Bylmoorde: Moontlike rede vir Henri se ‘geheueverlies’ gehoor

Dr. James Butler in die hof. Foto: ANA

ʼn Dokter se getuienis wat Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gelewer is, kan moontlik verbind word met Henri van Breda se beweerde geheueverlies die aand waarop drie van sy gesinslede vermoor is.

Dr. James Butler, ʼn neuroloog, was Maandag in die getuiebank.

Die verhoor van die 23-jarige Van Breda moes twee weke gelede tydelik gestaak word nadat die hof gehoor het Van Breda het op 8 November ʼn epileptiese aanval gehad. Hy het ʼn naweek in ʼn hospitaal deurgebring waartydens ʼn reeks toetse op hom gedoen is en hy met jeug- miokloniese epilepsie gediagnoseer is.

Butler het Maandag aan die hof gesê gegewe die media-aandag wat die saak lok, het hy die moontlikheid oorweeg dat Van Breda net voorgee dat hy siek is vir eie gewin. Maar nadat Van Breda in die hospitaal opgeneem is, is daar geen twyfel oor sy diagnose nie: “Dit het aan die lig gekom dat hy eintlik drie groot aanvalle gehad het. Niks in hierdie lewe is seker nie, maar dit is hoogs waarskynlik dat hy jeug- miokloniese epilepsie het.”

Butler het aan die hof verduidelik dat elektrodes wat breinaktiwiteit monitor asook ʼn hartmonitor 24 uur lank aan Van Breda gekoppel is. Die resultate was sterk aanduidend van epilepsie, het hy gesê. Butler glo Van Breda het al jare lank epilepsie. Op ʼn vraag van regter Siraj Desai oor die erns van die aanvalle het hy gesê dit beïnvloed nie ʼn persoon se daaglikse funksionering nie.

Die reuseverhoor wat gevolg het nadat Van Breda van die moord op sy ouers en ouer broer en poging tot moord op sy suster aangekla is, is amper op ʼn einde. Die Van Breda-gesin is in Januarie 2015 in hul huis op die De Zalze-landgoed met ʼn byl aangeval.

Van Breda beweer ʼn inbreker met ʼn byl en ʼn mes het sy gesin aangeval voordat hy van die toneel gevlug het. Marli, Van Breda se suster, ly sedert die aanval aan geheueverlies en kan niks van die betrokke aand onthou nie.

Van Breda beweer hy het kort ná die aanval by die trappe in die huis afgeval en daarna sy bewussyn verloor, maar hy kon nie ʼn rede gee hoekom dit gebeur het nie. Butler se getuienis kan dalk rekenskap gee van Van Breda se geheueverlies van twee uur en 40 minute nadat sy gesin aangeval is.

Henri van Breda. Foto: ANA

Butler het aan die hof gesê Van Breda se meisie het ʼn voorval beskryf in Februarie 2016 toe die paartjie die hofsaak bespreek het en Van Breda baie emosioneel geraak het: “Sy kon sien hy ruk, maar sy kon nie sy gesig sien nie, want dit was donker. Toe dit verby is, het hy gelyk asof hy nie heeltemal by is nie en baie moeg is.”

Butler het gesê Van Breda se meisie het ook gesê daar was verskeie gevalle van geheueverlies, maar sy het dit toegeskryf aan te veel alkohol.

Sy het aan Butler gesê op 8 November het Van Breda “skielik sy geheue verloor”. “Sy het gesê dit het gelyk of hy gaan hoes en toe het hy agteroor geval en sy arms en bene het vir ʼn minuut lank geruk.” Volgens Van Breda se meisie was sy gesig rooi en het hy hard op sy tande gekners.

“Sy het gesê sy asemhaling was hard. Toe hy bykom, was hy lighoofdig en baie moeg. Wanneer die aanval verby is, hou die disfunksie in die brein nie op nie. Die brein neem gewoonlik ʼn hele aantal ure, soms dae om te herstel.”

Butler het gesê hy het Van Breda ondervra oor sy geheueverlies die aand van die moord en gesê Van Breda kan onthou dat hy gesien het hoe sy suster aan die bokant van die trappe beweeg. “Hy het toe skielik sy geheue verloor. Hy het ook gesê dit was donker buite voordat hy sy geheue verloor het.”

Van Breda het opgemerk dit was lig buite toe hy later gedisoriënteerd wakker word, het Butler aan die hof gesê.

Hy het ook kommentaar gelewer oor ʼn foto van Van Breda in die ambulans. “Hy het vir my aansienlik bleek gelyk. Dit is beslis in ooreenstemming met iemand wat van ʼn aanval herstel, omdat die brein dan nie behoorlik werk nie.”

Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Boeremeisie ·

Ja daar is dit nou. Dis tog snaaks die geheuverlies storietjie van hom veral gegewe dat hy in sy getuienis presies kon onthou hoe hy die byl gegooi het selfs met watter hand. Ja nee dis tog so convenient ne! Maar nou gaan die regter hom seker jammer kry want siestog shame hy ly aan iets

Cor ·

Miskien is dit waar van die aanvalle dit is eerder angs aanvalle.My dogter het ook soortgelyke aanvalle begin kry nadat sy deur n anderskleurige pasient aangerand is , maar sy bly nie vir ure buite aksie nie. Dit is so ongeveer 5 minute en dan is sy moeg en dra geen kennis daarvan nie, net soos daar beskryf word in die berig en was ook in hospitaal getots vir brin funksie. Sy was agter nog nooit vir 1 uur tot 3 ure uit nie. So sit die mannetjie ondr hipnose.

