Bylmoorde: ‘Henri was baie emosioneel’

Henri van Breda in die hof. Foto: Skermskoot/eNuus-video

ʼn Emosionele Andre Rudolf du Toit, Henri van Breda (22) se oom, het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig oor die oggend waarop hy na die Van Breda’s se huis ontbied is ná die moord op drie lede van die gesin.

Van Breda word daarvan aangekla dat hy sy pa, Martin van Breda (54), ma, Theresa (55), en broer, Rudi (22), op 26 Januarie 2015 met ʼn byl in die gesin se huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch vermoor het. Sy sussie, Marli (toe 16 jaar oud), het die aanval oorleef, maar ʼn breinbesering opgedoen en ly aan geheueverlies.

Du Toit, Theresa se broer, het gesê hy het op 27 Januarie 2015 ʼn oproep van die landgoed se bestuurder gekry dat hy na sy suster en haar gesin se huis moet kom. Hy het gesê hy is nie ingelig waarom nie. Volgens hom het hy Bothasig omstreeks 09:00 verlaat en het hy omstreeks 10:00 by die huis op die landgoed aangekom.

Volgens hom het hy by sy aankoms talle polisievoertuie voor die huis gesien en toe agtergekom dat iets ernstig fout moes wees. Hy het homself aan die polisie voorgestel en is toe ingelig Henri is na die polisiestasie geneem en Marli na die Mediclinic Stellenbosch.

Du Toit is oorval deur emosie toe hy gevra is om te getuig oor die oomblik toe hy van Martin, Theresa en Rudi se dood uitgevind het. “Ons was die enigste familie wat hulle gehad het in die Kaap,” het Du Toit gesê.

Sonja, Du Toit se vrou, het die dag ná die moorde by hom aangesluit waarna hulle na Marli toe is. Hulle is meegedeel dat Marli na die Mediclinic Vergelegen oorgeplaas gaan word omdat sy glo beter behandeling daar sou kry.

Die egpaar is toe na die polisiestasie in Stellenbosch om Henri te besoek, maar is toegang tot hom geweier. “Ons mag hom nie gesien het nie en is toe weg by die polisiestasie,” het hy gesê.

Du Toit het getuig hulle mag ook nie vir Henri kos of klere gegee het nie en het eers later uitgevind hy was nie by die polisiestasie nie, maar wel by die speurders se kantoor. Dit het later aan die lig gekom dat Henri se vriendin en haar gesin vir hom klere geneem het.

Du Toit het verder getuig dat hy Henri later by James Reade-Jahn, Marli se destydse kêrel, se huis gesien het. Du Toit het gesê hul gesprek was baie emosioneel.

“Ons het nie veel gepraat nie. Henri hakkel as hy vinnig praat so toe ek hom sien het hy baie stadig gepraat om alles te verduidelik,” het Du Toit getuig.

Volgens Du Toit het Henri versoek om by Reade-Jahn se huis te bly omdat dit nader is aan die hospitaal waar Marli behandel is.

Die binneverhoor in die moordverhoor van Henri van Breda is Maandag die Wes-Kaapse hooggeregshof hervat.

Die moordverhoor is tydelik onderbreek omdat Van Breda (22) se regsverteenwoordiger versoek het dat regter Siraj Desai moet bepaal of die verklaring wat Van Breda op 27 Januarie 2015 afgelê het, toelaatbaar is of nie.

Lees alle vorige berigte oor die bylmoorde-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Ai ·

Sjoe, ekt so ruk terug begin wonder of Henri en die eks-kerel nie saamgewerk het nie. Nou voel ek dis heel moontlik die geval. Kan niks van M se nie want om een of ander rede beskerm die Media haar.

Sandra ·

Nogal ook so gedink hoor. ek dink sy is te bang om te se wat sy onthou.

Ai ·

Ja Sandra, soos dinge ontvou klink dit beslis of hier meer is tot die storie. Ek kan nie glo dat die selfoon nog nie opgebring is nie. Dit was herhaaldelik in die begin gerapporteer dat een van die selfone wat in die huis gevind is gebruik was om enkele ure voor die voorval, n bylmoord op te soek. Sekerlik moet die staat al weet aan wie die foon behoort het?

Nivea ·

Ek wil ook so graag weet hoekom die dogter M so in die geheim gehou word. Soos ek verstaan onthou sy nie, nou wat ek wil weet onthou sy net nie daardie aand nie, of onthou sy sekere ander goed ook nie? Of verkies sy om nie te onthou nie?

zis ·

Die saak kan maar ook gerus tot `n einde kom. Hulel weet mos seker al by die tyd wie die skuldige is.

