Bylmoorde: Henri gee eerste keer sy weergawe

Henri van Breda in die hof. Foto: Suné van Heerden

Henri van Breda, wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouers en broer met ʼn byl vermoor het, het Maandag sy weergawe van die aand se gebeure in die Wes-Kaapse hooggeregshof gegee.

Van Breda het skuld ontken op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en een van dwarsboming van die gereg.

Martin van Breda (54), Theresa (55) en Rudi (22) is tydens die aanval op 26 Januarie 2015 oorlede. Marli (toe 16 jaar oud), Van Breda se suster, het die aanval oorleef.

Adv. Pieter Botha, vir Van Breda, het sy kliënt se pleitverduideliking aan die hof voorgehou.

Die gesin het in 2006 na Australië verhuis. Martin, Theresa en Marli het in Januarie 2014 weer na Suid-Afrika teruggekeer. Rudi en Henri het in Australië agtergebly om hul studie te voltooi. Martin, Theresa en Marli het in Maart 2014 na die huis op die De Zalze-landgoed in Stellenbosch verhuis en Henri het in Augustus 2014 ook na Suid-Afrika teruggekeer en saam met die gesin ingetrek.

Rudi het in Desember 2014 vir die gesin kom kuier en sou in Februarie terugkeer na Australië. Henri verduidelik hulle gesin het graag saam aan buitelugaktiwiteite deelgeneem, waaronder haaihokduik en bootry. Hulle was ’n hegte gesin, het hy gesê.

Volgens Henri was die aand voor die aanval ’n gewone aand. Die gesin het saam aandete geëet en daarna ’n Star Trek-fliek gekyk. Volgens hom was Marli vermoedelik in haar kamer en kan hy onthou sy ma het iewers deur die aand met haar broer op die foon gesels.

Henri en Rudi het glo ná die fliek kamer toe gegaan en verder op hul skootrekenaars gespeel. Die twee broers het ’n kamer gedeel. Rudi het glo aan die slaap geraak en Henri het nog ’n tekenprent gekyk. Volgens Henri het hy later opgestaan om badkamer toe te gaan, en sy selfoon saamgeneem. Hy het glo nie die badkamerlig aangeskakel nie.

Henri van Breda in die hof. Foto: Suné van Heerden

Volgens Henri het hy harde geluide gehoor terwyl hy in die badkamer was en het gaan ondersoek instel. Hy het glo die deur op ’n skrefie oopgemaak en gesien hoe iemand, geklee in swart klere en met ’n klapmus aan, Rudi aanval. Die persoon het glo tussen hul beddens gestaan en Rudi aangeval met ’n voorwerp – wat hy toe later ontdek het is ’n byl.

Hy het glo “gevries” en begin skree. Volgens Henri kan hy nie onthou wat hy geskree het nie. Die slaapkamer se ligte is toe glo aangeskakel en hy het gesien sy pa het kom ondersoek instel. Sy pa het die aanvaller glo aangeval, maar die aanvaller het hom met die byl gekap en hy het inmekaargesak.

Henri sê hy kan onthou die aanvaller het gelag terwyl hy met die aanval besig was. Sy ma het intussen glo daar aangekom en gevra: “Wat gaan hier aan?” Volgens Henri kon hy nie sien nie aangesien die badkamerdeur sy sig beperk het.

Henri het toe glo nog geluide gehoor, vermoedelik is Theresa en Marli toe aangeval. In hierdie stadium het Henri glo na Rudi se bed beweeg en volgens hom was die aanvaller nie besorg oor sy teenwoordigheid nie. Henri het toe glo die aanvaller se arm gegryp en die byl by hom afgeneem. Volgens Henri was hy verbaas oor hoe vinnig hy die aanvaller kon ontwapen.

Die aanvaller het in hierdie stadium glo met ’n mes te voorskyn gekom en wou Henri aanval. Henri en die aanvaller het toe glo baklei waarna Henri glo die aanvaller se regterhand kon vasgryp sodat die man hom nie met die mes kon steek nie. Henri het besef hy het nog die byl en het die aanvaller glo oor sy regterskouer gekap. Die byl was glo agterstevoorom in sy hand en hy het die aanvaller dus met die stomp kant van die byl getref.

