Bylmoorde: Kameras nie toegelaat tydens eerste getuienis

Henri van Breda in die hof (7 Augustus 2017). Foto: Catherine Rice/ANA

Die moordverhoor teen Henri van Breda het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof hervat ná ʼn byna twee maande lange verdaging.

Die 22-jarige word daarvan beskuldig dat hy in Januarie 2015 sy ouers en ouer broer by die gesin se huis in die luukse De Zalze-landgoed in Stellenbosch vermoor het. Sy suster, Marli, toe 16 jaar oud, het die aanval oorleef.

Regter Siraj Desai het vroeër vanjaar, nadat Media24 ʼn aansoek ingedien het om die saak regstreeks uit te saai, gesê hy het nie ʼn beswaar teen die verfilming van die hofverrigtinge nie. Die staat en die verdediging is egter gekant teen die regstreekse uitsending en het die appèlhof in dié verband genader.

Lt.kol. Sharlene Otto, hoof- forensiese ontleder by die polisie se forensiese laboratorium. Foto: Catherine Rice/ANA

Die appèlhof het Desai se aanvanklike bevel ter syde gestel en die beslissing na hom terugverwys met ʼn riglyn of ʼn stel beginsels om te volg. Desai het op 3 Augustus beslis dat die media toegelaat sal word om die hofverrigtinge regstreeks uit te saai, tensy daar ʼn beswaar van ʼn spesifieke getuie, die verdediging of die staat is.

Die verdediging het Maandag beswaar aangeteken dat die eerste getuie se getuienis uitgesaai word. Lt.kol. Sharlene Otto, hoof- forensiese ontleder by die polisie se forensiese laboratorium, het getuig oor standaardbedryfsprosedures. Sr. staatsaanklaer Susan Galloway het aangevoer hierdie prosedures moet vertroulik bly. Regter Desai het beveel dat die kameras afgeskakel moet word tydens Otto se getuienis.

Otto het begin deur aan die hof te verduidelik hoe DNS werk. “In een spesifieke persoon is die DNS dieselfde vanaf die haarwortels tot by hul toonnaels. Ons het ʼn DNS-profiel vanaf die dag van bevrugting tot die dag wat ons sterf. Elke persoon se DNS is saamgestel deur 50% van sy ma en 50% van sy pa.”

Sy het aan die hof gesê ontleders word nie meegedeel uit watter sake die DNS-monsters kom waarmee hulle werk nie, maar werk “heeltemal objektief en blindelings”.

Otto sal na verwagting verder uitbrei oor die resultate van die DNS-monsters wat op die De Zalze-misdaadtoneel geneem is wanneer die hofverrigtinge hervat word.

Lees alle vorige berigte oor die bylmoorde-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

linda ·

Word die hofsaak op tv uitgesaai, indien wel watter kanaal?

Nico Strydom ·

Dagsê Linda
Dankie vir jou navraag. Sover ons weet word dele van die hofsaak deur Media24 se verslaggewers opgeneem en op hul webtuistes uitgesaai. Dit word nie regstreeks op televisie uitgesaai nie.
Baie dakie
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

gawie ·

Daar is baie DNA versamel maar geen onbekende DNA nie. Die DNA is almal van gesinslede. Mmmm, lyk nie goed vir Henri nie.

gawie ·

So die enigste manier dat die aanvaller(s) iemand anders kan wees, is as die aanvaller van kop tot toon gekleed was. Die probleem is egter dat DNA van sommige van die slagoffers onder Henri se naels gevind is en DNA van Henri onder die naels van sommige van die oorledenes. Henri meld ook nie in sy verklaring dat hy op enige stadium aan een van die oorledenes geraak het nie.

Genieve ·

Oral is Henri se DNS monsters gekry…gaan hy hier kan uitkom nadat hy alles ontken het,en sy suster se boyfriend wou betrek het met die gesinsmoord.

Genieve ·

gawie- die uitkoms is nou van belang wiet eintlik die moorde gepleeg.

Ekke ·

Dink dit is verdoemende getuienis. Die patoloog het getuig Teresa het dadelik gesterf, nou is haar DNS in die stort gevind. En soos Gawie se Hendri het nooit genoem dat hy enige een gekontak het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.