Bylmoorde: Hof hoor broer, pa sterf nie dadelik

Henri van Breda in die hof (April 2017) Foto: Maroela Media

WAARSKUWING: Die besonderhede in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers of kinders ontstel.

Dr. Daphne Anthony, die forensiese patoloog wat die nadoodse ondersoek op die slagoffers van die Stellenbosch-bylmoorde gedoen het, het Donderdag oor die oorledenes se noodlottige beserings in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig.

Die 22-jarige Henri van Breda het gedurende Anthony se getuienis met sy kop gebuig gesit. Regter Siraj Desai het hom toestemming verleen om so ver na agter as moontlik te sit sodat hy nié foto’s van die gesin se “grusame beserings” hoef te sien nie.

Anthony het aan die hof gesê die nadoodse ondersoek het gewys dat Rudi, Henri se ouer broer, en Martin, sy pa, waarskynlik nie onmiddellik gesterf het nie en moontlik ook erge pyn ervaar het. Sy het gesê Theresa, Henri se ma, is moontlik die enigste slagoffer wat “redelik vinnig” gesterf het.

Volgens haar ondersoek het Rudi bloed in sy maag gehad – ʼn bewys dat hy nie onmiddellik gesterf het nie omdat hy bloed moes gesluk het.

Daar was aanduiding van “eksterne skerp en stomp trauma aan sy hand”. Die pinkie aan sy linkerhand het selfverdedigingsbeserings getoon en die nael van dié vinger was losgeskeur, wat daarop dui dat hy homself teen die aanvaller probeer beskerm het.

Sy het gesê los stukkies been, asook die onderliggende breinweefsel kon met die blote oog gesien word. Sommige van die wonde was aan die linkerkant van sy nek en slaap asook op die boonste gedeelte van sy kop. Daar was diep snye in sy brein, terwyl hy ook verskeie skedelfrakture gehad het wat ook skade aan die brein veroorsaak het.

Anthony het gesê die aanvaller sou sterk genoeg moes wees om die byl te kon hanteer.

Anthony kon nie aan die hof sê presies hoe lank Rudi ná die aanval geleef het nie, maar glo hy het “ʼn ruk lank” geleef. Op ʼn vraag van regter Desai het Anthony gesê Rudi het waarskynlik pyn ervaar aangesien hy net semi-bewusteloos sou wees.

In haar nadoodse ondersoek het sy ook bevind Martin het weens erge kopbeserings gesterf. Sy het gesê hy het egter geen tekens van selfverdediging getoon nie, wat daarop dui dat die aanvaller hom onkant betrap het. Hy het bloed in sy longe gehad wat daarop dui dat hy nie onmiddellik gesterf het nie. Hy het verder kapwonde aan die agterkant van sy skedel en aan weerskante van sy kop gehad. Volgens Anthony is hy waarskynlik van agter aangeval.

Theresa het ook “skerp en stomp trauma”-beserings teen haar kop opgedoen. Anthony het gesê sy het ʼn verdedigingswond aan haar hand gehad wat beteken sy het probeer om haarself tydens die aanval te beskerm. Sy het kneusplekke aan haar neus gehad wat moontlik daarop dui dat sy vooroor geval het. Theresa het ook talle kapwonde, erge bloedverlies, ʼn breinbesering en skedelbreuke opgedoen.

“Verskeie los stukkies skedel was teenwoordig en kon met die blote oog gesien word. Die skade aan die breinweefsel kon ook met die blote oog gesien word.”

Anthony het gesê sy vermoed Theresa se gesig was na die aanvaller gedraai toe sy aangeval is. Sy het gesê daar was geen aanduiding van bloed in haar longe of maag nie, wat daarop dui dat sy “redelik vinnig” gesterf het.

Van Breda (22) word daarvan beskuldig dat hy sy pa, Martin van Breda (54), ma, Theresa (55), en broer, Rudi (22), op 26 Januarie 2015 met ʼn byl in die gesin se huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch vermoor het. Sy sussie, Marli (toe 16 jaar oud), het die aanval oorleef, maar ʼn breinbesering opgedoen en ly aan geheueverlies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Genieve ·

Interesant neh..di regter moet dan uka kyk na di fotos sodat hy kan sien waarvan die mense praat.Dis nie goed wat hulle uit hul duime suig nie,en ek wens die verhaal kan regtig na n kant toe gaan en Henri die waarheid begin praat.