Volgens Henri het die aanvaller in dié stadium gevlug. Henri het toe glo kwaai stemme gehoor, wat soos Afrikaans geklink het. Hy het Marli en sy ma buite die kamer sien lê.

Henri beweer hy kan nie vinnig hardloop nie, en het geweet hy sou nie die aanvaller kon inhaal nie. Hy het die byl toe glo by die trappe afgegooi waarna hy glo self by die trappe afgeval en na die kombuis beweeg het. Hy weet nie hoeveel mense in die huis was nie, vermoedelik twee.

Die Van Breda-gesin: Marli (hier 16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (hier 20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Henri het besef hy het nog sy selfoon by hom en hy wou glo die nooddiens bel, maar het nie die nommer gehad nie. Hy het sy destydse meisie, Bianca, probeer bel, maar kon haar nie in die hande kry nie. Hy weet nie of die foon net gelui het en of hy haar stempos gekry het nie.

Hy het in daardie stadium die paramedici se nommers op Google op sy foon opgesoek. Volgens Henri het hy Marli sien beweeg en toe in daardie stadium sy bewussyn verloor. Hy weet nie of dit as gevolg van die skok, sy beserings of albei was nie.

Henri beweer dit was reeds lig buite toe hy weer sy bewussyn herwin het. Hy was onseker of dit alles werklik was. Hy het glo vir Marli sien beweeg en gehoor hoe Rudi roggel.

Henri het glo op die yskasdeur gekyk na die noodnommers vir paramedici. Hy het daarna onsuksesvol probeer om die paramedici te bel. Hy het toe die huisfoon en landlyn gebruik.

Henri beweer hy het besef Suid-Afrikaners sukkel soms om sy Australiese aksent te verstaan en boonop het hy as kind gehakkel. Hy hakkel glo nog steeds as hy onder stres is. Hy het vir spraakterapie gegaan as kind en het geleer dat hy stadig en kalm moet praat vir mense om hom te verstaan. Hy wou dus so kalm moontlik wees wanneer hy met die paramedici praat. Hy het ’n sigaret aangesteek om hom te kalmeer en die paramedici gebel.

Hy het weer vir Bianca gebel, maar kon haar nie in die hande kry nie. Hy het vir haar ’n WhatsApp-boodskap gestuur. Toe die polisie by die toneel opgedaag het, het hulle foto’s van hom geneem en sy pajamabroek en sokkies gevat.

Polisiebeamptes het glo vir Henri gesê hulle het vir Marli medikasie gegee en dat sy “helder wakker is” en wou weet of haar weergawe met sy weergawe sal ooreenstem. Hy het dit bevestig.

By die dokter aangekom, het hy glo gehoor een van die polisiebeamptes vra die dokter in Afrikaans of sy beserings moontlik self toegedien is. Die dokter het, ook in Afrikaans, geantwoord: “Ons sal sien wat ons kan doen.”

Ene kol. Beneke het daarna met Henri gesels en glo vir hom gesê: “Ek glo nie ’n woord van jou bulls**t-storie nie.”

Henri was in hierdie stadium glo uitgeput as gevolg van ’n gebrek aan slaap en hy het die vorige aand laas geëet. Hy wou dus net daar wegkom en die verklaring, wat hy by die polisie afgelê het, was dus nie volledig nie.

“Die polisie het my baie vinnig as ’n verdagte beskou. Hulle het my nooit oor my regte ingelig, naamlik dat ek mag stilbly of regsadvies bekom nie. My verklaring sou nie verander het nie, maar dit sou net meer volledig gewees het.”

Botha het daarna die inligting oor die nadoodse ondersoeke aan die hof voorgehou. Rudi, Martin en Theresa is al drie aan kopwonde wat hulle tydens die bylaanval opgedoen het oorlede.

Forensiese toetse is ook gedoen en ’n bloedmonster het bewys dat Henri geen dwelmmiddels in sy bloed gehad het nie.

