Bykans 500 renosters in 2023 gestroop  

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Altesame 499 renosters is verlede jaar regoor Suid-Afrika gestroop; dit is 51 meer as die 448 renosters wat in 2022 doodgemaak is.

Van die 499 renosters is 406 op staatseiendom gestroop en die ander 93 in parke, reservate en op plase in private besit.

Die meeste renosters is in KwaZulu-Natal gestroop, het Barbara Creecy, minister van visserye, bosbou en die omgewing, Dinsdag bekend gemaak. Altesame 307 van die 325 renosters wat in dié provinsie gestroop is, is in die Hluhluwe-iMfolozi-wildreservaat vir hul horings doodgemaak.

Die Krugerwildtuin het ʼn afname van 37% in renosterstropery ondervind, met altesame 78 renosters wat verlede jaar daar gestroop is teenoor die 124 in 2022. Geen renosters is in enige ander nasionale parke gestroop nie.

Volgens Creecy word die afname in die aantal renosters wat in die Krugerwildtuin gestroop toegeskryf aan verskeie ingrypings, insluitend sterk samewerking tussen eksterne belanghebbendes, ʼn uitgebreide en deurlopende program wat fokus op die onthoring van alle renosters in kerngebiede, verbeterde toegangsbeheer en radar-opsporingstelsels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kokerboom ·

Hoeveel stropers is gestroop?
Waarom word Hluhluwe Imfolozi nie beter bewaak?
Dis ‘n absolute skande!

Republikein in die Wes Kaap ·

Eienaars kan mos hul lewende renosters se horings verwyder en aan die stropers skenk. Eienaars kan die horings ook in Asia gaan stort waar mense dit gratis kan vat. Op die wyse word die mark vernietig.

Pawiljoen Rot ·

Geld is die wortel van alle ewel. Dit laat nie die mens toe om so rassioneel oor sulke omstandighede te redeneer nie. Waar daar pap te skêp is, sal die mensdom wil skêp.

Bostoe ·

Ongelukkig is dit nie so eenvoudig nie Republikein. Die horings word geweeg, gemeet, gefotografeer en DNA monsters van geneem as jy aansoek doen vir ‘n permit om in besit van ‘n renosterhoring te mag wees. Daardie permit is ook net vir ‘n bepaalde tyd geldig en moet dan weer hernu word terwyl dieselfde prosedure deurgemaak word. As jy dan skielik nie in besit is van daai horing nie, kan jy maar verseker wees van jare se moeilikheid.

Republikein in die Wes Kaap ·

Bostoe, burokrate skep onnodige probleme. Dis seker deel van Cites. Daai rhino horings is nutteloos. Dis ‘n ander storie as ivoor, reptiele en plante. Binne 24 maande groei die rhino horing weer uit en kan geoes word. Die “bewaarders” gaan nog rhinos se einde beteken. Miskien moet ons die spesie vernietig en klaarkry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.