Heidi ·

Waarheid volgens wie? Maak nie saak wat hy sê nie niemamd glo hom nie. Mense wil net hê hy moet sê dit was hy. Ek haat sosiale netwerke. Vind hom skuldig voor sy onskuld bewys kan word. Ek bid eerder dat sy sussie haar geheu herwin sodat sy kan sê wat werklik gebeur het, sodat die storie kan einde kry. As hy skuldug bevind word, so be it, maar solank dit nog nie gebeur het nie moet almal ouphou regter speel. Laat die gereg sy gang gaan.

LB ·

Hoe wens ek nie dat hy alreeds die waarheid praat en dat ‘n ander skuldige vorendag sal kom nie, een wat ingesluip en weer ongesiens uitgesluip het sodat Henri skuldig moet lyk nie. ‘n mens kan Henri nie net skuldig bevind voordat dit onomwonde bewys is nie. Om ” net nog iemand” te vermoor is verskriklik, maar jou eie mense is ondenkbaar! Ek kan nie glo daardie fynopgevoede goeie gesig man kon dit doen nie.

sarie ·

Genieve. Hoe bedoel jy? Die regter kyk mos na die fotos in hof. Daar is aan Henri toestemming gegee om agter te sit.

rafel ·

Hoe gruwelik. Die arme mense…niemand verdien om so n gruweldood te sterf nie…behalwe die moordenaar self…party misdadigers is die duiwel self.

Genieve ·

Sarie ek praat van die 2de paragraaf jamer drukfout gewees.Hy Henri moet reeds die grusame fotos sien.

Ekke ·

Ek verstout my om te se. Al hierdie wonde sover is byl wonde. Waar het die mes ingekom? Moontlik het Marli gehardloop vir die mes om haarself te verdedig. Hoop so haar naelsmeer kan iets se.

A ·

Interessant dat hy slegs ‘n paar ligte snywonde op gedoen het. As ‘n moordenaar van buite 3 mense met ‘n byl aanval hoekom nou verander van wapen en die niks nut met ‘n mes aanval. Hy moes sy liegstorie nou mooi agter mekaar kry. Rym nie

Herman ·

Dit is seker die mees barbaarste daad wat gepleeg kan work. As jy n sterk maag het gaan google die “hammer killings in the ukraine” Ek dink nie ons besef werklik hoe erg dit is nie. Dan nie eens te praat van wat op die plase aangaan nie. Mag die waarheid uitkom en die skuldige vir die res van sy nikswerd lewe toegesluit bly.

Ai ·

Sjoe nee ek sal maar eerder nie dit opkyk nie maar daar’s n verskil tussen n hammer en n byl- Byl is skerp, hammer is stomp maar ja altwee kan afskuwelike wapens wees.

Heidi ·

Hulle laat hom toe om nie na die fotos te kyk nie omdat hulle nie seker is of dit hy was nie. Oscar was van die begin af die een wat die sneller getrek het. Hy is onskuldig tot hy skuldig bevind is deur die hof. Nie omdat die gemeenskap hom skuldig bevind het nog voor hy homself kon verdedig nie.

Juan ·

Dis interesant dat mense nie die berig oordentlik lees voor hulle komentaar lewer. Asb tog lees eers.

al ·

Dwelmgebruikers is tot enig iets in staat. Raak psigoties ook.

Boertjie ·

Dalk was dit die drug dealers self vir wie hy dalk geskuld het,,,,,, mens weet nooit nie

ekke ·

7jaar later .kan hy nou onthou wat daai tydgebeur het.dis onregverdig dat n kind wat nou as grootmens moet verhoor word.as julle by was en se dit is hy dan moet hy soos n kind gestraf word en nie soos n grootmens nie.

Louise ·

Het Marli regtig geheueverlies of is sy bang om te praat?…….