Die saak duur voort.

Lees alle vorige berigte oor die bylmoorde-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

Magda ·

Klink vir my meer soos die outjie van Griewastad. Vol liegstories gly gly in sy eie liegstories!

Se maar net ·

Regtig?? Jy het heeltemal te veel tyd gehad om al hierdie nonsies uit jou duim te suig! As hulle 2 was wat jou so maklik kon oorval…waarvoor sou hulle nie klaarmaak nie?? Nee boet, praat die waarheid

Ja hoor ·

LMGA die Suid Afrikaners sukkel om sy AUSTRALIESE aksent te verstaan? EK GLO en hoop die reg gaan hier sy gang neem en dat die skuldige wat GLO niks gedoen het nie GEVANG en gevonnis word . hier is al te veel weergawes van die storie en die hele berig is vol van hy het GLO dit gehoor en Glo dat gesien en GLO dit vergeet .. en onsuksesvol die paramedici gebel .. hy kon nie sy meisie in die hande kry nie . hy kon NIEMAND anders in die hande kry nie .. sjoe . was seker wegraping gewees daai aand ..

Baie dagga ·

Ja nee, “Ja hoor” ek stem 100% saam, ek weet net ou grapgat gaan baie dagga nodig hê om daai gewete stil te kry.

Ange ·

Ek stem, ek het n gevoel die mannetjie gaan baie lig hiervan afkom.

HFC ·

En dit is die snert wat hy 26 maande gevat het om uit te dink, ek dink hier kom ‘n laaaang ene!!

Christelle ·

Henri se hele storie val uitmekaar. Sy pa kon nie die indringer verdryf nie maar hy kon? M.a.w. ‘n volwasse man kon dit nie doen nie maar ‘n jong man kon wel? Glo dit nie vir ‘n oomblik nie en dan is daar die tydsduur tussen moorde en die noodoproep? Sy hele storie maak glad nie sin nie en waarom sou die aanvaller bewus wees van sy teenwoordigheid en net sy gesinslede dood maak?

willie ·

Duidelik ñ opgemaakte storie, hy lieg soos ñ tandetrekker!

Marisa ·

Gee die eer aan sy vernuftige regsverteenwoordiger. Hy gaan net so ‘n grap soos Barry Roux wees.

Basjan ·

Marisa, daar stem ek 100% met jou saam. Sy regsverteenwoordiger(s) kom met ‘n fyn uitgewerkte strategie. ‘n Aanklaer van die formaat van Gerrie Nel is hier nodig.

Alida ·

Daai daggaroker lieg dat dit bars. Natuurlik is hy skuldig. Hy het net ‘n slim advokaat en daar is mos miljoene beskikbaar vir die saak.

Dee ·

Ag nee regtig, dis n hoop leuens, enige iemand kan deur dit sien. Kamtig is die “aanvaller” nie gepla oor sy teenwoordigheid in die kamer nie?!

Dissie ·

Hier is ‘n groot slang in die gras:
1. Hoekom sal ‘n aanvaller nie besorgd wees oor ‘n jong man se teenwoordigheid nie, maar is wel besorgd oor ‘n jong tiener meisie?
2. Hoekom sal dit maklik wees om ‘n wapen van ‘n aanvaller af te neem? As adrenalien pomp sal dit nooit maklik wees nie…
3. Hoekom sal ‘n outjie eers ‘google’ vir ‘n noodnommer en dan na die yskas toe loop waar die noodnommers opgeskryf is?
4. Ek kan nie dink dat enigeiemand ‘n sigaret kan rook in sulke omstandighede nie, behalwe as hy die skuldige self was…

Nee wat…ek ruik lont…

Antan ·

1) geen antwoord nie.
2) Soos jy se die adrenalien pomp, so dit kan vir dit ook werk.
3) Want vandag se mense is baie vinnig om te kan google, en dan kan jy ook nog net direk op die nommer click.
4) Net omdat hy gerook het, maak hom nie skuldig nie.

