Bylmoorde: Henri was vriendelik, joviaal by die hospitaal

Henri van Breda in die hof (April 2017) Foto: Catherine Rice/ANA

Henri van Breda was volgens getuienis “vriendelik en joviaal” en het glo kalm en selfversekerd voorgekom toe hy ná die Stellenbosch-bylmoorde saam met ʼn vriend na die hospitaal is.

Dr. Michelle van Zyl het Maandag aan die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê sy het ook nie pynmedikasie vir die 22-jarige voorgeskryf nie.

Volgens haar verslag het sy asem effens na alkohol geruik.

Van Zyl sê Henri het ʼn snywond aan die linkerkant van sy buik gehad, maar hy het nié steke vir die wond gekry nie omdat dit nie diep genoeg was nie. Hy het ook krapmerke op sy linkervoorarm gehad en ʼn kneusplek op sy bors wat nie gebloei het nie.

Sy het hom ontslaan, maar die polisie het haar later gevra om hom weer te ondersoek nadat hulle gesê het Henri is ʼn verdagte in die moord. Hy was sowat ʼn uur later weer daar waartydens sy bloed getrek het.

Van Zyl sê hy was “100% georiënteerd” toe sy hom die tweede keer gesien het, maar nie so vriendelik soos die eerste keer nie.

Met sy tweede besoek was albei sy oë opgeswel. Sy het egter aan die hof gesê dat wonde ʼn rukkie kan neem om vorm aan te neem op die liggaam, veral as dit nie diep is nie. Sy het egter bevestig dat hy geen teken van harsingskudding getoon het nie.

Van Zyl het verder ook gesê hy was hoegenaamd nie emosioneel nie.

Die saak is tot Dinsdag uitgestel wanneer dr. Marianne Tiemensma, ʼn deskundige in forensiese patologie en kliniese forensiese ondersoek, sal getuig.

Sy het voorheen getuig die beserings wat Henri op die dag van die bylmoorde opgedoen het, lyk grotendeels asof dit self toegedien is.

Van Breda (22) word daarvan beskuldig dat hy sy pa, Martin van Breda (54), ma, Theresa (55), en broer, Rudi (22), op 26 Januarie 2015 met ʼn byl in die gesin se huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch vermoor het. Sy sussie, Marli (toe 16 jaar oud), het die aanval oorleef, maar ʼn breinbesering opgedoen en ly aan geheueverlies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Ai ·

Hoe meer ek die man sien hoe meer dink ek hy het nie alleen gewerk nie. Daar was geen sekuriteitskameras maar ook geen teken van n inbraak nie.

Het hulle nog nie die selfoon bespreuk wat gevind is op die toneel waarop daar n bylmoord opgesoek is net voor die gebeure plaasgevind het nie?

Dis mos “key evidence” of hoe?

Bollie ·

Dink nou net as hy onskuldig bevind word en na die hofsaak begin Marli alles onthou en Henri is eintlik die moordenaar. Wat dan, hy kan nie weer verhoor word nie.

Claudia ·

En as Henri nie die moordenaae is? Sê nou dit is die boyfriend? Van Marli?!

Cherokee ·

Maar wat as die saak as onbewys afgesluit word. Dan sal dit waarskynlik later voortgesit kan word.

Ekke ·

Weet julle wat? Hy is dalk heeltemal onskuldig! Party se sy asem het na drank geruik en ander se dit het nie! Party se sy wonde was self gemaak en hy se ‘n ou het dit toegedien? Daar is niemand wat rerig sal weet nie behalwe hy! En se nou hulle vind hom skuldig en hy is nie? Wat dan? Wat van die ou met die klapmus? En die gate waardeur iemand die perseel kon binnedring ? Soveel vrae met nog geen antwoorde nie! Wag en sien!

Veldmuis ·

Hoe seker is hulle die Marli lei aan geheue verlies??? Hoe is dit moontlik dat sy ABSOLUUT NIKS kan onthou nie????

Ai ·

Jong dis heel moontlik dat sy wel het aangesien sy met n byl gekap is…. Probleem is dit lyk my selfs in hofsake kan mediese personeel waarhede verdraai. Die staat se mediese mense se een ding en die verdediging se mense se n ander- kyk na O.P se saak, kyk na Henri se “wonde”. Iemand jok en iemand praat die waarheid want altwee kanse kan nie waar wees as een se die wonde is self gedoen en die ander se nee dis nie self gedoen nie.

Ek begin al meer dink hy het nie alleen gewerk nie maar of sus deel was.. Miskien, maar ek dink hulle kan gerus maar die eks kerel ondersoek.

ANNA ·

Dis is baie moontlik dat sy niks kan onthou nie, ek was 30jaar gelede in ‘n motorongeluk en het
nie eens baie ernstige hoofbeserings opgedoen nie, maar toe ek 2 weke later my bewussyn herwin, kon ek niks van die ongeluk of die dag van die ongeluk onthou nie. Ek kon nie onthou
saam met wie ek in die motor was nie of wat voor die tyd gebeur het nie, dit was net daardie
een dag wat ‘n “blank” is. Die dokters het daardie tyd gesê dat erge trauma dit kan veroorsaak, jou brein beskerm jou soort van en die kanse dat jy ooit sl onthou, is baie skraal.

Gewetenloos ·

Geen emosie, joviaal, ek stem teksboek geval. Iewers gaan jou sondes jou inhaal. Ek hoop werklik al sy klomp regslui het respek vir hierdie eerbare getuies. Moenie eerlike mense se woorde en siel afbreek om so gewetenlose psigopaat te help nie! Sterkte aan die dokters en Advokaat Galloway

Middelburger ·

Volgende wat hulle gaan aanvoer is die polisie het hom aangerand dit is hoekom die swelsels eers na d tweede besoek waargeneem is.

Hennie ·

Johann. Ek stem 100% met jou saam! Ek kan eenvoudig nie begryp dat die “reg” só onbevoeg is nie?

Ai ·

Hennie, dis nie so seer net onbevoegdheid nie maar n kombinasie van onbevoegdheid aan een kant en geld wat praat aan die ander kant.

Genieve ·

hoekom maak hy notas ini beskuldige bank,hy lyk nie soos een want sy families mis nie,..n groot slang iewers ini bos.

Magda ·

Ons kan almal dink wat ons wil – maar GOD slaap nie – Hoop net sy lewe is reg voor hy voor daai GROOT STOEL moet staan.

SARIE VAN HEERDEN ·

Die berigte dat die Van Breda jongman onemosioneel was en geen trane gestort het tydens die voorval nie verwys: Mense demonstreer persoonlike gevoelens op verskillende maniere. Kyk hoe gaan mense van ander kulture tekere, val flou, skree, en trane loop onbeheersd teen die gesig af, terwyl ons ander dit heeltemal anders en beheersd openbaar.

CAROL ·

Claudia, jinne ek gaan nogals saam jou stem, maar ek wonder of die 2 dit nie saam gedoen het nie.

FRANCIS LINSTROM ·

Ek veroordeel niemand nie maar het al menigte mense wat gedrink het se asem geruik. Ek dink egter dat n knoffelasem ook soos n drankasem ruik. Vraag, is daar monsters geneem van wat onder die naels van die oorledenes, Marli en die verdagte was?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.