Dudley ·

Ek wonder ook. Sou graag wou weet wat sy sou sê indien sy weer haar geheue terugkry.

Dalk dalk ·

Dalk het hy geweet hulle lewe nog, dis hoekom hy so lank gevat het om die noodnommers op te spoor en die ambulans te bel………

Dalk ·

Dalk het hy geweet hulle lewe nog en dis hoekom hy so gesukkel het om die noodnommers op te spoor en die ambulans te bel….

Lizelle ·

Ek is n polisie beampte en moes eenkeer n nadoodse ondersoek van n bende moord bywoon met soos wat beskryf word dieselfde beserings en ek moet sê dit is n afgryslike ding om te aanskou! Ek bid regtig dat die waarheid sal uitkom hier en dat Marli met haar lewe sal kan aangaan! Die ding raak so baie mense…direk en indirek!!!!

Anna ·

@ekke. Volgens my het dit 26 Jan 2015 gebeur. Dit is net so bietjie oor 2jaar. Hy is nou 22, was toe 20. Nie meer n kind nie.

Lollie ·

Indien hy skuldig bevind word moet hulle van hom ń voorbeeld maak sodat hierdie tipe van gesinsgeweld kan end kry! Dit is afskuwelik en skokkend dat mense dit aan ander kan doen. Hoop die waarheid kom vinnig uit

Lyn ·

@ekke Waar kom jy aan SEWE JAAR gelede? Goeie aarde, ek weet ons regstelsel is stadig, maar SO stadig is dit darem nie.

Wendy ·

Ai ons mense is darem wreed!!! Louise, het jy al ooit n ernstige kopbeserig op gedoen? Ek het tot nou toe nog geen idee wat met my gebeur het die dag toe ek n kopbesering op gedoen het nie en Dit is al 6 jaar gelede! Plaas n wag voor jul monde. Hierdie is n vreeslike dood wat die mense gesterf het! Henri gebruik ook dwelms. Dit se al klaar baie. Maar dit is nie ons plek om te oordeel nie. Laat dit gerus maar aan God oor.

jan van riebeeck ·

Daar is n hipnotiese metode waarmee die meisie se gehue herstel kan word , dit ou erg traumaties wees maar ek sou Henri daarmee dreig en kyk of hy sy bluf hou , want wie weet sy sussie stem dalk in en dan kom die volle waarheid uit

Blom ·

Wat het geword van die internet navorsing wat gedoen is op sy (Henry) se selfoon oor bylmoorde???? Lyk sekere inligting wat na die moorde in die media versprei is.. Het verdwyn in die wind na 2 jaar!!

LHS ·

Ek glo die antwoord sal verkry word in sy dwelm- en drank verbruik daardie aand, glo dit is waaroor die geskreeu daardie tyd van die nag ook gegaan het, pa het moontlik hom meegedeel dat sy sakgeld toelaag drasties ingeperk gaan word sodat hy en sy duifie nie meer permanent en heeldag in n dwaal sou kon wees nie. Mannetjie wat toe lankal hoog en gerook was vir die aand, het toe al die paar breinselle wat nog funksioneer het geheel en al verloor maar presies onthou waar die ou byltjie gebere was. Pleks hy slaan homself oor die kop, maar nee, besluit eerder om almal wat hom so onregverdig behandel en oor sy gewoontes kerm, vir ewig te straf. Die arme drommel hoort verseker nie in n tronk nie, eers rehabilitasie en daarna vir ewig en altyd in n gestig, want geen normale mens kan so iets aanvang nie. Enige normale persoon met nog enige enkele gesonde breinfunksies, wat wel so iets kan aanvang, sal in elk daarna al sy varkies verloor, so nie is hy n psigopaat wat in elk geval diep weggesluit moet word. Die addertjie van Griekwastad hoort eintlik ook nie in n tronk nie. LEWENSLANK GROENDAKKIES.

Stephnie ·

Ek wonder of Henri regtig onthou wat gebeur het. dit moes vir hom ook traumaties gewees het om sy gesin so te sien. Wat van hipnose dit kan hom moonlik help om alles te onthou en help om die skuldige te laat boet vir sy dade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.