Bylmoord: Ma vir waarneming gestuur

court-hammer_thumb‘n Vrou van Limpopo wat daarvan beskuldig word dat sy een van haar tweelingbabas met ‘n byl doodgekap het, is vir sielkundige waarneming gestuur.

Die vrou het Maandag in die Vuwani-landdroshof verskyn en die saak is tot 30 Junie uitgestel. Die voorval het Vrydagaand by die Ha-Mutsha informele nedersetting buite Thohoyandou plaasgevind.

“Die baba, wat baie ernstig beseer is, is na die Tshilidzini-hospitaal geneem, maar is met aankoms by die hospitaal dood verklaar,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, vroeër gesê.

Ooggetuies het glo gesien hoe die ma haar baba met die byl aanval en hulle het dadelik die polisie ontbied. Terwyl hulle op pad was na die toneel, het lede van die gemeenskap reeds die tweede kind, wat sy glo ook wou vermoor, gered. Hulle kon die vrou aanhou totdat die polisie haar in hegtenis geneem het.

Dit gaan glo goed met die oorlewende baba wat in die sorg van die ma se familie is. Mulaudzi sê die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.