Max ·

Soveel tyd soveel stories. Hoekom nou eers. As jou instinkte intree dan gaan help jy, no matter what. Sonder om te dink. Ja die geld is ñ kwessie, kan nie sommer so aan iemand anders gaan nie. A nee A. Korrup.

Johann ·

26 maande later en dis sy storie? Skuus maar hiers weer n badkamer intrige…en spreek in tale (van Afrikaans tot aksente onduidelik vir mense) en toe plant hy n hoender veer en toe kom daar n pou op…psigopatiese leunaar ! Hy lieg so goed hy glo homself? Skokkend skokkend skokkend! Nie n SWEEMPIE berou nie? Noem nie eers in n oomblik van waarheid die barbaarse wreedheid van sy gesin se dood nie? En hy loop op vrye voet rond? En hoeveel geld koop “regverteenwoordiging” wat sulke barbaarsheid verdedig en regverdig?

Amber ·

Hy kon net niemand in die hande kry nie.
Wat is vinniger? Om te sukkel met jou selfoon of om dadelik te gaan aanklop by jou buurman of die sekuriteit by die hek.
Die mannetjie is vol verskonings!!!

Johann ·

Sou hy homself kan loskoop of lieg; het hy n top pos by die ANC…n beslisde raadgewer vir Zuma as n prima voorbeeld van PSIGOPATIESE LEUNAARS! Dis walglik om te dink iemand aanvaar geld om hom te verdedig? En dit help ook nie dat die FENOMINALE POLISIE 26 maande later ee4s n saak teen hom kan maak? Vrot van bo tot onder! Nog n pluimpie vir die ANC en sy kaders: blatante wetteloosheid!

Wonder net ·

Geen gewete oor sy dade nie! Mag reg en geregtigheid seevier en nie die miljoene in die bank nie. Hy het kosbare lewens geneem, hy het geen reg om te lewe nie.

Sannera ·

Hoekom het sy ma GEVRA wat gaan hier aan?.Dr Jekyll & Mr Hyde ,of doodgewoon dwelms se langtermyn effek?Lang tyd gehad om storie uit te dink!

3 Jaar oud ·

Ja Henry & jou regspan, slim advokaat ingesluit. Ons is almal 3 jaar oud en glo julle sprokie. Julle 2 kan begin kleuterboeke skryf – julle sal sakke vol geld maak. Ek hoop van harte ons Staatsadvokaat is sy sout werd, en sorteer hierdie ding uit. Aan die familie, sterkte en jammer, maar ek dink julle is verkeerd om te ondersteun, hom uit die tronk te probeer hou na alles. Hy gaan weer een aand bietjie vies raak, want geen dwelms beteken hy is self so boos, hy kort geen trip om sulke goed te doen. Staan sterk in die kritiek, as julle hom nie help na sooo daad nie sal ons nie klippe gooi nie. Enige mens kan ‘n fout maak, maar dan staan jy op – jy “Man up”. Verder ou Henry kan jy lieg soos jy wil en as jy genoeg betaal het loskom, maar die Liewe Vader het elkeen ‘n gewete gegee en glo my vir daai enetjie kan jy nie jok nie en so ook nie vir God nie.

marous ·

Sy weergawe klink dalk verdag , maar gaan die staat bo redelike twyfel kan bewys of is die saak slegs gebasseer op omstandigheids getuienis en onwaarskynlikhede? Die verdediging het duidelik volledige weergawe van wat die staat gaan beweer , en hul pleitsverduideliking daarvolgens voorberei. As die polisie nie sy regte verduidelik het nie , sal alles wat hy kwyt geraak het nie toelaatbaar wees nie. Dink aansoek vir ontslag na staat saak en indien nie toegestaan sy saak sluit. Gaan interssant word.

Ai ·

Ek dink hy is skuldig, al wat ek oor twyfel is of hy dit alleen gedoen het. Sal nooit daai opname vergeet waar hy Netcare 911 bel en begin lag nie. So asof iemand daar by hom was en hulle dink dit was n grap.

Johann ·

Van watter laggende opname word hier gepraat? Dit behoort seker as deel van die bewys stukke te dien? Feit bly: dat hy na SO n blatante cover up lieg storie dink iemand glo hom? Behalwe sy geld vraat regsverteenwoordiging wat enigiets sal “glo” vir geld. Siek!

