Dr. Marianne Tiemensma het Dinsdag getuig die Van Breda-gesin het uitgebreide “kapwonde” gehad terwyl Henri se wonde oppervlakkig was. Sy het gesê Henri se wonde is nie met dieselfde bedoeling en krag toegedien nie en dat hy geen beserings opgedoen het wat lyk of hy homself moes verdedig nie.
Van Breda (22) word daarvan beskuldig dat hy sy pa, Martin van Breda (54), ma, Theresa (55), en broer, Rudi (22), op 26 Januarie 2015 met ʼn byl in die gesin se huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch vermoor het. Sy sussie, Marli (toe 16 jaar oud), het die aanval oorleef, maar ʼn breinbesering opgedoen en ly aan geheueverlies.
Tiemensma het verlede week getuig Henri se wonde was “oppervlakkig, gelyk in diepte en in areas wat bereikbaar is vir die persoon”. Sy het getuig dit is tipies van wonde wat self toegedien is.
Volgens Tiemensma pas Henri se pleitverduideliking oor wat volgens hom die aand van die moord gebeur het nie by die wonde wat hy opgedoen het nie. Henri beweer hy en ’n inbreker was in ’n struweling betrokke. Tiemensma meen egter in ’n “saak van lewe en dood” sou dit baie moeilik wees om “soortgelyke wonde” toe te dien.
Henri beweer ook dat hy die nooddienste eers ure ná die aanval gebel het aangesien hy sy bewussyn verloor het. Daar was egter geen teken van harsingskudding toe hy later deur ’n dokter ondersoek is nie.
Volgens Tiemensma moes Henri sowat 900 ml bloed verloor het om sy bewussyn te verloor. Harsingskudding sou ook net tot gevolg gehad het dat hy vir sowat ’n minuut lank sy bewussyn verloor het.
Tiemensma het gesê Henri se wonde lyk of dit met ’n mes toegedien is en dat dit ’n steekaksie, eerder as ’n sny-aksie was. Die wonde was op sy arms en bors.
“Wanneer iemand beseer word, verwag ’n mens die persoon sal wegtrek van die pyn. Jy verwag ook die volgende wond sal op ’n ander plek en met ’n ander hoek wees.”
Lees alle vorige berigte oor die bylmoorde-saak op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
22 Kommentare
Die Dr staaf maar net ons almal se vermoedens.
Ek dink die regter moet Dr Tiemensma se verklaring nie ligtelik opneem nie, want sy praat duidelik die waarheid. En sy weet waarvan sy praat.
Ek se ook so Hannelie.Maar iets omtrent die staan bekommerd my.Kan nie glohy word so beskerm nie,vir wie blameer hy eintlik in die saak
Ek weet nie so mooi van die Adv van Henry nie. Hyt verlede week gese daar was geen drugs of alkohol in Henry se bloed. Maar toe dr van Zyl gister getuig hy het na drank geruik toe erken Adv Botha dat die vriend (voormalige kys van Marli) se ma vir hom iets gegee het na sy 1ste hospitaal ondersoek. So….dink wat jy wil! En hyt ook gese dat die reuk van die vorige aand se wyn was wat die gesin geniet het. Liewe hel, hoeveel wyn moet mens drink om nog die volgende aand na wyn te ruik. Maak… Lees meer »
Ek glo dat hy sy bewussyn verloor het. Drank kan nogal ‘n mens maak dat jy jou bewussyn verloor, ne