Bylmoorde: Binneverhoor hervat

Henri Van Breda by die Wes-Kaapse hooggeregshof (April 2017) Foto: AP Photo, ANA

Die binneverhoor in die moordverhoor van Henri van Breda word Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof hervat.

Die moordverhoor is tydelik onderbreek omdat Van Breda (22) se regsverteenwoordiger wil hê regter Siraj Desai moet bepaal of die verklaring wat Van Breda op 27 Januarie 2015 afgelê het, toelaatbaar is of nie.

Die eerste getuie in die binneverhoor was sers. Clinton Malan, die beampte wat Van Breda se verklaring afgeneem het. Hy het Vrydag getuig en aan die hof gesê Van Breda was stil en kalm en het geen emosie getoon nie. Hy en ʼn medesersant het glo aan Van Breda vrae gestel wat hy beantwoord het.

Malan voer aan dit was belangrik om die verklaring te kry om aan die misdaadintelligensiespan te oorhandig sodat hulle ʼn leidraad vir ʼn moontlike verdagte kon opvolg. Hy voeg ook by dat Van Breda daar was as ʼn slagoffer.

Susan Galloway, senior staatsaanklaer, het gesê die staat se mening is dat Van Breda die verklaring afgelê het as ʼn getuie en nie ʼn verdagte nie. Die binneverhoor is tot Maandag uitgestel.

Klik hier vir die hoogtepunte van die moordverhoor tot dusver.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

al ·

Natuurlik sal hul sy verklaring aflê as getuie. Hy was dan die enigste 1 wat in staat was om te verduidelik wat daar gebeur het!

Dee ·

Hy was mos nie op daardie tydstip n verdagte toe die Polisie hom ondervra het nie? Hy was die enigste getuie van n driedubbele moord. As hulle hom nie daardie dag gevra het wat gebeur het en n verklaring afgeneem het nie, het almal weer gese die Polisie het versuim om dit te doen. Ek dink hy is bloot ondervra om die Polisie inligting te gee sodat hulle na die verdagtes kan begin soek. Hulle ruk nou weer die ding uit verband

Inwoner Stellenbosch ·

Met my pa se moord was dit dieselfde, ons was op hom afgekom het, is dadelik deur die polisie ondervra en verklarings afgeneem. Nie as verdagtes nie maar wel as getuies. Ons storie het dieselfde gebly, as hy nie skuldig is nie, waarom soveel drama oor die verklaring??? Wonder maar net, hoe moet die polisie ‘n saak begin met geen feite……

Lee ·

Hy het ‘n goeie prokureur. Ek persoonlik dink hy is skuldig maar het hulp ook gehad. As sy prokureur Diwani kon loskry sal hy seker dieselfde vir hom ook doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.