Bylmoorde: ‘Marli se lewe sal nooit weer dieselfde wees’

Henri van Breda. Foto: AP Photo/Nasief Manie

Die staat het Dinsdag in die hooggeregshof in Kaapstad aangevoer dat Marli van Breda sal moet leef met die wete dat haar broer hulle gesin uitgewis het.

Henri van Breda het Dinsdag weer in die hof verskyn nadat regter Siraj Desai hom verlede maand skuldig bevind het aan die brutale moord op sy ouers, Martin en Theresa, en sy ouer broer, Rudi, asook poging tot moord op sy suster, Marli.

Adv. Susan Galloway, vir die staat, het ter strafverswaring getuig dat Marli die aanval oorleef het weens “’n wonderwerk” en nie omdat haar broer haar genadig was nie. Sy het gesê Van Breda se lang gesprek met die nooddienste wys daarop dat hy nie haastig was om mediese hulp te kry nie ondanks die feit dat sy erg beseerde suster steeds geleef het. Volgens Galloway wys dit op die koelbloedige aard van die aanval.

“Daar is geen berou nie. Hy toon nie simpatie vir sy suster nie. Sy het alles verloor en niks sal ooit weer vir haar dieselfde wees nie. Ondanks haar [jong] ouderdom het sy met al haar krag probeer om haar aanvaller af te weer.”

Henri van Breda. Foto: AP Photo/Nasief Manie

Galloway het gesê die staat het besluit om nie ʼn slagofferimpakverslag in te handig nie nadat hulle met Marli en haar regspan gekonsulteer het in belang van haar privaatheid.

Adv. Pieter Botha, vir Van Breda, het ʼn verslag van die Nasionale Instituut insake Misdaadvoorkoming en Rehabilitasie van Oortreders (Nimro), waarin Van Breda se persoonlike omstandighede grondig geëvalueer is, by die hof ingehandig. Botha het gedeeltes van die verslag aan die hof voorgelees.

Daar is onder meer bevind dat Van Breda ʼn goeie verhouding met sy ouers, broer en suster gehad het en dat hy onlangs met depressie en angs gediagnoseer is. Volgens die verslag het Van Breda met hoë agting van sy ma, die “versorger”, gepraat. Hy was ook na aan sy pa, maar het gesê sy pa was nie “goed met sy emosies nie”. Van Breda het ook dikwels raad van sy broer gevra en het ʼn normale verhouding met sy suster gehad.

Henri van Breda. Foto: AP Photo/Nasief Manie

Botha het die hof versoek om in ag te neem dat Van Breda 20 jaar oud was toe die moorde gepleeg is en dat hy ʼn eerste oortreder is.

Galloway het egter versoek dat Van Breda lewenslank tronk toe gestuur word. “Die beskuldigde het self aangevoer dat hy deel was van ʼn hegte gesin wat nie finansiële probleme ervaar het nie en wat almal ʼn blink toekoms voor hulle gehad het. Hy het die aanval uitgevoer terwyl sy gesin op hul kwesbaarste was nadat hulle bed toe is.”

Galloway het gesê Van Breda het nooit oopgemaak teenoor die hof nie en dat daar om dié rede nie ʼn motief vir die aanval bevestig kon word nie.

Desai wou by Botha weet of daar ʼn rede is waarom sy kliënt die moorde gepleeg het en of daar ʼn menslike faktor is wat hy in ag kan neem. “Daar is niks wat uitstaan nie. Het hy dan uit blote goddeloosheid opgetree? Help my om die beskuldigde te vonnis,” het Desai gesê.

Henri van Breda. Foto: AP Photo/Nasief Manie

Desai wou spesifiek by Botha weet of hy insae het of hy sy kliënt een, twee of drie lewenslange vonnisse moet oplê. “Dit het ʼn invloed wanneer hy eendag in aanmerking sal kom vir parool. Hy is nou ʼn jong man, so hy gaan dalk in sy 40’s wees as hy in aanmerking kom vir parool. Dit het dus ʼn invloed op die vonnisoplegging.”

Botha het egter gesê hy het geen verdere argumente nie, en dat hy die saak so ver as wat hy in staat was, geneem het.

Daar is ook Dinsdag in die hof bevestig dat Van Breda ligte beserings, soos skrape en kneusplekke, opgedoen het toe hy in die Pollsmoor-gevangenis aangeval is. Dit is ook bevestig dat berigte dat Van Breda probeer selfmoord pleeg het, onwaar is.

Desai het gesê hy het ʼn paar dae nodig om oor die vonnisoplegging te dink. Van Breda sal Donderdag gevonnis word. Hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Metrie ·

“maar 20 jaar oud was, en n eerste oortreder” n eerste oortreder wat sy familie met n byl doodgekap het, verdien 3 x lewens sonder parool.

Dafer ·

@ Metrie – stem saam, solank dit opeenvolgend is en nie gelyktydig nie!