Spyker op die kop ·

Jy slaan die spyker op die kop, dit is net vir my sleg as ‘n spesialis veral een soos die dokter wat werklik ‘n goeie naam het, eintlik uitstekend in sy veld is, betrokke raak by ‘n saak. Ek sê nie hy jok onder eed, maar hy moet ook reageer op wat vir hom gevoer is, soos die meisie se getuienis. Ek is nie ‘n kenner, maar sowaar hy sal die eerste ou in mense geskiedenis wees wat met so ligte epilepsie vir 2.5 na 3 ure nie reageer of onthou nie. Ek het uiterste gevalle van epilepsie gesien waar hul wel moeg is en moet rus, sy sogenaamde epilepsie is dalk daar en so lig soos wat dit is, jammer dokter ek koop nie die storie en werklik jy kon wel toetsing gedoen het, maar dit getuig, nee wat mens se eerbaarheid is meer werd as dit.

LB ·

Ekke, gaan lees weer stadig die berig oor sodat jy mooi verstaan die man is werklik siek. Ek is baie jammer vir hom.

Susan ·

Hy het baie goeie navorsing gedoen. Onthou medikasie kan dieselfde effek gee.

Ja nee ·

Indien hy regtig die epilepsie sou kry, stem ek met jou saam LB, maar dit is duidelik nie, daar is tekens van ‘n geringe epilepsie, ons leef saam met regte epilepsie (die een wat hy nou wil leen om los te kom), dit is iets wat jy nie vir jou naaste toewens en definitief nie iets waaroor jy jok of gebruik om uit ‘n situasie te kom wat jyself veroorsaak het nie. Verder kan medikasie of alkohol ook dieselfde effek gee. Ek stem verdediging het goeie navorsing gedoen, maar gee beslis nog meer aanstoot met hoe laag hul sal daal vir oneerlikheid en geld.

Robert ·

Is daar geen mediese verslae by sy huisdokter nie? Ek sou dink dat epilepsie op sy ouderdom lankal opgespoor sou wees

Dankie ·

Dankie, ek stem saam, waar is die verslae, veral met sy Ma wat op die ball was. Daar was mos skanderings en dit het niks opgelewer, hul was in Australie met goeie medici. Veral in die manier wat die meisie beskryf, moes dit opgetel gewees het.

Wonder maar net ·

Het hy enige mediese rekords dat hy vir epilepsie of diesmeer behandel word.

Pop ·

En hier bekommer die land bulle oor mediese dr’s. Hier bo is mense wat sommer n dr reguit vertel hy lieg. Want dis wat hulle impliseer. En hulle is sommer kenners in die regte ook. Eks verstom. LB jys die enigste een wat bleikbaar mooi kan lees. Die res is so slim hulle lees tussrn die lyne.

Leeutjie ·

Ek stem so saam met jou Pop. Dis net n negatiewe klomp snert wat die mense kwytraak.

Susan ·

Dalk omdat ons ook in die mediese veld is dame. Onthou net een ding baie baie mooi, niemand trek die dr se diagnose in twyfel nie, maar wel die seun se skielike gebruikmaking van hierdie diagnose. Ek gaan ook nie eers verder prober om jou “ignorance” te verdedig nie.

Aitoggie ·

En??.. Hoe gaan dit Sy saak bevoordeel?? Hyt die “aanval” gekry en flou geval na die moorde, daardie aand.

Elize ·

Dr. Butler sal beslis nie n verkeerde diagnose of vals mening gee nie. Hy is internasionaal bekend in die epilepsie veld. Jammer Maroela lesers, hier is n absolute kenner aan die woord. Terloops van sy pasiente kom tot uit Europa of VSA. Ek weet want hy behandel my kind ook. So hou asseblief op om uit absolute onkunde opmerkings te maak. EN ja epilepsie is geweldig moeilik om van die begin af te diagnoseer! Dit is n uiters ingewikkelde veld en baie gekompliseerd.

MarieM ·

Ek stem saam met jou Elize. My dogter kry petimal epilepsie. Die soort wat jy nie kan sien nie. Ons het nie eers geweet ons dogter kry dit nie. Ons dokter het ons meegedeel dat as sy nie die nodige medikasie kry nie, dit later erger word. Dus mens sal nie weet as hy dit ook gehad het dat mens dit nie kan sien nie.

Blommie ·

Ek kan simpatiseer met die geval. Ek het self daaraan gelei maar my ouers het dit eers besef toe ek 17 was. Die mediese wetenskap was nog nie so goed in die 50/60 jare nie. My seun het ook daaraan gelei maar ek was beter bewus van die
Probleem en kon gouer hulp vir hom kry. My hart gaan uit tot almal wat hier betrokke is. Onthou net Die oordeel kom ons nie toe.

