Bylmoorde: ‘Henri se wonde nie dieselfde as res van gesin nie’

Henri van Breda in die hof. Foto: Skermskoot/eNuus-video

’n Forensiese kenner het in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig daar was ’n “sterk kontras” tussen Henri van Breda se wonde en die beserings wat die res van sy gesin opgedoen het.

Dr. Marianne Tiemensma het Dinsdag getuig die Van Breda-gesin het uitgebreide “kapwonde” gehad terwyl Henri se wonde oppervlakkig was. Sy het gesê Henri se wonde is nie met dieselfde bedoeling en krag toegedien nie en dat hy geen beserings opgedoen het wat lyk of hy homself moes verdedig nie.

Van Breda (22) word daarvan beskuldig dat hy sy pa, Martin van Breda (54), ma, Theresa (55), en broer, Rudi (22), op 26 Januarie 2015 met ʼn byl in die gesin se huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch vermoor het. Sy sussie, Marli (toe 16 jaar oud), het die aanval oorleef, maar ʼn breinbesering opgedoen en ly aan geheueverlies.

Tiemensma het verlede week getuig Henri se wonde was “oppervlakkig, gelyk in diepte en in areas wat bereikbaar is vir die persoon”. Sy het getuig dit is tipies van wonde wat self toegedien is.

Volgens Tiemensma pas Henri se pleitverduideliking oor wat volgens hom die aand van die moord gebeur het nie by die wonde wat hy opgedoen het nie. Henri beweer hy en ’n inbreker was in ’n struweling betrokke. Tiemensma meen egter in ’n “saak van lewe en dood” sou dit baie moeilik wees om “soortgelyke wonde” toe te dien.

Henri beweer ook dat hy die nooddienste eers ure ná die aanval gebel het aangesien hy sy bewussyn verloor het. Daar was egter geen teken van harsingskudding toe hy later deur ’n dokter ondersoek is nie.

Volgens Tiemensma moes Henri sowat 900 ml bloed verloor het om sy bewussyn te verloor. Harsingskudding sou ook net tot gevolg gehad het dat hy vir sowat ’n minuut lank sy bewussyn verloor het.

Tiemensma het gesê Henri se wonde lyk of dit met ’n mes toegedien is en dat dit ’n steekaksie, eerder as ’n sny-aksie was. Die wonde was op sy arms en bors.

“Wanneer iemand beseer word, verwag ’n mens die persoon sal wegtrek van die pyn. Jy verwag ook die volgende wond sal op ’n ander plek en met ’n ander hoek wees.”

Lees alle vorige berigte oor die bylmoorde-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Hannelie ·

Ek dink die regter moet Dr Tiemensma se verklaring nie ligtelik opneem nie, want sy praat duidelik die waarheid. En sy weet waarvan sy praat.

Genieve ·

Ek se ook so Hannelie.Maar iets omtrent die staan bekommerd my.Kan nie glohy word so beskerm nie,vir wie blameer hy eintlik in die saak

Ekke ·

Ek weet nie so mooi van die Adv van Henry nie. Hyt verlede week gese daar was geen drugs of alkohol in Henry se bloed. Maar toe dr van Zyl gister getuig hy het na drank geruik toe erken Adv Botha dat die vriend (voormalige kys van Marli) se ma vir hom iets gegee het na sy 1ste hospitaal ondersoek. So….dink wat jy wil! En hyt ook gese dat die reuk van die vorige aand se wyn was wat die gesin geniet het. Liewe hel, hoeveel wyn moet mens drink om nog die volgende aand na wyn te ruik. Maak nie sin.

Ja nee ·

Ja nee, Ekke, ekke stem saam met jou. Die advokaat gaan nou lekker in sy eie klei trap. verder maak dit my vies as hy nou vir die 1ste dokter (wat Henry 1ste gesien het by die Medi kliniek, wil laat verstaan, maar hy was angstig en nadat hy iets gekry het, hy kan dit 1000 x vir haar sê, dit het niks met haar en haar bevindinge uit te waai nie. Slegs toe sy hom sien en weer sien). Advokaat Botha, ek weet dit is jou werk, brood en botter, maar ek vra mooi, hê die nodige respek wat jy verwag van ander teenoor jou, vir die dokters, hul is eerbare mense en red lewens, alle ander getuies. Ek weet dit is net prosedure om hom dalk los of met minder straf te kry, maar op die ou einde van die saak is dit ook jou siening en presepsie, ek dink nie jy sal met dit kan saamleef nie.

A ·

Ek glo dat hy sy bewussyn verloor het. Drank kan nogal ‘n mens maak dat jy jou bewussyn verloor, ne

Eish ·

Verskriklike nare ding, die waarheid. Slegte gewoonte om altyd kop uit te steek as jy genoeg krap waar dit nie jeuk nie. Sterkte aan die regter wat die feite en verdigsels moet onderskei en dan n beslissing vel!

Lynette ·

Ekke, hulle het die aand wyn gedrink en hy was die oggend, n paar ure daarna, by hospitaal, nie eers die vlg aand nie.