Hennie ·

Hy verdien om te vrot daar binne. Watse tipe mens maak sy ouers dood? Hulle het hom as kind groot gemaak, als tot hulle vermoe vir hom gegee en gedoen. Die Here vra jou as kind net tien goed, nie miljoene. Hoe kan jy nie jou vader en moeder eer nie??? Dis om van naar te word dat mens vandag in die wereld n werk doen om so misdadiger te verteenwoordig. Gooi weg die sleutels, Polsmoor sal na hom kyk.

Alwyna ·

Stem absoluut saam. Wat n belaglike opmerking…eerste oortreding…

Skuus ·

Net n vraag, hoekom vat die regters altyd so lank om te besluit oor n vonnisoplegging? Die ou is skuldig en hy het 3 mense doodgemaak en n vierde amper doodgemaak sonder enige verswarende omstandighede. Gee hom 3jaar lewenslank en nog 15jaar vir die aanranding. Maar nee die Staat (ons) se geld moet gemors word.

Hannelie ·

Wil ek ook weet. Hy het hulle mos vermoor. Hy moet net gevonnis word. Gedink dit gaan vandag wees. En al was dit sy eerste oortreding……MOORD BLY MOORD.

Louw ·

Dit gaan daaroor dat die regter wil voorkom dat die mam enige redes het om te appeleer so hy wil behoorlik sy huiswerk doen en die vonnis met goeie redes aanvoer om redes vir appel te voorkom. Dit vat tyd om die dokumente saam te stel hu gaan nie letterlik 3 dae sit en dink en skielik, aha ek weet wat om te doen nie.

Amelia ·

Ek dink die sussie kan alles onthou. Sy wil net nie getuig nie want kan jy dink as hy sonder n motief 3 mense kan vermoor, wat gaan hy met iemand maak wat die ware verhaal vertel?

Lourence ·

Lyk my hier is BAIE kenners op die gebied as iemand jou met n byl probeer vermoor. Mense vergeet self wat in n kar ongeluk gebeur, wat nog om te se as jou eie broer jou wil dood kap?

Anneline Davids ·

Wat maak hom so spesiaal ,moord bly moord en wat van die ander wat moord pleeg en dadelik hulle straf kry . Ons land se regstelsel is baie swak.

kas ·

Regter Desai wil eers oor die vonnisse dink.Dit blyk dat daar geen versagting gaan wees nie en ek sou 100 jaar voortstel.Die vonnisse moet nie gelyktydig uitgedien word nie

Se maar net ·

Die Suid Afrikaanse reg neem alle faktore in ag alvorens ‘n vonnis opgelê word. Van Breda het vir homself ‘n gat gegrawe deur nie “oop te maak” nie en daarom Desai se kommentaar van “dat hy uit goddeloosheid” opgetree het. As hy byvoorbeeld gesê het dat hy daardie aand een of ander dwelm gebruik het, kon dit as versagtende omstandighede gebruik word omdat hy bedwelmd was en in ‘n staat van euforie opgetree het. Ek lei af dat sy arme advokaat net soveel kon doen met die inligting tot sy beskikking omdat Van Breda nog steeds “onskuldig” pleit. As Van Breda vorendag gekom het met die waarheid, was dit ‘n ander geval.

Cornette ·

Eerste oortreder of de not – 20jr oud of de not (wat maak ouderdom nou saak): Moord is Moord!
Lewenslank sal PERFEK wees.

Parool ·

Ek hoop regtig nie dat hulle dit enigsins sal oorweeg om hom op parool vry te laat nie. Hoe op aarde kan jy drie (amper vier) mense vermoor en dan is daar ‘n moontlikheid dat jy op parool vrygelaat kan word. As dit gebeur, het ek die bietjie vertroue wat ek nog in ons regsstelsel gehad het, heeltemal verloor. In Amerika sal so ‘n person lewenslank sit (sonder parool).

Lewenslank ·

Waarom word daar so gekibbel oor hoeveel lewenslange vonisse opgelê word? Wat maak dit saak of die vonnisse gelyktydig uitgedien word of nie? Lewenslank is lewenslank, of jy nou drie daarvan kry, of nie. Jy het tog net jou een lewe en nie drie nie. Vra maar net…

Dawie ·

lewenslank is twintig jaar so as hulle samelopend uitgedien word is dit steeds net twintig jaar tronkstraf maar as dit opeenlopend uitgedien word is dit sestig jaar.

Koos ·

Saamlopend = 25 jaar. Nie samelopend dan is dit 25+25+25 = 75jaar en nie net 25 jaar nie.

MJ ·

Lewenslank, dit maak saak wanneer parool ter sprake kom. Selfs al word die vonnisse gelyklopend uitgedien, is die kanse op parool meer skaars wanneer daar 3 vonnisse is i.p.v. net een.

