Bylmoorde: DNS-kenner se kundigheid bevraagteken

Henri van Breda in die hof. Foto: ANA/Catherine Rice

Die verdediging se DNS-deskundige in die verhoor teen die moordbeskuldigde Henri van Breda se kundigheid het Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof onder die vergrootglas gekom.

Die staat het Donderdag hul vier dae lange kruisondervraging voltooi. Adv. Susan Galloway, senior staatsaanklaer, het aan die hof gesê in twee ander sake waarin die verdediging van dr. Antonel Olckers gebruik gemaak het, is haar bevindings gekritiseer.

In een van die sake het die uitspraak glo na haar “gebrek aan praktiese ervaring en statistiese” kennis verwys. Galloway het beklemtoon dat Olckers baie min ervaring in ʼn forensiese laboratorium het.

Olckers het laat hoor sy verskil ten sterkste met die stelling. “Ek werk my hele lewe lank al in ʼn molekulêrebiologie-laboratorium,” het sy gesê. Regter Siraj Desai het haar daarop gewys “die punt is dat jy nooit in ʼn forensiese laboratorium gewerk het nie”.

Galloway het gesê in ʼn saak van 2004 waar Olckers ook die staat se versuim om aan die regte prosesse in die laboratorium te voldoen gekritiseer het, is die staat se bewyse steeds aanvaar.

Desai het hierop geantwoord: “Die eenvoudige punt is dit – die oomblik dat jy [Olckers] betrokke is, is daar altyd ontdekkings wat die staat moet doen. Jy vind eers alles uit en dan betwis jy die ketting van bewyse as ʼn wetenskaplike.”

Olckers het hierop geantwoord dat sy al die dokumente van ʼn saak versoek. “Ek vind dit kommerwekkend dat hierdie kwessies steeds ʼn kwessie is. ʼn Stelsel moet gevestig word sodat hierdie foute nie plaasvind nie.”

Galloway het ook aan die hof gesê Olckers se ervaring is meestal administratief en akademies van aard.

Van Breda staan tereg op drie aanklagte van moord nadat sy ouers en broer in Januarie 2015 in die gesin se huis in die De Zalze-landgoed by Stellenbosch met ʼn byl vermoor is. Hy staan ook tereg op ʼn aanklag van poging tot moord op sy suster, Marli, wat die aanval oorleef het. Hy word ook van dwarsboming van die gereg aangekla.

Van Breda het skuld op al die aanklagte teen hom ontken. Hy beweer ʼn inbreker wat ʼn balaklawa, handskoene en donker klere aangehad het, het sy gesin met ʼn byl aangeval. In sy pleitverduideliking het hy beweer dat daar meer as een aanvaller was en dat hulle Afrikaans gepraat het.

Olckers het verlede week gesê van die 216 monsters wat op die misdaadtoneel geneem is, het sy 151 van die monsters se data ontvang en ontleed.

Volgens Olckers is daar nie aan die standaardbedryfsprosedures voldoen nie en het daar spesifiek by drie prosesse foute ingesluip wat die ontleding ongeldig maak. Olckers het aan die hof gesê monsters van dieselfde saak moenie direk ná mekaar in ʼn laboratorium getoets word nie, om die risiko van kruiskontaminasie te verminder.

Galloway het Donderdag vir Olckers gevra of sy toe wel kruiskontaminasie waargeneem het. “Het ek kruiskontaminasie opgetel? Ek kan nie sê nie.”

Desai, ooglopend gefrustreerd met Olckers wat nie ʼn direkte “ja” of “nee” wou antwoord nie, het vir die staat gevra om na die volgende vraag aan te beweeg.

Olckers het vroeër gemeld dat die vervaldatum van Hemastix, ʼn middel wat vir bloedtoetsing gebruik word, nie op 32 van die DNS-monsters aangedui is nie. Olckers het ook gesê dié middel kan nie gebruik word as dit reeds verval het nie.

Olckers het Woensdag gesê in 40 monsters was daar nie genoeg DNS om geldige resultate te lewer nie.

Olckers het aan die hof gesê “daar kan nie ʼn geldige gevolgtrekking uit ʼn ongeldige interpretasie gemaak word nie” en dat dit die geval met die 40 monsters is. Volgens Olckers bevat hierdie monsters nie die minimum hoeveelheid nanogram van DNS-bewyse wat nodig is vir ʼn betroubare uitslag nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Daan ·

Hierdie twak moes aan die naaste boom op gehang gewees het. Al wat hier gebeur is dat sy advokaat geld maak.

Ekke ·

Wonder of Hendri besef hoeveel geld in die water is na hierdie week!

Cor ·

Natuurlik moet hy weet, ant dit is op sulke swak sogenaamde kundiges wat gebruik word om vir tyd te speel. Sy regsverteenwoordigers het mos hoeka gesdie fondse is uitgeput en hulle sal moet oorweeg om te ontrek,

Justice ·

Cor jy is reg – `n dag voor vonnisoplegging gaan sy regsspan ontrek weens `n gebrek aan fondse, `n nuwe span moet dan aangestel word wat daarna ten minste 6 maande nodig gaan he om die dokumente te bestudeer. Hulle gaan daarna vir `n herverhoor vra omdat daar `n dispuut met die geldigheid van die DNA toets metodes was – die regstelsel floreer op regstegniese argumente. Ek hoop dat ek verkeerd is.

marous ·

Heeltemal reg Cor ! As die wind skeef gaan draai gaan dit gebeur!

zoom zoom ·

Die man gaan uit die hof stap as ‘n vry man op die trend wat die hofsaak verloop.

Rene ·

Dis soos dag lig hy is skuldig hulle moet hom toesluit en die sleutels weggooi

Kewpi ·

Weer n loophole ,
Stoor die outjies Se name ons Kan hul dalk nog gebruik.
Dis hoekom Ek nie regte geswat het nie , Ek is te eerlik.
Dit sou my so gepla het as Ek sou Weet iemand is skuldig en Ek moet Se dis nie waar nie.
Pateties om so te wees, ek Weet !
Hoop uiteindelik Sal ons antwoorde kry en die ander duisende moorde Wat gepleeg is ook Sal hof tyd kry en bekendheid Sal werf.

E. ·

Baseer op jou grammatika en punktuasie reken ek jy sou in elk geval nie graad gevang het nie…

Hahahehehiehie tjietjie ·

Al wat ek kan sê is hiehie hahahtjietjietjie, julle is regtig snaaks. Zoom Zoom & Pop regtig wil jul regtig goedkeur dat so iets met ‘n hele gesin gebeur, as hy vry loop, keur julle en die regstelsel dit goed en wag tot so tragedie aan jou deur klop.

Nouja ·

Nouja wat kan ek sê van Olckers se bevoegdheid, sy skree net heeltyd uit, die goed is nie geldig nie, maar sy kan dit nie met haar toetsing weerlê nie. Om egtheid van getuienis en voorlegging waarop sy hammer, sy is een oomblik besig met van Breda en dan weer met Rudi van der Walt? As jy wou twyfel saai oor die wetenskap het jy beslis die teendeel bewys, bewys jy weet nie waarvan jy praat.

Ekke ·

Wel Justice, dan moet ons maar net hoop dat Marli dan gereed gaan wees en vir die Staat getuig. En as hy nie nou meer fondse het waar gaan hy fondse kry vir nog so lang hofsaak?

Lizl ·

Die waarheid sal seevier as Marli haar geheue herwin… of hy nou vrykom of nie.

Sê net ·

Daar is seker nie 240+ monsters nodig nie? Net 1 om hom op die toneel te plaas?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.