Bylmoorde: ‘Henri se asem het na drank geruik’

Sers. Adrian Kleynhans. Foto: Suné van Heerden

Sers. Adrian Kleynhans het Maandag getuienis gelewer as een van die eerste polisiebeamptes op die toneel waar drie lede van die Van Breda-gesin buite Stellenbosch met ’n byl vermoor is.

Kleynhans getuig in die saak van Henri van Breda, wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouers, broer en suster op 26 Januarie 2015 met ’n byl aangeval het. Van Breda het vroeër Maandag sy weergawe van die aand se gebeure in die Wes-Kaapse hooggeregshof gegee.

Martin van Breda (54), Theresa (55) en Rudi (22) is in die aanval dood. Marli (16) het die aanval oorleef. Van Breda het skuld ontken op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en een van dwarsboming van die gereg.

Kleynhans het tydens ondervraging van die staatsaanklaer, Susan Galloway, verduidelik hoe hy en sy kollega aanvanklik gesukkel het om toegang te bekom tot die De Zalze-veiligheidslandgoed, ondanks die feit dat hulle in uniform was en in ’n gemerkte polisievoertuig gery het.

Kleynhans het aanvanklik gereageer op ’n klag van bakleiery by die adres, wat later as ’n kode 10, of aanranding met ernstige besering, aangedui is. Kleynhans het al 22 jaar diens in die polisie.

Toe hulle by die toneel aankom, het hulle ’n man, wat hy later uitgeken het as die beskuldigde, Henri van Breda, uit die huis sien kom. Van Breda het ’n grys kortbroek en wit sokkies aangehad en daar was bloed aan sy lyf.

Henri van Breda in die hof. Foto: Suné van Heerden

Kleynhans het sy vuurwapen uitgehaal en oorgehaal en dit teen ’n 45 grade hoek teen die grond bly hou toe hy die huis genader het. Hy het Van Breda beveel om na hom toe te kom en op die grond te sit. Hy wou by Van Breda weet of hy beseer is en mediese hulp benodig.

Kleynhans het gesê hy het ’n sterk drankreuk by Van Breda geruik. Hy het gesê volgens sy mening het Van Breda “’n rukkie terug” alkohol gebruik. Volgens hom was Van Breda senuagtig en emosioneel, maar nie huilerig nie.

Van Breda het vir hom gesê sy gesin is met ’n byl aangeval. Kleynhans het die huis betree. Volgens hom was die onderste deel van die huis nie deurmekaar en was daar geen teken van ’n aanval of inbraak nie. Daar was ’n skootrekenaar en handsak op die tafel en die televisiestelle was ook nog in die huis. Volgens Kleynhans sou dié voorwerpe gesteel gewees het indien daar ’n inbraak was.

Hy het ook verduidelik dat daar geen teken van geforseerde toegang tot die huis was nie. Die venster en agterdeur het op ’n skrefie oopgestaan.

Kleynhans het getuig hy het ’n handbyl opgemerk by die trappe en het ook bloed op die trapreling gesien. Hy het twee vroue bo by die trap sien lê. Een van die vroue het op haar maag gelê en die ander een op haar rug. Toe een van die vroue haar been en hand beweeg, het Kleynhans paramedici ontbied omdat hy besef het hulle kan moontlik haar lewe red.

Hy het teen die trappe afbeweeg en die toneel is met ’n misdaadlint afgesper.

Kleynhans het die paramedici vergesel na die beseerde vrou en hy het eers foto’s van die toneel geneem voordat hulle die tweede vrou se liggaam geskuif het sodat paramedici Marli kon behandel.

Die moordwapen is aan die hof voorgehou en Kleynhans het die byl uitgeken as die wapen wat hy op die toneel gesien het, afgesien van die feit dat dit nie met bloed bevlek is nie.

Kleynhans het egter ontken dat hy enige kennis dra van ’n mes wat aan hom voorgehou is. Galloway en adv. Pieter Botha, vir Van Breda, het aangedui dat ’n getuie later die mes sal uitken.

Die saak is tot Dinsdag uitgestel vir ’n in loco-inspeksie op die toneel op die De Zalze-landgoed.

Die verhoor word Woensdag in die hof voortgesit.

Lees alle vorige berigte oor die bylmoorde-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Leon van Rensburg ·

Ek oordeel of veroordeel NIEMAND NIE, Maar, hulle kom nie in enkel gelid daar aan nie. Vra my ek weet, het een van hulle gepot, die ander het gevlug. Hulle is te lafhartig om alleen daar in te gaan.
Ek was op vele plaasaanvalle destyds om “bebriefs” te doen, daar is maar nooit net een nie.
Kruisig my maar dink delf hieroor?

