Bylmoorde: Buurman vertel van ‘vriendelike gesin’

Die huis in die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch waar lede van die Van Breda-gesin op 26 Januarie 2015 met ‘n byl vermoor is (Foto: Maroela Media)

Martin Locke, voormalige sportomroeper, het gesê die Van Breda’s was ʼn “vriendelike gesin”.

Locke was die Van Breda-gesin se buurman in die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch toe hulle op 26 Januarie 2015 met ʼn byl aangeval is.

Die seun, Henri van Breda, het Maandag in die Kaapstadse hooggeregshof ontken dat hy sy pa Martin van Breda (54), ma Theresa (55) en broer Rudi (22) op 26 Januarie 2015 met ʼn byl vermoor het. Sy sussie Marli (toe 16 jaar oud) het die aanval oorleef.

Regter Siraj Desai, staatsaanklaer Susan Galloway en die beskuldigde, Henri van Breda en sy regspan, was Dinsdag by die huis vir ʼn ondersoek ter plaatse.

Locke het gesê hy was goeie vriende met Martin en hulle het gereeld oor gholf gesels. Hulle het Theresa ook baie goed geken.

Die volgende oggend, 27 Januarie, was Locke se troue en sy vrou, wat daardie oggend nog sy verloofde was, het die nuus met hom gedeel. Locke onthou hoe hulle die dag nog selfs gesukkel het om by die huis uit te kom, weens al die verkeer en voertuie by die Van Breda’s se huis.

Locke het nie die seuns goed geken nie, omdat Rudi in daardie stadium nog in Australië gewoon het. Henri het eers die vorige jaar in Augustus na De Zalze verhuis uit Australië.

Volgens hom was die Van Breda’s “ʼn fantastiese familie, en baie goeie bure”.

Locke het gesê niemand op die landgoed het in vrees geleef ná die aanval nie en, sover hy weet, het niemand ook weggetrek ná die voorval nie.

Locke het gesê talle inwoners by die De Zalze-landgoed het gewonder waarom dit twee jaar lank geduur het voordat dié saak nou uiteindelik in die hof voorkom. Hy het gesê hulle is dankbaar om nou uiteindelik afsluiting te kry.

Lees alle vorige berigte oor die bylmoorde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Zippy ·

Baie vriendelike gesin en ‘n BAIE BAIE vriendelike seun. Voel jammer vir die dogter, en wat met die ma en pa gebeur het is net onmenslik .. kan myself nie ‘n bylmoord eers voorstel nie . .. Sterkte aan hulle onderskeie families.

Ja absoluut ·

Ja Zippy, my verbeelding kan nie help om op loop te gaan, met sy pleit verduideliking kan mens n goeie prentjie kry van hoe hy te werk gegaan het. Ek voel in my hart vir die ouers wat hul laaste oomblikke met skok, vrees en geweldige pyn en leiding ingegaan het. Dit word ook al duideliker dat hy in Rudi se skaduwee groot geword het. Of dit so was of net sy gevoel sal net sielkundiges kan vasstel en dalk ander familie. Wat ook baie hartseer is uit sy weergawe het hy geen hulp verleen en Rudi het beslis gely tot sy dood….

VanAfrika ·

O jinne, dis goed om Martin Locke weer te sien. Onthou hom nog baie goed. Wel ons hoop ons kry die waarheid oor hierdie tragiese verhaal. Dit laat mens net wonder hoekom Marli en Henry mekaar nie mag besoek nie. Sy weet dalk iets en is bang

Yogi bear ·

Henri sal vir die res van sy lewe met die herinneringe van die bylmoorde moet saam leef – skuldig of onskuldig.

Alida ·

Kom ons hoop dat hierdie saak baie vinnig opgelos gaan word en nie weer in ‘n sirkus ontaard nie. Geregtigheid sal geskied daarvoor sal die staatsaanklaer sorg.

Zuzu ·

Help gou asb… Weet ons waar die Sussie tans in die movie is? Gaan sy getuig? Kan sy al iets onthou… Het bietjie die draad verloor… Dankie!

Ange ·

Nee, op die stadium word sy so beskerm dat niemand rerig veel weet of iets wil se nie. Ek weet nie rerig hoe sy sal kan getuig as sy niks kan onthou nie.

Peet J ·

Wonder maar net of daar nie ‘n tweedepersoon by die moorde betrokke was nie asgevolg van die sameloop van omstandighede die 26 ste voor sy pa se troue die 27 ste. Huirmoordenaars is nie ‘n probleem in die nuwe SA nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Peet

Let asseblief op dat dit die buurman, Martin Locke, se troue is wat op 27 Januarie 2015 plaasgevind het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

E ·

Watter Martin het op trou gestaan? Martin Lock of Martin van Breda?

Sune van Heerden ·

Dagsê E

Martin Locke, die buurman, het op 27 Januarie 2015 getrou.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Waarom ·

Waarom kry die ou so baie publisiteit en nie ander moordenaars nie?

Goeie vraag ·

Dit is ‘n goeie vraag Waarom! Dalk omdat Henri minderjarig was ten tyde van die moorde? Dit is ook my vraag, waarom die saak eers na 2 jaar op die rol beland. Ons wag maar en sien, hoewel ek ‘n bad feeling oor die 1 het

Luister ·

Ek het iewers gelees Marli is wel op die lys van getuies. Al kan sy niks van die aanval onthou nie, kan sy sekerlik getuig oor die verhoudings tussen familielede, ens.

Hennie ·

Brens, ek stem een honderd persent met jou saam! Ek as ‘n leek sou die saak laaaaankal opgelos het.

CAROL ·

SIENER – EK SIEN JY WIL NET STROOI PRAAT!!! LOS OSCAR UIT DIE SAAK UIT!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.