Ai ·

Johann, nie lank na die moorde nie het ENCA en n paar ander die opname van die Telefoniese gesprek tussen Henri en die noodhulp dienste op hulle Web tuistes geplaas vir mense om na te luister. Hy was so kalm (en daar is nie n sprake van n Australiaanse aksent nie, ook geen gehakkel nie) en wanneer hy se: “They are bleeding from their heads” dan gee hy so giggel. Dit laat mens se bloed stol. Ek weet nie of hulle dit teen hom kan gebruik in die hof nie, ek sou dink hulle kan want mens word gewoonlik vooraf gese dat “this call will be recorded for your convenience”. as dit die geval is dan het hom mos geweet hy word opgeneem.

Sal maar sien maar vir my spreek dit boekdele oor sy “frame of mind”.

Corrie ·

Hyt so lang tyd gehad om die gediggie op te se. Jitte maar hy is goed! Neem n byl en n hand met n mes vas? Wat dink hy van ons Suid Afrikaners? Kastige aksent! Nee wat klink vir my maar baie verdag. Wonder of sy sussie dieselfde weergawe het as hy.

Glo dit nie ·

Hy wou net wegkom want hy het die vorige aand laas geeet. Nou hoe laat eet hy dan ontbyt!! Kaas man hy lieg deur sy tande hy wou speel vir tyd om hierdie storie te versin. Hy is dan so slim outjie hoekom het hy nie dadelik gevra hul moet sy regte voorlees nie. Nog ‘n skuiwergat vir hom om nie vir sy dade te betaal nie. Ek wonder of hy vandag gehakkel of stadig gepraat het want is vandag nie ook stresvol nie. Ek is nie ‘n speurder nie maar my algemene kennis van moord se hierdie outjie is dommer as wat hy dink of almal dink. Gebruik ‘n byl sodra hy skuldig bevind word.

Colin ·

Hierdie storie is so swak aanmekaargesit. Van die begin af het die polisie ‘n rot geruik.

Hy gaan sit.

Maryke ·

Wie is julle om te oordeel
Julle kan net se hy is skuldig nie

OUMA ·

Ja, ek sê ook los die gereg om sy loop te neem. Die polisie en staatsaanklaer het nie onder ‘n klip uitgekruip nie. Die waarheid sal wel uitkom in kruisverhoor. Maar ek kry hom jammer as hy wel skuldig is. Sy gewete en spyt sal hom opvreet.

Ai ·

Ai die ma roe la wat so on no dig mens se kom men taar ver wyder.

Lees alles wat hulle nou al bekend gemaak het oor die saak. Dis nie oordeel nie, dis common sense. Of dalk is common sense nie meer so common nie.

evsbest ·

Snaaks dat daar nie dwelms in sy bloed was nie….. Dit kon als verklaar het.

mariki van Heerden ·

Hy klink asof hy genoeg tyd gehad het om goed ge coach te word oor wat om te se. Hy weet dan die wet se hy hoef niie te praat nie so dit is ook onsin dat hulle hom nie gese het hy hoef nie te praat nie. Hy klink heeltemal te seker van homself en het al die antwoorde. Interessant dat die aanvaller nie besorg was oor sy teenwoordigheid nie en toe tog sg hom met n mes wou aanval later. Kry ou Gerrie Nel in Hy sal hom gou uitsort.

Mads ·

Sy hele verduideliking is vol gate. Hyt net pj’s aan en stoei met die verdagte en slaan hom met die byl.
En op die onderste vloer het hy nog sy selfoon by hom. Waar het hy dit gebere toe hy gestoei het met verdagte ? Sy storie klunk nog erger as Oscar sin

mariki van Heerden ·

Hoe kon hy net staan en toekyk hoe al sy familie vermoor word sonder om te probeer help Hy kon saam met sy pa sekerlik die een ou oorrompel het of hoe. Hoekom skree en dan in die badkamer kyk sonder om sy pa te waarsky?
Nee wat swak sstorie.