RHG ·

In SA is lewenslank 25 jaar, dus maak 3x dit ‘n groot verskil.
Dwelms maak dat jy niks voel nie. Dit klink of hy steeds middels gebruik wat hy op straat koop. Dit bly ‘n onsettende
tragedie. ‘n Onbesonne daad wat nie
ongedaan gemaak kan word nie.
Ek wonder net hoe raak mens by iemand betrokke en verlief, wat van so iets
verdink word.
Mooi jong man, goeie mense vir familie, hoe pynlik dit vir almal moet wees, kan ek my nie indink nie.

TinRSA ·

Dankie dat daar darem iemand is wat die mens agter die tragedie sien. Ons het almal jong koring op die land

Ck ·

Nie alle dwelms laat jou “niks” voel nie lol. Sommige drugs maak jou soos n champ voel, energiek, lekker. Die van Breda is net n moordenaar, niks te doen met drugs nie. Ek en my tjommies het al gebruik maar nog nooit iemand doodgemaak nie, probeer n gerieflikke verskoning kry.

Poepies ·

Life imprisonment in South Africa has an indeterminate length and may last for the remainder of the offender’s life. It is a mandatory punishment for premeditated murder, gang rape, serial rape and rape where the rapist knew they were HIV positive or if the victim was under 18 and/or mentally disabled. In certain circumstances, robberies and hijackings (and aircraft hijacking) also carry a mandatory life sentence.

Section 51 of South Africa’s Criminal Law Amendment Act of 1997 prescribes the minimum sentences for other types of murders, rapes and robberies to 25, 15 and 10 years respectively, so parole is almost always granted to prisoners serving life sentences after the minimum sentence for the lesser crime has been served. However, a prisoner must be given a parole hearing after having served 25 years.

In special cases, life imprisonment without any possibility of parole or pardon for an extensively long period of time (such as 1,000 years) can be imposed, such as in the case of serial killer Moses Sithole.

Riouna Martin ·

Ek dink Marli sal eers praat sodra sy weet haar broer sal vir ewig sit sonder parool. Sy is seker bang hy kom uit op parool en kom handel haar af.

Maggie ·

Ek stem heelhartig saam met Riouna Martin. Sy is te bang vir haar broer om te praat.

Nanna ·

Hierdie hele situasie is so ongelooflik tragies. As ek sy sussie was sou ek regtig gesukkel het om hom te vergewe omdat hy my ouers en boetie (s) van my af weggevat het. En ja ek weet hynis skuldig en hy verdien die straf. Daar is net iets in my wat so ongelooflike hartseer vir hom het. In n oomblik het hy sy lewe vir altyd verander, en hy kan nooit nooit nooit terugdraai wat hy gedoen het nie. Hoe vreeslik moet dit wees vir hom om te weet wat se lewe hy nou gaan he en dit kon so anders gewees het. Ek dink dis hoekom die Here Jesus gese het” Gee aan die duiwel geen plek nie”. Iewers moes Jenry hom die pinkie gegee het en die diiwel het hom heeltemal gegryp. Nou sit hy met die stukkend en verwyte en haglike omstandighede. Mag die Here yom genadig wees.

Helene Heyns ·

Ek stem saam, Hanna. Vanmiddag toe ek die nuus sit en kyk en ek sien hoe hulle hierdie jongman, nadat die hof verdaag het, boei ,het hierdie ma-hart in my gebloei vir hom. Daar is geen punt van terugdraai vir hom nie. Sy lewe het hy omtrent finaal vernietig in n oomblik van waansin. Spyt kom te laat…..ja…definitief. Ek kan maar net bid dat hy die Here se genade in die tronk sal leer ken.

Absoluut ·

Absoluut, ek voel soos julle. Ek dink aan elke familie lid van die betrokke gesin, wat deur die selfde storm as ons gaan. Vir ons as buitestaanders is dit ondenkbaar, liewe Marli, mag jou pad met goedheid en guns besaai word, werklik jy is sooo groot onreg aangedoen. Jy het nie net jou ouers en broer verloor nie, maar ook jou enigste oorlewende en die grootste verlies is die, liefde, sekuriteit , sorg, beskerming van die enigste oorlewende.

Maggie ·

Ek stem heelhartig saam met Riouna Martin. Sy is te bang vir haar broer om te praat.

tish ·

gooi die sleutel weg en sluit hom vir ewig toe
gevaar vir die samelewing

CAROL ·

25Jaar vir die ma, 25jaar vir die pa, en 25jaar vir die broer …. oh ja en dan nog so 10-15 vir die suster. Geen parool nie!!!!

Antoinette ·

As jy moor van hulle nog op parool dan moor hulle weer.Henry wys geen berou oor wat hy gedoen het nie.

Charmaine ·

Ek voel die vonisse is korrek almal om die verdagte se lewens is in mekaar getuimel Marli gaan watse lewe he met die gehue verlies wat goed is dan kan sy darem nie nagmerrie aand onthou nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.