX ·

Privaat Hospitale is nie juis beter nie.
skrikwekkend om te hoor wat daar aangaan.

Anoniem ·

@SIOUX, wys vir ons die syfers om jou stelling te staaf asseblief.

Leon ·

T-man, ek het nie syfers, maar kan vertel waardeur ek is. Opgeneem vir nierstene, en twee dae later ontslaan met griep wat betyds behandel is voor longontsteking. Vrou in die Kaap, hospitaal toe vir ‘n klein en geringe prosedure, en veg al byna twee weke om haar lewe met ‘n ernstige long infeksie. So ja, dit gebeur orals.

Viss ·

Privaat hospitale is soos engeltjies in vergelyking met staats hospitale.

wonder maar net ·

Dis seker nadat die name van al die hospitale verander het.. dat die swak diens ook ingetree het..

Lana ·

My ma was een van hulle slagoffers by Mamelodi Hospitaal….. gesterf sonder dat een dr of suster by haar was, ek daar gekom om te kom kuier, en haar dood op die bed gekry :(

Cheryl ·

Hi Lana, dis baie hartseer en baie sterkte vir jou want ek glo nie mens verwerk so iets maklik nie

Wonder ·

Vertel my asb iemand wat weet, watse opleiding en hoe lank is verpleegsters opleiding deesdae? Want soos dit vir my lyk en klink word hulle van die straat af gevat en in n uniform gedruk en gese nou is jy n “nurse”. Want ek was nou al n paar keer by n staatshospitaal en ek het self verpleeg maar nooit met n vuil uniform en “crocks” vir skoene rondgeloop nie. In my tyd moes jy sykouse dra ,wit uniform, kappie op jou kop, geen juwele, en hare mag nie jou skouers geraak het nie.ek wonder net.

Sonja ·

Maar ons wil NHI inbring? Dis massamoord en pas in by Soros se agenda. Sal nooit my voete by n prov hospitaal sit nie, gaan eerder dood by die huis. Die publiek sal hulle nie vertrou, net die massas meerderheids groep, hulle leer nooit

Linda van Mosselbaai ·

Ons is baie tevrede met die Provinsiale hospitaal hier in Mosselbaai ook George En die Groote Schuur in Kaapstad.
SO daar is nog goeie staats hospitale!

Chris du preez ·

En dan wil die regering die NGV instel en hulle kan nie eers n staats hospitaal suksesvol bestuur nie

Alida ·

Wat gaan die Dept daaraa doen? Die fout le nie by die hospitaal nie maar by die personeel. Enige werksoeker kry werk daar en is sommer n verpleegster of suster sonder enige opleiding. Skrikwekkend.

KO ·

kwaliteit dokters en verpleegsters is al lankal oorsee ons sit nou met die oorskiet.

Groot Beer ·

Sal graag die statistieke oor die Vrystaatse se staats hospitale wou sien.

Bangjan ·

Hospitale is gevaarlike plekke, baie mense sterf onnodig daar!

Hennie ·

Ek wonder hoe sou Steve Biko voel as hy sien hoeveel sterf in n plek met sy naam op die gebou? En sekerlik die meeste pasiente vir wie hy geveg het om vry te wees sterf nou aan die hand van n kapabele regering… Hartseer!

Anoniem ·

En dan wil cancer ons dwing om staats hospitale toe te gaan hulle moet baie mooi dink as hulle nog ooit kan dink.

Tresia ·

Ek is so bly nie een van die hole het meer n Afrikaanse naam nie

Grethie ·

‘n Dieperliggende vraag is Weskoppies is n psigiatriese hospitaal veral vi kroniese toestande. Waarom was daar soveel sterftes as di mense daar meestal opgeneem is vir geestestoestande. As mens kan uitvind hoekom hulle dood is, sal mens dalk kan weet hoekom dit in al d ander hospitale gebeur het!

Picture thousand words ·

Surprised? Those names explains it all. Hail Africa.

Bess ·

Mense waarom kla julle so kan julle nie agterkom die land is hopeloos oorbevolk nie….nou sit 2 en w bymekaar…

Jo-anli ·

Daar word van skoonmakers verwag om ook na pasiënte om te sien. In die nag word broodjies en tee uitgedeel dan eet die dame kliphard ook aan die toebrooidjies. DAAR IS NIE MEER OPGELEIDE VERPLEEGSTERS wat empatie en simpatie het nie. Hulle vat sommer kombuispersoneel om uit te help. Ek was in hospitaal en het self gesien Behoede jou as jy kla, word geslaan en gevloek en geignoreer as klagte gelê word, dan sal die Suster in beheer dit afmaak as niks.

