Bylmoorde: Kenner sê DNS-monsters is ‘ongeldig’

Henri van Breda in die hof (7 Augustus 2017). Foto: Catherine Rice/ANA

Dr. Antonel Olckers, ʼn DNS-kenner, het Dinsdag weer in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig in die moordverhoor van Henri van Breda.

Olckers het getuig dat die meeste van die DNS-monsters wat deur die polisie se forensiese laboratorium ontleed is, “tegnies ongeldig” is.

Sy het Maandag getuig dat sy slegs 151 van die monsters ontvang het, al is daar 216 by die toneel bymekaargemaak. Volgens haar is 128 van die 151 monsters ongeldig en kan net 23 as geldig beskou word.

Volgens Olckers is daar nie aan die standaard bedryfprosedures voldoen nie en het daar spesifiek by drie prosesse foute ingesluip wat die analise ongeldig maak.

Olckers het Maandag aan die hof gesê monsters van dieselfde saak moenie na mekaar in ʼn laboratorium getoets word nie, om die risiko van kruiskontaminasie te verminder.

Sy het verder gemeld dat die vervaldatum van Hemastix, ʼn middel wat vir bloedtoetsing gebruik word, nie op 32 van die DNS-monsters aangedui is nie. Olckers het ook gesê dié middel kan nie gebruik word as dit reeds verval het nie.

Olckers het gesê sy betwis die staat se DNS-kenner, lt.kol. Sharlene Otto, se bewering dat die “optimale resultate” van die DNS-monsters aandui dat die nie-nakoming van standaard besdryfsprosedures nie betekenisvol is nie.

Otto, die hoof forensiese ontleder by die polisie se forensiese laboratorium, het vroeër getuig dat daar geen onbekende DNS op die toneel gevind is nie.

Van Breda staan tereg op drie aanklagte van moord nadat sy ouers en broer in Januarie 2015 in die gesin se huis in die De Zalze-landgoed by Stellenbosch met ʼn byl vermoor is. Hy staan ook tereg op ʼn aanklag van poging tot moord op sy suster, Marli, wat die aanval oorleef het. Hy word ook van dwarsboming van die gereg aangekla.

Van Breda het skuld op al die aanklagte teen hom ontken. Hy beweer ʼn inbreker wat ʼn balaklawa, handskoene en donker klere aangehad het, het sy gesin met ʼn byl aangeval. In sy pleitverduideliking het hy beweer dat daar meer as een aanvaller was en dat hulle Afrikaans gepraat het.

Die saak is tot 16 Oktober uitgestel om die staat kans te gee om vir hul kruisondervraging van Olckers voor te berei.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sjoe! Wow ·

Ek hoop die dame het al haar “ducks ina row” op Maandag. Dit is ‘n groot aantyging om te maak. Dit verbaas my wat mense sal doen om groot geld te verdien. Ek hoop die regter mis nie die verskuilde dreigemente van die verdediging nie. As geldjies opraak moet mens nie eerlike mense se woord in twyfel trek soos teen die staat se getuies gesien is nie. Verder kan die man ook mos maar die stand vat…… dit gaan baie geld spaar!!!!!! Dit moet maklik wees, hy sê mos dit is nie hy, dan sal dit makliker sy onskuld bewys en hoef hy nou nie die baie geld te betaal sodat mense ander se karakters ensv aanval nie.

Ekke ·

Stem 100% saam. Nie die guts om op die stand te klim. Hy moes geweet het dit gaan BAIE geld kos.

zoom zoom ·

van Breda gaan nog vry gespreek word op al die aanklagtes teen hom

Genieve ·

Ek hoop regtig sys is reg vir Maandag want dit kan lang dag wees vir kruisondervraging

Domvraag ·

Is dit swak polisiewerk of dat kundiges duisende rande betaal word om foute te soek? Dis soos die sielkundige wat in n baie bekende moordsaak getuig het dat terwyl sy ma nog swanger was met hom, het hy reeds simptome van stress gehad terwyl nog in die baarmoeder. So 30 jaar gelede kon sy dit bepaal deur net n 30 minute konsultasie. Wonderlik hoe slim geld mens kan maak om kriminele los te kry en dan kla almal oor die hoë vlak van misdaad??

Deloris ·

Middie, jy vat die woorde so uit my mond……. SAP swak swak swak dis n skande. Geen ander monsters opsie toneel, maar hulle vind fout met monsters…… pffffft. En die klomp bloed op vB se klere?……. pfffft

Babsie ·

Dieselfde advokaat het Shrien Dewani los laat kom weens swak Sap. bewyse en almal weet hy was skuldig. Al vat dit n leeftyd sal die skuldige voor die Groot Regter staan.

Babsie ·

Dieselfde advokaat het vir Shrien Dewani laat loskom weens swak Sap ondersoek. Ek glo hy was skuldig. Nou hier is dieselfde geval. Een ding weet ek verseker en dit is al vat dit n leeftyd hulle gaan voor die Groot Regter staan

Stofskoen ·

Wat as die “Groot Regter” sê hierdie ou is onskuldig?

Al wys alles na hom toe as skuldige (hoekom so dom wees om dit nog te ontken), wie weet regtig?

Mauzi ·

Ag laat die man tog vry…en spaar die belastingbetalers se geld! Daar is orals loopholes en op die einde gaan hy wegkom. Selfs al sou hy dit erken,dan sal sy advokate seker weer sê nee die polisie het nie sy regte in al die amptelike tale voorgelees nie. Blêrrie belaglik hoe misdadigers wegkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.