Francis Linstrom ·

Ek sien hulle(seuns) se slaapkamerlig is eers aangesit nadat hy uit die badkamer gesien het sy broer word met n voorwerp aangeval. Katoë????

Wonder maar net ·

Wat sê die sussie wat het gebeur? Kan sy onthou?

Karen ·

Verstaan ek reg – hy hoor sy broer roggel en hy sien sy suster beweeg, maar hy dink daar’s tyd om eers te rook om seker te maak dat hy reg kan praat?

Christelle ·

REALLY!!! Hy en sy prokureur moet die land se intelligensie vreeslik onderskat. Presies soos Oscar word moes hy die praatjie lank voor die tyd begin oefen,

Dassie ·

Nou waar het jul dan gewoon Henri mmmm…..op ‘n eiland of ‘n plaas met geen mens in sig of loopafstand by wie jy kon aanklop vir hulp ???? Dan sou ek steeds kaalvoet deur dorings hol in die stikdonker nag en skree dat die aarde bewe.Oòooooo ….was seker te bang om by die deur uit te gaan.

charmaine ·

HUH?? Hy Google noodnommers, hoekom nie uit hardloop en skree om aandag by die bure of wagte te trek nie?

Dan kry n noodnommer op dy yskas maar nie antwoord nie? Shame hy was seker baie bang!

cristal ·

En dis nou presies wat ek aan dink. so hy die nommers eers gegoogle? en niks gekry nie???? RERIG!
EN DAN OP YSKAS GESIEN?
Bestaan die 10111 nommer dan nie meer nie?

Johlene ·

Hy het dit nie self gedoen nie, maar was beslis die “main brain” agter alles. So helder soos daglig.

wyn ·

Dink nog steeds hy en sy sussie het dit saam beplan,en sy het hom vertrou,maar hy het besluit sy moet ook dood daarom het hy haar ook erg aangeval!! Dink nie sy was veronderstel om dit toe te oorleef nie!!! Nou bly sy still want sy kan nie teen hom getuig nie want hy kan omdraai en se dit was haar idee!
Wie weet dalk was dit!!!
Hy is n pateut!!!!

Ai ·

Ek het iemand anders ook dit hoor se, maar ek weet nie regtig hoe julle by dit uitkom nie want daar is geen bewyse dat sy enigsins iets te doen gehad het met dit nie. Sal graag wil weet watter bewyse julle gesien het wat ons nie van weet nie.

Lindie ·

Ai Henry. Jy lieg soos n vlieg man. Jou verduidelik klink vir my maar effens flou.

Theresa ·

Moontlik skuldig. Maar wie van die mense wat hierbo sê dit werk sus en so wanneer jy sien familielede word aangeval? Het jul dit al deurgemaak? Wie sê mens behou mens se sinne om presies te weet waarheen om te loop en wat om te doen vir ‘n noodnommer?
Sjoe, die aanvalle is fel. Persoonlik dink ek mens weet niks, onthou min en raak redelik magteloos simpel in so ‘n situasie. Think about it.

se iets ·

Wow, waar het jy geleer om so te lieg, regtig outjie?

Volgens berigte kan die sussie nie onthou nie, ek persoonlik dink na so n aanval na 26 maande moet daar iets wees wat sy wel kan onthou, maar dalk te bang haar broer kom terug en maak haar regtig dood as sy praat of se sy onthou iets of vertel dit vir die polisie

LMF ·

Hie hie ek weet hierdie saak is niks om oor te lag nie maar saam Henry is hier n paar mense met n baie groot wonderwereld waarin hul leef omw hie hie

Ek is in ·

EK is in, sal eerste 1 een wees, maar ek wed jou ek sal nooit dit hoef te doen. Hy kan miskien loskom op omkoop en doodsdreigemente, maar n huis sonder n inbreker……. ryk verbeelding.

Cas ·

Dit kan nie waar wees dat jy sien hoe een aanvaller jou pa ook aanval en jy gaan help nie!! Bog man!! Sy turf sal sit!