Ek stem saam ·

Leon ek stem 100% met jou saam, hulle kap met ‘n byl die gesin dood en Henri lê bewusteloos en hulle hol net sonder om die skootrekenaar en handsak te gryp op pad uit terwyl daar geen gevaar meer was nie…… te dik vir ‘n daalder.

Ange ·

Nee ek glo jou, ek lees mos nuus- dis altyd 3 – 8. Soms is daar tot 20 aanvallers. Hierdie kind het teveel Amerikaanse movies gekyk en dink n storie van n mal aanvaller met geen motief sal werk.

Ange ·

Ekt oorspronklik gedink die man was vol d w e l m s maar nou se hulle geen d w e l m s was in sy gestel nie. Die man is seker p$igopatie$ of iets want hy lyk ook heeltemal te kalm en li€g sonder om te blik of te bloos. Dan nog daai oproep na die mediese noodhulp waar hy so lag…. Rillings

Ekke ·

Enige regdenkende mens sal nie glo wat die jongman kwytraak nie. Wonder egter wat gaan gebeur, wat gaan die straf wees… sal maar moet wag en kyk.

huggy bear ·

Ag toe !
Nou was hy seker dronk van te veel alkohol en kan nou niks belangrik meer onthou nie

Geloofwaardig ·

Sersant jou storie is geloofwaardig en ek weet jy sou sy regte verduidelik het. Dit maak my vies as sulke oneerlikes met sulke goed probeer wegkom of meer regte het. Henri sal baie meer as net die bylmoorde moet verduidelik, sy soppy storie is totaal ongeloofwaardig.

CAROL ·

HY GAAN NOU MET ALLE STORIES UITKOM NET OM TYD TE KOOP. UH-HU SLUIT TOE EN SLUK SLEUTEL OF GOOI SLEUTEL IN DIE SEE IN

Nettie ·

Nee man, as iemand die sleutel moet insluk na hulle Van Breda toegesluit het, gaan daai person hardlywig word!

‘n Bietjie humor op ‘n Maandag en met ‘n berig van dié aard.

Chanti ·

Ek weet nie of ek iets gemis het nie, maar hoekom het hy homself dan oorhandig?

WitBlits ·

Die SAPD het vir Henri gewaarsku dat hulle hom sou arresteer omdat hy ‘n verdagte is en op sy regspan se advies het hy homself oorgegee om sy samewerking te bewys.

Danie ·

Nee hy is gevra om by die polisie kantoor aan te meld. En as hy dit nie doen voor n sekere tyd nie gaan hul hom in hegtenis neem. Dus moes hy gaan.

André ·

SERSANT (SAPD) GELOOFWAARDIG IS JOU VERKLARING SOWEL AS JOU POSISIE IN DIE GEMEENSKAP SÊ BELANG!
Marli die gebeurtenis wat so afspeel teenoor jou, WEES STERK en Getuig teen jou broer wat so LIEG!
Sy bekentenis is *VOIDED!*
BUT GOD SHALL REDEEM THE RIGHTEOUS! GOD BE WITH YOU!

Christolene ·

Sy suster kan niks van gebeure onthou nie dus daarom is dit nou vir hom maklik om te se dat daar n man was met n balaklawa. Niemand om teen hom te getuig nie , wat n joke….r.

Eish ·

Eish en hy kon deur n skrefie deur in die donker duidelik die swart klere en balaklawa sien, wow. N Fees vir die staatsaankler, al het hul alles haarfyn beplan, kan ek sien sy advokaat het so paar werklik stupid goedjies vergeet of nie mooi deurgewerk, so ook die lag storie, hoe kon hy dit sien.

Peet J ·

Ek lees nie watse tipe byl dit was nie, vleisbyl of byl wat ‘n mens mee hout kap , dit kan nogal belangrik wees.

Alida ·

Peet J jou kommentaar maak mens naar. Daar is 3 mense DOOD wat maak dit tog saak watse byl dit was. Kom by man.

Cherokee ·

Hou kop Alida en drink iets vir die naarheid. Peet beskou dit (dàlk) as van belang omdat ‘n afleiding gemaak kan word of dit instinktief in ‘n kombuis gegryp is of bepland saamgeneem is.

jaco ·

Dis nie polities korrek vir die SAPD & die hof om aanvallers van wit mense te soek en te vervolg nie. Waarom anyway omgee vir wit mense. Daars hoeveel ander sake waar die SAPD en howe ook die maklike polities-korrekte uitweg gevolg het: blameer bloot n wit naasbestaande:
Inge Lots – blameer die ex-boyfriend
Steenkamp plaasmoord Griekwastad – blameer die boer se 15jarige seun
Spier selfmoord onlangs – blameer die oorlede vrou se man
Oscar – straf hom want hy is regtig skuldig, maar straf hom lig want sy slagoffer was mos maar net wit.