Johan ·

Presies waarna word verwys in die skedule onderaan die berig. Die totaal so vinnig uit die kop gereken is 8265 – wat nie verband hou.met enige van die syfers in die berig nie.
Ja, die situasie is ernstig en verdien daarom ernstige akurate beriggewing waarin die leser verttoue kan hê; en waaruit hy/sy ‘n ingeligte mening kan vorm.
Daar is heeltemal genoeg politieke stemmingmakery rn fopnuus in omloop

katrien ·

Hierdie syfers verbaas my nie eers nie, skandelik … en al die hartseer wat daarmee saamgaan …

B ·

My boetie was 2 jaar terug in Klerksdorp hospitaal. Hyt nie medies gehad nie en het verlam geraak synde die gewasse. Vir 9 maande was hy verlam voor hy oorlede is in die onkologie afdeling by Klerksdorp hospitaal. Bedsere was verskriklik, maar synde die personeel se uitstekende diens en behulpsaamheid het hy nie een keer infeksie gekry nie en is op die einde dood agv die kanker! Klerksdorp Onkologie se personeel is puik en ek sal altyd my hoed afhaal vir dit wat hulle vir hom gedoen het!

Gemors ·

Julle kon sekerlik nie beter verwag het nie.
Snaaks hoe die goed mense nog skok.

Boervrou ·

My een vriend het vir 5 mnde in n staatshospitaal gele na n ongeluk.hul het nie dr’s gehad wat op hom kon opereer nie.vandaar is hy na n ander staats hospitaal oor geplaas,daar het hy 3 mnde gele voordat hul hom geopereer het.

jakes ·

Ek het gedink dat die sterftesyfer baie meer sou wees gegewe die feit dat werks etiek by staatshospitale nie bestaan nie. Dokters in staatshospitale is opgewasse vir hul taak maar aanvaarbare verpleging is totaal soek. Die rede daarvoor is dat verpleegsters nie meer opleiding ontvang by kolleges soos vantevore nie maar word geleer deur n ander verpleegster terwyl sy op skof is. Meeste van hulle in onbevoeg, oorgewig en slap aan diens. Verder eet hulle die pasiente se kos op en wag net vir betaaldag elke maand.

Lize ·

Mammas, as jul nie medies het nie, gaan kraam By ‘n vroedvrou tuis waar dit goedkoper is en jy kan afbetaal. Om staat te kraam waag jy jou en baba se lewe!

Ceward Thornhill ·

Ek het verlede jaar n ernstige hartaanval gehad, en is na Steve Beko hospitaal, waar daar vinnig met my gehandel is, EKG, bloeddruk, n kardioloog het my besooek en is daar besluit om n omleingsoperasie te doen, baie toetse is gedoen, ek is nie n diabeet nie ook nog nooit gerook of gedrink nie, ek n man van 70, die diens was uitstekend ek sou graag die prof,s, kardioloe die hart span by hulle name wou noem maar uiteraard mag ek nie. Ek is op die 4de Maart hierdie jaar geopereer, die beste diens moontlik ontvang, ek is die 10de maart 10 uur die oggend ontslaan, ek het self met hulp van my seun na die voertuig gestap, drie weke later stadig my werksaamhede hervat. Alle dank aan mense wat so toegewyd is aan hulle beroep, van die snydokters tot die skoonmakers almal het n visie vir gesondheid. Ek salueer u vir u voortreflikke diens. Ek sal baie naief wees as ek God nie die eer gee vir n buite gewone vinnig herstel nie, aan hom al die glorie!

So waar ·

Weet ook van 2 mense wat onlangs in privaat hospitale opgeneem is vir geringe operasies en met longonsteking en erstige infeksies opgeeindig het. Een persoon is byna dood van pulmonale edeem. Hier is groot fout.

Bekommerde ·

Sjoe as mens na al die sterfgevalle se syfers kyk is dit ‘n riller – die arme families & vriende wat daardeur geraak is.
Voor hierdie regering kan dink aan NH – sal daar ‘n GROOT opruimings operasie moet kom:
OPLEIDING van personeel Genoeg personeel
Skoon hopitale met genoeg werkbare apparate,
genoeg medikasie ………so oor nog 25 jaar sal dit dalk ……..

Tinkie ·

My Ouma is die 20e Januarie vanjaar by Chris Hanie hosp oorlede agv die laksheid van die sogenaamde medici by Helen Joseph. Eerstens was ons ingelig dat my Ouma oorlede is en dit terwyl ek haar 2 minute terug omgedraai het omdat die verpleegsters nie wou nie. Daarna is sy oorgeplaas na die shirurgiese saal toe en ene Dr MacRoberts was oor haar geplaas en het haar net mooi gladnie behandel nie. Die verpleegsters het haar ook soos gemors behandel en vir haar gesê sy is te sleg om te loop terwyl sy half in ñ koma was en hulle haar gelos het dat haar lewer bars voor hulle haar oorgeplaas het Chris Hani toe. Toe ek haar sogenaamde dr vra wat is fout was daar vir my gesê “don’t worry, she’s not terminal” dit nadat hulle my Ouma laat oorplaas het na Chris Hani Hosp en die dr het nie eens geweet waar my ouma is nie bygesê, sonder om ons in kennis te stel. Die Dr van Chris Hani het my gebel om nood toestemming te kry om my Ouma te behandel. Hulle het als probeer om haar lewe te red maar dit was reeds te laat. So as julle familie lede in Helen Joseph het….. Sterkte!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.