Bylmoorde-bewyse ‘pas soos ʼn legkaart’

Henri van Breda. Foto: AP Photo/Nasief Manie

Dit het regter Siraj Desai Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof minder as vyf minute geneem om die veroordeelde moordenaar Henri van Breda se aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis van die hand te wys.

Desai het die verhoor, wat oor 66 dae gestrek het, aangehoor en het in Mei die 23-jarige man skuldig bevind vir die moorde op sy ouers en broer, poging tot moord op sy suster en dwarsboming van die gereg.

Hy het Van Breda drie lewenslange vonnisse opgelê, 15 jaar vir poging tot moord en een jaar vir dwarsboming van die gereg. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Piet Botha, vir die verdediging, het vroeër aangevoer die saak teen Van Breda is op omstandigheidsgetuienis gegrond. Desai het egter gesê hy het lanklaas ʼn saak aangehoor waar die bewyse teen die beskuldigde so sterk is soos in hierdie een. “Hierdie saak pas soos ʼn mosaïek, soos stukke van ʼn legkaart. Alles pas inmekaar.”

Desai het gesê nadat hy Botha se argumente aangehoor het, is hy oortuig dat daar geen oortuigende redes bestaan hoekom ʼn appèlaansoek aangehoor moet word nie. Hy het gesê die staat het “onweerlegbaar” bewys dat Van Breda vir die misdade verantwoordelik is.

“Die sleutelpilare van die staat se saak gee onweerlegbare bewyse van sy skuld en is in effek onaanvegbaar.”

Henri van Breda. Foto: AP Photo/Nasief Manie

Hy sê hy meen ook ʼn ligter vonnis sal nie gepas wees nie weens die gruwelike aard van die oortredings. Hy sê ook dat daar nie juis versagtende omstandighede bestaan buiten die feit dat Van Breda jonk is en nog nie voorheen aan ʼn misdaad skuldig bevind is nie. “Hopelik is dit nou die laaste woord oor hierdie saak,” het hy gesê.

Botha het egter na afloop van die hofverrigtinge gesê dat dit nié die laaste woord oor die saak is nie – hy is van plan om die appèlhof direk te nader met Van Breda se appèlaansoek. Indien die appèlhof ook Van Breda se aansoek om verlof tot appèl weier, sal hy sy lot agter tralies moet aanvaar.

Van Breda het dwarsdeur die verhoor volgehou dat hy onskuldig is en beweer een, of moontlik twee, oortreders sit agter die moorde. Desai het tydens sy uitspraak in Mei Van Breda se weergawe as “onsinnig” afgemaak en gesê dit maak nie sin dat ʼn indringer die gesin se huis sal binnekom, mense sal vermoor en dan sal vlug sonder om enigiets te roof nie.

In sy uitspraak het Desai Van Breda as ʼn “koelbloedige moordenaar” bestempel en gesê die aanvalle op die gesin is uitgevoer met die doel om hulle dood te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

karen ·

ja dis heel gepas vir die blywende lewenslange skade wat gedoen is……

Petoors ·

Tikfout. Hy is 15 jaar opgelê vir poging tot moord. Mens voel nogal 145 is meer gepas vir sy wreedaardige modus operandi.

Ralph ·

Patrys, ek lees 15jaar vir poging tot moord op sy suster Marli.

Koos de Meyer. ·

Nee jy lees verkeerd. Dis is vir drie moorde en poging tot moord op sy suster. Hy moet boet vir sy dade punt.

Laurika ·

Ek kom nou nog nie oor daai opname van Henri se “nood”oproep aan die polisie op daai moord dag nie. Sy giggel, sy stemtoon…. Ek is 99,9% seker hy is skuldig. As julle dit nog nie gehoor het nie, of dalk nog glo in sy onskuld, asb mense, soek dit bietjie op. Dit gee my hoendervleis…

Elsa ·

Ek stem saam met jou. Wie maak mense dood en neem niks. En laat net een lewe

APIE ·

Jy maak seker n grap. Onskuldige mense sal die doodstraf kry – dis SA hierdie

Geskok ·

Hi sal graag na dit wil luister kan jy ASB vir my se waar ek die opname kan opsoek? Dankie

Antoinette ·

Wil net noem die optrede van die foonoperateur was pateties verby. Sy kon nie hoor kon nie spel dan stry sy ook nog. Nee wat!

Piet ·

Wel ou seun was dit dan een of was dit twee aanvallers? Of was dit een net tot dat jy jouself weerspreek het en toe word dit twee? Waarvan ek redelik seker is is dat dit nie een en ‘n half kan wees nie! Dalk as hy die waarheid gepraat het dan sou mense hom jammer gekry het. Hy moet nou maar aan hou met sy storie dan kry hy hopelik nooit parool nie!

Maria ·

Petoors en Koos de Meyer ek lees 3 × lewenslank +15 jaar vir poging tot moord +1 jaar vir dwarsbooming van gereg wat alkes gesamenlik uit gedien gaan word… Dink nie dis net 15 jaar wat hy dan gekry het nie….

Santjie ·

As ek reg verstaan, gaan hy dan net 25 jaar sit – dan praat ek weereens onder korreksie as ek DINK lewenslank hier in SA is 25 jaar – die vonnis word gelykertyd uitgedien

Manie ·

Gaan lees julle almal. Daar is n konma tussen lewenslank en 15. Duh!!!

Diefie ·

Eish mense, nou lyk dit of julle mekaar wil gryf oor die berig. As ek nou ‘n skrywer van formaat was, het ek nou ‘n moord verhaal oor julle geskryf en dit Myway genoem

Artimus ·

Stem. Dit is hartseer om te sien hoe mense kan stry en baklei oor nonsens terwyl daar soveel lewens vernietig is. Henri sin ook…..?

AH ·

Henri is self verantwoordelik vir die verwoesting van sy eie lewe en die van sy Suster, om nie eens te praat van die wrede manier waarop hy sy Ouers en Broer vermoor het nie. Die vonnis wat hy opgelê is is gepas, maar dit moes nie beslis word dat dit samelopend uitgedien moet word nie. Hy behoort nie weer die buitekant van die tronk te sien nie. As hy sulke wrede goed aan sy eie familie kon doen, kan hy dit aan enigiemand ook doen!

Ria ·

Laurika, sal ook na daai oproep wil luister…maar weet nie hoe en wat om te doen nie…Hy moes van iets besete gewees het on so iets te doen…Dis eintlik pateties…en vir wat…GELD?…Ria.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.