Pieter ·

Ai tog. Al weer al die land se reg kenners, sielkundiges , forensiese ontleders, menskenners, op die blad byeen. Julle is nie eers in die hof nie en oordeel en vonnis al klaar. Sies, skaam julle ! Die waarheid sal wel seevier in die hof. Gee hof n kans. Die saak het nou eers begin.

foxi ·

Hemel tog……maar hierdie jongman kan lieg! Hoe lank het hy hierdie storie uitgedink. En WIE het hom gehelp met dié storie. Aijaija……geld is n euwel……..sê maar net.

Frans C ·

Jy kan ver op ‘n leuen reis maar nooit op dit terugkom nie.

Alida ·

Daai daggaroker lieg! Some of us were born at night but not last night!.

toy ·

Ek weet ek was nie daar nie, maar jammer ek glo nie sy weergawe nie.

Wonder maar net ·

Wat vir my nie klop nie is dat die aanvallers eerder ‘n 16 jarige meisietjie en ‘n vrou (ma) buite aksie stel as ‘n fris jong man soos die beskuldigde. Verduidelik dit asseblief vir my.

Eksenet ·

Smaak my Henri onderskat sekere se intelligensie. Ek wonder, as Marli kon getuig, sou sy…….?

Ekseookmaarnet ·

Ek neem aan julle almal was in daardie huis die toe als gebeur het want julle weet blykbaar elke liewe detail hoe kan ons se hy praat die waarheid of lieg as ons nie als self beleef het nie,net die Here daar bo weet wat werklik gebeur het.

C ·

Ek hoop so. Ek kan nie wag nie. Wonder wat Henri ‘daggakop’ dan omtrent sy opgemaakte storie gaan doen

Annie ·

Die regstelsel is nie “regverdig” nie – dis tegnies. Alle stellings wat gemaak is, is so geformuleer dat die Staat die teendeel moet bewys. Als wat Henri nou verklaar het is streng volgens sy advokaat se advies. Ek dink Adv Gerrie Nel se mond water!! May the best man (money) win.

Suzie ·

Henri, jy se die aanvaller was nie besorg oor jou nie? jy het geskree, al weet jy nou nie wat nie, maar jy noem nerens dat die res van jou gesin iets geskree het nie? en tog het hy hulle aangeval, maar vir jou wat geskree het, is hy nie besorg oor nie. Seun, wat is fout met die prentjie?

Adri ·

ja. en sy ma kom in en vra ‘wat gaan hier aan’
allawereld henry. dit klink soos daai oorgeklanke reeks jaaaare terug met die ruimtepoppies. hulle monde het beweeg en niks het uitgekom nie. ek het iemand in my erf opgemerk en geskreeu dat my stem 3 dae seer was. en jou ma kom op ‘n aanval af en vra wat aangaan! inderdaad ‘n vreemde gesin dan.

yolandi ·

sy hele gesin word uitgewis en hy is honger en moeg? Nee regtig ek het al beter leuens gehoor…

Fires ·

Wonder op grond waarvan het sy regsspan besluit hy moet onskuldig pleit, sy weergawe is vol gate en sal deur die staat uitmekaar geskeur word.
Dalk sal hulle die polisieondersoek aanval en hoop op onskuldig deur ‘n tegniese punt

Alida ·

Hopenlik bewys die Staatsadvokaat dat die daggaroker alles lieg wat hy sê. Hoop die advokaat is van Gerrie Nel se kaliber want hy sy hom in die eerste rondte al uitgeboul het.

Adri ·

dis van anime kyk en dagga rook dat jou lewe so weird is in retrospek mnr v breda. hou op lieg en geld mors. jy gaan uitgevang word.

Mary ·

Hy sien sy ouboet en sussie leef nog maar dink nie daaraan om dadelik hulp te kry nie. Dit maak nie sin nie….. Wonder net of hy nou al die geld wat eintlik na sy sussie moet gaan gaan gebruik vir regskostes.