Johann ·

Psigopaat! TEKSBOEK VOORBEELD! Geen emosie…geen berou….geen realiteits begrip…geen hartseer betoning…lieg asof dit waarheid is in sy kop….verwag die samelewing moet hom glo…hom jammer kry…hom.die held maak…Wat het geword van die verwysings na sy sielkundige diagnoses en behandeling buite SA? Nie dat dit as verskoning aangehaal mag word nie!!!!! Hys onher roeplik psigopaties! Sluit him toe….of laat hom aanmeld by n byl fabriek waar.die skerpkant getoets word oo hom! Siek siek siek!

Piet ·

Hallo Jaco. Mens moet seker met jou saamstem dat daar nie juis ‘n wil is om misdade teen blankes te bekamp nie. Moet ook nie van onbevoegdheid vergeet nie. In hierdie geval klink die ou se storie egter na ‘n feeverhaal. Mens wag amper vir die kabouter met die mus op wat op n perd uit die hemel neerdaal. Ek kan glad nie die twak wat die ou vertel glo nie al probeer ek hoe hard.

So waar ·

Ja nee so waar, n uitstekende fee verhaal, sy sondes sal hom inhaal.

jaco ·

Die sersant beweer waardevolle goed sou gesteel gewees het as dit n huisinbraak was. Hy moet asseblief wakker word: daar is gevalle, nou wel min mass tog, waar NIKS gesteel word nie. Die wit mense word net vermoor om die voorvadergeeste tevrede te stel dat die wit “gif” nou weg is. Diezelfde is met die Steenkamp plaasmoord in Griekwastad gesê: niks is gesteel nie en die boer se seun het Oorweeg, so hy is die moordenaar. Die ANC-beheerde staat se hantering van moorde op wit mense kom neer op ondersteuning van misdadigers se UITWISSING van wit mense NET omdat hulle wit is. As dinge al so erg, is georganiseerde uitwissing van wit mense direk deur die staat nie meer ver nie.

Patrys ·

Don Steenkamp hét sy ouers en suser vermoor! Moenie kommentaar lewer as jy nie die storie gevoel het nie!

Regtig ·

Regtig Patrys ek stem saam, verder is die kommentaar werklik so verregaande soos Griekwastad seun & Henry se stories.

Rina Vermeulen ·

Ja, Jaco daars ñ tendens met die sake en boonop swak polisie ondersoeke of ongeloofwaardige getuienis asook die gesloer met diehofsake. Ek sê nie al die beskuldiges is onskuldig nie maar die politiese korrektheid van die reg, staat en media laat mens wonder !

Liendpers ·

Behalwe vir die hele verhaal se onglobaarheid, kan ek nie verstaan hoekom hy die byl trappe af sou gooi as hy dan kwaai stemme gehoor het nie? Sal jy nie eerder die byl dan byderhand hou om jouself te verdedig indien die afrikaans sprekende gemaskerde sopbeen dalk besluit om weer boontoe te gaan nie? En is jou eerste reaksie tog nie om te kyk of jou mense alright is nie?…. ek wonder maar net

C ·

Ja nee Henri se weergawe is beslis vals en belaglik – So mooi uiteengesit soos n ‘fairytale’. …. Hyt lank genoeg tyd gehad om die snert uit te dink. As Marli maar net kon getuig…..

rafel ·

Hy het sommer die byl van die aanvaller afgeworstel lees ek op n ander nuusblad…wow…superman se moses. Valkenberg is sy voorland.

Uilspieël ·

Daar was seker nie bloed van ‘n aanvaller op die toneel gevind nie nou het hy hom kamma-kastig met die stomo kant van die byl geslaan. Uitgeslape jong.

Stephanie ·

Dit lyk regtig of die kind verantwoordelik is vir die moorde…maar….nie een van ons was daar om dit te sien nie! Ek hoop diep in my hart daar kom iets uit wat sy onskuld sal toon. Ek weet ek vra vir baie, maar tog….

johan ·

Stephanie waarom sal jy HOOP dat as die “kind” skuldig is soos wat dit vir jou lyk dat daar iets sal gebeur wat hom onskuldig sal laat bevind. HOEKOM???????????????

Jax ·

Dat die “kind” nog vrylik rondloop in die samelewing, gaan my verstand te bowe!
“Money, money, money……..”