Genieve ·

Elke dag net n nuwe storie,maar die waarheid moet uitkom en staat beskerm hom netso.

Ekke ·

Stem saam met Ai. Die kerel het nogal sy ma gebel vanaf skool sodat sy moet gaan kyk wat by
die Van Bredas aangaan, want Marli antwoord nie. NATUURLIK handskoene gedra!

Katryn ·

Aai aai! Mense!! Julle het hom reeds as “skuldig” afgeskryf!! Was julle daar? Het julle dit gesien? Moenie oordeel nie! Want met die oordeel waarmee julle oordeel sal julle ook geoordeel word!

Dirkie ·

Joh Katryn, so jy se die student van die PereL wat sp wreed vermoor is se moordenaars van wie 4 gevang is kan maar op borg Los gelaat word want hulle is nog nie skuldig bevind nie. Wat van die motor in hul besit etc. Die van Breda kerel se wonde hoor jy stem nie ooreen met sy storie nie. Gaan luister sy oproep dai oggend na die noodsentrum jy sal dalk dan anders voel. Nikse gehakkel nie; kalmer as ek en jy.

LMF ·

Is Henry nou geregtig op sy erfgeld tot hy skuldig bevind word want iemand moet sy prokureur betaal en glo my hy kom nie cheap nie want volgens my moet hy eers ‘onskuldig’ bewys word voor hy kan aanspraak maak op enige erfgeld en ek gaan liewers nie verder my mening lig nie ek kyk hopeloos te veel crime op TV

Ezanne Kleynhans ·

LMF, gaan lees bietjie meer oor “die bloedige hand neem geen erf” beginsel. Gaan kyk wel wat gebeur het in die saak van Steenkamp in Kimberley, glo dit sal jou ‘n antwoord kan gee.

Dewald ·

Katryn, asb moet nie met oogklappe deur die lewe gaan nie. Dink liewers aan die oorledenis en nie aan die gewetenlose moordenaar nie.

Nico ·

Klink vir my of Henry se oom goeie wenke opgetel het in die Oscar show met sy emosie.

Ouvrou ·

Hierdie hele saak is ‘n verdigsel van die polisie. Te sleg om ‘n skuldige te kry nou kook hulle hierdie fabel. Ek is afgetree maar dié saak soos hy nou daar uitsien is al so diep gesink die borrels is nie eers meer sigbaar op die oppervlak nie. Ek vererg my ook so vir al die vieslike kommentaar van al die super slim jannies en Sannies hier dat ek nie meer hierdie storie gaan volg nie.

Oops ·

Ek kan regtig net met groot oê vol skok sit vir die kommentaar. Dit is meer verbeeldingryk as Henri se pleit. Sjoe, die mannetjie kry vir hom regshulp, want die Polisie frame hom……. hehehe gaan kuier by Deon Meyer om hom met fabels en misdaad stories te help, o nee selfs hy sal dit nie kan gebruik, sy stories is meer realisties.

Brian ·

Omtrent niks is gese van Marli nie. Ek dink die sleutel le by haar? Ek het geen inligting in verband met Henri se verlede nie. Was hy ‘n humeerge ou of nie….was hy ‘n kalm ou. Ek weet nie wat sy gemoeds toestand was in die verlede nie. bitter min inligting is gegee deur die media. Miskien ‘n geldmaak storie vir die prokurers, soos Oscar Pistorious se geval.

Ammie ·

Hoekom wou hy na aan die hospitaal gewees het waar Marli gelê het? Was hy bang sy onthou iets?

Ekke ·

Ja en het hy nou regtig gedink hy sal haar die volgende dag kan “besoek” met die wonde wat haar toegedien is. Ag, foeitog!

Ek stem saam ·

Ek stem saam Ammie, hy wou of kyk of sy onthou of gaan klaarmaak……..

Absoluut verstom ·

Ek is absoluut verstom dat die Oom kan getuig oor sy emosies as hy hom glad nie kon sien eers die aand. Verder om ‘n bier te drink na so wrede aanval (kom ons sê jy was werklik net ‘[n slagoffer) is so onrespekvol soos die hele gebeurtenis. My hart lê by 4 mense wat geen reg op lewe en veiligheid gehad het nie. Goeie mense……..

Probeer loskom ·

Probeer loskom uit ander se taal probleem is verrregaande. Die reg moet oor reg en verkeerd gaan, dit is hartseer dat beamptes wat hul werk doen as oneerlik en kriminele afgemaak word om werklike kriminele se bas los te kry.

Genieve ·

Ek wil graag weet vir wie maak hy al dai notas. Hyt nog geen eers emosie getoon oor sy ouers wat dood is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.