Gewpan ·

As ons ooit moet oorval word, en ek kan iets doen om my broer of sus te probeer help sal ek, en dit voor ek n nommer bel wat tien teen 1 nie geantwoord gaan word nie

Wilma ·

Skuldig soos tien. Hy toon duidelik teken van ‘n psigopaat. Enige suksesvolle pesoon kan moontlik ‘n psigopaat wees- die grootste waarnemende verskil is HOE die person in die geheim en agter gegrendelde deure optree. Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie. Het oor die algmeen ‘n gemiddelde en self bogemiddelde intelligensie. Dis wat hulle so gevaarlik maak. Hul aanvaar nie verantwoordelikheid vir hul oortredings of foute nie, maar blameer ander daarvoor. Psigopate is soos wolwe in skaapklere (vra my ek weet) wat ‘n masker van mormaliteit voorhou. Hul is besonders vriendelik, sjarmant en spontaan en sosiaal. Wek die indruk van innemendheid. Beindruk mense en wanneer hy hul vertroue gewen het, MISBRUIK hy die mense tot sy EIE voordeel. Gebrek aan berou nadat hy iemand seergemaak het of sleg behandel het. Gee nie vir ander mense om nie, nie eens sy eie familie nie (skeep hul gewoonlik af)

VanAfrika ·

Die 26ste Januarie het ek die middag by my liewe moeder se woonstel n draai gemaak. Ek het haar op die vloer gekry, sy het n koronêr gekry, ek het haar bygebring en op die bed gehelp, net toe kry sy die volgende koronêr en ek probeer haar weer bybring, en ek sê vir myself dat ek gaan nie gevang word sonder dat ek alle hulp vir my ma kon kry en ek bel toe dadelik 112 wat die selfoon dienste se nood nommer is. En hulle was dadelik beskikbaar en die ambulans het minder as 20 minute later by ons woonstel gestop.

Kon hy nie dalk ook 112 geskakel het nie, hulp sou dadelik opgedaag het.

Kantein ·

Jy kan nie enigens so se nie, ekt al self 112 gebel, en ekt 47min+ gewag toe ons self begin beweeg het, dis uitsluitend die 2keer waar daar geen antwoord was nie.

C ·

Ai die mannetjie se weergawe is lagwekkend. Die ‘aanvaller’, wat hy beweer hul aangeval het, moes seker op die sekuriteit se kameras gesien word, hoe het hy dan in die estate ingekom?

Geskok ·

Ja hopelik sal hulle die oproep na die nooddienste kan gebruik, want vanwaar die ou laggie wat hy gegee het…dalk bietjie vergeet die oproepe word opgeneem. My vraag ook, as jy so paniekerig is en jy kry nie die nooddienste in die hande nie….hardloop uit, skree probeer die aandag van die bure kry…nee hier is n dik ver luislang in die gras. Indien dit my gesin was wat iets oorgekom het sou ek definitief nie eers na so n lang ruk so onaangetas deur die situasie voorgekom het nie. Stem saam met die vorige mense se kommentare, definitief voorbeeld van n psigopaat. Ek hoop hy sit lank… gedink hy gaan al die ou geldjies erf( wat nie gaan gebeur as sy hande vol bloed is nie) dan kan ons mos lekker verder party. Wil net graag hoor of sy sussie nie iets kan onthou nie. Nie die hele storie gevolg nie, kon die sussie iets onthou of was sy te vinnig oorweldig?

Yvonne ·

Bly in ‘ n Estate……. Sekerlik is daar ‘ n alarm…..met ‘ n paniek knoppie……Ek as middelklas mens het een en glo my as ek iets hoor binne of buite d huia is dit d 1 ste ding waaraan ek dink…..Panic Button!

Alida ·

Kom ons hoop Marli onthou die voorval en getuig teen haar broer indien sy van mening is dat dit hy is wat dit gedoen het. As hy in die tronk is kan hy haar geen leed aandoen nie en sy kan aangaan met haar lewe.

Nee regtig ·

As die staat geen saak teen hom gehad het nie, sou hy nie op R100 000 borgtog vrygelaat word nie. Geld bepaal die uitkoms van die vonnis…dit het ons mos nou al baie gesien. Kan net dié saak in eenwoord beskryf: bollie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.