Cherokee ·

—-(smile en bors uitgestoot, maar terwyl ek maak of ek beskeie is) ….baie dankie Peet :-)

danie ·

Dit is vir die hof om te bepaal of die storie waar of vals is, as daar geen bewyse is oor wat regtig gebeur het nie, kan hy weg kom daarmee. Of wie weet dalk is sy weergawe wel korrek. Ongelukkig is die media platvorm nie die hof nie en maak dit nie saak wat ons dink nie. En dalk het dit so lank gevat om die saak voor te gee om sy suster tyd te gee om te genees en beter te onthou. Sy verduideliking is eenvoudig en nie te ingewikkeld nie maklik om te onthou. Nie baieoppenings vir kruis onder vrae nie. Goeie taktiek. Moeilik om die teendeel te bewys. Sy kant klink soos n liegstorie, maar baie goed beplan

Regtig ·

As hy onskuldig is, is ek n mars mannetjie. Ek stem, storie is goed beplan, maar daar is wel n paar stukkies wat nie goed deurdenk was nie en die staatsaanklaer is n vrou en met haar 6de sintuig gaan sy n fees he hier. Skrefie deur in die donker en hy sien duidelik swart balaklava& klere. Sien die man lag? Selfoon in hand terwyl hy n byl afvat en dan aanvaller se hande gryp om messteek te keer, byl trappe afgooi terwyl daar aanvallers is, wow en dan nog selfoon in die hand trappe afval, of dalk het hy 4 arms en hy is voorwaar Simson, hy weer die aanvaller af soos niks, terwyl sy Vorse sterk Pa soos n lap val. Hehe en die grootste grap is die kalm raak voor hy bel, so kalm soos n dagga walm, dat hy eintlik grinnik lag……. sy verantwoordelikheid om te kyk of hy hulp kan verleen aan sy beseerde familie. Hy verduidelik ook nie sy google soektog vooraf nie.

Piet Snot ·

Danie, jy’s reg. Ek twyfel ook aan sy storie, maar laat die hof die ding deurtrap.
Daai spesifieke Staatsaanklaer is baie, baie bekwaam: laat sy die man se storie toets.

Cherokee ·

Danie, jy’s verkeerd. Presies daar waar jy dit ‘ongelukkig’ noem dat die media-platform nie die hof is nie. Indien die forums as jurie kon dien het Pistoors dalk vry weggestap. As plaasmoorde bespreek word is daar herhaaldelike versoeke dat doodstraf heringestel word. As ‘n skoonseun sy pastoor-skoonmoeder vermoor, word die allervreeslikste simpatie jeens die moordenaar uitgespreek. Dit is gelukkig dat die forums nie as hof dien nie.

Netso ·

Netso Piet, ek stem saam oor die Staatsaanklaer, sy gaan vir hom roer. Advokaat Botha het die ding lekker uitgewerk, ai jinne tot die bewusteloos stukkie (lag) , daar is egter lekker dele waar hy nie anders kon as om Bollie in te sit nie. Klink werklik so Griekwastad, maar daardie seun was darem nog jonk en verbeeldingryk, vir Henry wat wil laat blyk almal in SA se Engels en Afrikaans is agterlik wag beslis ‘n verassing. Na ek die hof deel gekyk het, het ek meer weersin in die jong man, so harteloos het ek nog NOOIT gesien nie. Chero die skoonseun het ten minste sy volle dade (wat verskriklik verkeerd was) eerlik erken in die hof en ek bepleit nie onskuld of minder tronkstraf, maar ek het beslis respek vir hom, hy vat verantwoordelikheid vir sy dade en van die stoffasie is daar maar min.

Alida ·

Die dwelmslaaf en/of daggaroker sal nou seker eers weer vir waarnemening gestuur word om tyd te wen en ‘n nuwe liegstorie uit te dink. Vonnis hom en kry klaar.

Faith ·

Toe hy sien sy pas is daar om te help hoekom het hy nie sy pa gaan help. Hul twee sou dalk die inbreker toe kon keer maar nee,ons kyk net. Glo dit nie. Stompies by yskas wie sin is dit hoop dna is geneem

BOLANDER ·

Hy mag dalk nou weg kom, maar gaan beslis nie die poorte binne nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Rina Vermeulen ·

Moet saam met Jaco se kommentaar stem dat hierdie nogal herhaaldelik voorkom. In baie van die tipe sake dat ñ familie lid die skuld kry vir die moorde. My opinie party is skuldig maar net ñ klein presentasie .Verder is daar baie onvoeldoende bewyse,swak polisie ondersoeke en baie keer ongeloofwaardige getuienis ens

Ange ·

Die mense wat alweer Devils Advocate speel…. Ja kom ons vergeet dat n selfoon op die toneel gevind is wat gebruik was om n bylmoord op te soek waar n seun sy ouers doodgekap het net voor die Van Bredas doodgekap is. Dis seker net n coincidence. Kom ons vergeet dat sover is al die dna verbind aan Henri en nie die kwansuise vreemde mal mens wat gelag het terwyl hy almal doodkap en toe seker oorval was met simpatie vir Henri en hom toe los om homself maar n paar krapmerke te gee nie. Kom ons vergeet die oproep aan die nood dienste- ek meen, wie lag nie as sy hele gesin sopas voor hom brutaal vermoor is nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.