Patrys ·

Gisteraand op e nuus is gesê hy het eers die volgende aand hospitaal toe gegaan om sy “wonde” te laat behandel. Net daarna is die Dokter gevra om ‘n alkohol en dwelmtoets op hom te doen. Nou is my vraag dit: wat help dit hul toets hom eers die volgende aand vir drank en dwelms?

Mielie ·

Mnr. die aanklaer. Jy moet wakker staan in die saak en die geval met mede aanklaers asook die ondersoek beampte bespreek vir nuwe opinies. Hier slaap ‘n haas wat onverwags uit die hoed geruk kan word want hy sal nie self daar uitklim nie.
Sterkte aan die staat se regsspan

'n Vrou ·

Die staatsaanklaer is Advokaat Galloway, ‘n vrou. Sy ken haar storie!!!

Almal was goed ·

Al die getuies was goed en regtig dapper, hul kon soos meeste stil gebly het, ek weet hoe dit voel om te gaan getuig vir reg en geregtigheid. Op stadiums voel jy om alles net te los, jy is heeltyd op jou senuwees en jy het niks verkeerd gedoen, jy wil net hê die hof moet die regte inligting kry en hanteer. Dan om jou ma teen die advokate te staan, is nie ‘n grap, woord persepsie verskil van mens tot mens en advokate is meesters om dit te gebruik en misbruik. Daarom is ek opreg trots op elkeen wat sover getuig en hul man gestaan het. Op die einde van die dag moet die Regter & hof kyk na al die getuies en as al die getuies se stukkie getuie bymekaar gevoeg word, gaan dit ‘n legkaart gee van wat werklik gebeur het en kan die hof die bepaling doen. Great job well done elkeen, vir die res wat nog kom, berei jou voor, jy is nie die skuldige, antwoord net vrae rondom jou getuienis, moenie toelaat dat ‘n slimmetjie woorde in jou mond plaas nie. Moenie toegee by dalk so of dalk nie, dit is kanse vat.

Hou op ·

Henry & familie, hou asb op staatsgeld en vermoorde mense se geld mors.

cor ·

Wat sal ons se die kriminele, moordenaar en verkragters loop los rond in hierdie land, hulle kom en gaan net soos hulle wil , dit is nou volgens al die beskuldigdes in soortgelyke sake se verklarings. Wetteloosheid moet die skuld kry in die plek van jare se onreg en verkleinering omdat een nie aan ander se verwagtings voldoen nie.

Huiswerk ·

Hulle almal trap klei.Niemand het hulle voorbereiding oordentlik gedoen nie. Dit is tog duidelik.

Anon ·

Ek voel egter dat die redes of altans die “verklaaring” wat Dr Tiemansma gegee het vir Henry se “onbewustheid” is nie heeltemal voldoende nie. Daar kon verskeie redes wees waarom Henri moontlik uitgepaas het. Alhoewel ek die aspek van die harsingkudding verstaan voel ek egter die liggaam beleef wel skok in so ‘n situasie en kan dan lei tot min suurstof na die brein wat dan lei na onbewustheid. Die verskeie steek wonde op sy bors en arms “volgens dr Tiemansma” pleis ook nie vir my heeltemal lekker nie, omrede as iemand van voor af kom, aangehardloop, met n mes, gaan jy hom probeer keer. Die kans is goed dat hy egter n paar steek wonde gaan opdoen in die situasie, veral as iemand hom van voor aanval. Baie van die bewyse, wys egter na Henri. Ek aan die ander kant glo daar is wel meer as twee kante aan elke storie.

Frik ·

As jy veg vir jou lewe dan keer jy met jou hande en in die proses doen jy diep steekwonde op aan jou hande. ?? Geen diep wonde …geen wonde wat steke verg? In die Oscarsaak het ons gesien hoe gelieg word en die advokaat se dubbeltap en toe verskil Oscar hiermee. Wie lieg??

Emosie ·

Vir die van julle wat al geluister het na die band opname tussen die beskuldigde en die nooddienste toe die oproep gemaak is asook oplet wanneer die beskuldigde op die nuus verskyn,vra ek die volgende.
1. Sou jy in soortgelyke geval so kalm op die telefoon?
2. Sou jy so min emosie toon indien feitlik jou hele gesin uitgewis is?

Sterkte vir almal en die wat met hul eie gewete moet saamleef. Dis as hul een het…

Stem saam ·

Stem saam Emosie, geen gewete, hulle moet net ophou om belasting geld en die vermoordes se geld mors, dit kan deur Marlik of familie met behoefte aangewend word.

Bs ·

H stoei met die aanvaller….neem dan die byl af …..gooi ook sommer die aanvaller daarmee…en daarna vind hulle geen vinger afrukke op die byl…..

Tina du Toit ·

Ek stem saam met Emosie. Hy was te kalm toe hy die oproep gemaak het. Dis nie normaal nie, of is ek die enigste persoon wat histeries uitgeroep het op Zello vir hulp die aand met ons aanval. Ek het geskreeu en gehuil, uitgeroep vir hullp. Kyk hoe lank het hulle gesukkel om die regte adres te kry en nog steeds na al die tyd was hy so kalm. Verseker klink dit nie reg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.