Meerkat ·

Mens kry die gevoel die epilepsie wat onlangs gediagnoseer is, moet hom ontoerekeningsvatbaar maak. Hier is net te veel onwaarskynlikhede in die saak.

@ BLommie en ou STella ·

Kyk as iemand weer vir my se ek mag nie oordeel nie KOM EK IETS OOR .. !! MENSE bespreek die saak en spekuleer. . en natuurlik het elkeen die reg tog sy opinie wat nie OORDEEL is nie. Hou op PREEK op alle kommentaarkolomme en gaan vind eerder uit wat OORDEEL werklik beteken. Daar is goed soos spekuleer, goed soos kritiseer, goed soos jou mening uitspreek .. HOU OP PREEK vir ander mense oor OORDEEL, en glo my .. as jy ‘n moordenaar is SAL EK JOU DAAD VEROORDEEL . want dan is ek bereid om met dieselfde maat gemeet te word . want EK IS NIE ‘n MOORDENAAR NIE.

Stella ·

Die dag as jou kind ‘n mediese toestand as “verskoning” gebruik en almal oordeel hom/ haar dan praat ons weer. Wees dankbaar vir gesondheid en hou op om ander te oordeel.

regtig ·

Ek simpatiseer met mediese toestand, as jou seun jou en jou gesin uitwis kyk of jy dan nog steeds soos simpatiek kan wees… dis evil en klaar. soveel mense het epilepsie hy nie eerste of laaste nie, geheuverlies word nie by hulle as verskoning gebruik nie en Epilepsie of nie, dis nie rede of verskoning vir ma, pa boetie wat oorlede is en suster wat met byl in haar kop geeindig het nie

liendempers ·

Ek is seker die dok ag sy reputasie en lisensie hoog. Nie almal is korrup en omkoopbaar nie. Ek is seker die dok het sy eie geld, dit sal nie nodig wees dat hy lieg om n paar rand van die broke Henry kry nie.

Eish ·

Eish jy weet min van die saak, om na hom as broke Henry te verwys, daar is juis miljoene op die spel, elke moontlike haas is uit die hoed getrek, dit sal sleg wees as dokter help, hy moet egter die meisie se stories en alles in ag neem in sy diagnose. Dit is net te onwaarskynlik, dalk het hy nou ‘n tipe aanval gekry omdat hy besef die speletjie is nog lank nie verby.

Robert ·

Ongeag die epileptiese aanvalle en geheue verlies is daar genoeg vrae aan die regter oor die bloed op sy slaap broek, die duvet wat neergesit is die mes wat onder die bed beland het, die massas bloed wat by die trap afgeloop het en hy niks bloed onderaan sy sokkies gehad het na die aanval nie. Sy broer en pa het in plasse bloed gelê terwyl hy met die “aanvaller” sogenaamd baklei het. Daar het niks bloed op hom gespat vanaf die byl terwyl hy met die “aanvaller” gestoei het nie. Te veel vrae en te min antwoorde van sy kant af en dit het niks met die geheue te doen nie. Sy lokaliteit tydens die aanvalle en die min hoeveelheid bloed op sy klere maak nie sin nie. Dan is daar nog die self toegediende wonde. Die regter het baie om op te weeg teen mekaar, maar ek dink hy het klaar sy “mind” opgemaak. Tjoekie toe met jou meneer.

Domvraag ·

Wonderlik om so diagnose te maak en sy meisie beaam dit maar hoe kom bloedspatsels van sy familie op sy klere en oppervlakkige beserings aan hom en die moordenaar laat hom leef om die storie te vertel?.Lyk my almal het n prys ?

Isabel ·

Ek vertrou Dr. Butler se insette. Adv Galloway en regter Desai is verseker nie onnosel nie! Kom Marli, jou ouers verdien geregtigheid!!!!

CAROL ·

Ek stem saam jou, maar ek dink sy is bang vir haar broer. (hy het seker n houvas op haar) die dat sy nie tevore wil kom nie

Piet ·

Jaco, dit lyk of die seun ook maar mense het wat in so onskuld glo, maar as jy glo dat hy onskuldig is omdat hy ‘n blanke is dan sal dit seker van geen nut wees om met jou te redeneer nie. Die omstandighede rondom sy ouers se dood is baie raaiselagtig moet jy toegee. Hy is nie n “swak” getuie in die ware sin van die woord nie, want hy is ‘n intelegente en goed voorbereide spreker. Tog is daar n paar vrae wat hy nie behoorlik kan antwoord nie, b.v waarom het hy nie in sy verklaring gese daar was meer as 1 aanvaller en nou het dit aanvaller (s) geword. Daar is baie dinge wat die aanklagte teen hom regverdig.

CAROL ·

Uh -hu nee wat die is S.A. ….. Geld koop als. Watch die seun nog vry van al die klagtes teen hom.

neels ·

Dit iswonderliklike navorsing deur die neuroloog, maar ek wonder het hulle hom by opname in hospitaal getoets vir dwelms of enige gewoonte voremende afhanklikheid van plantaardige stowwe. Die persoon was al voorheen betrap met groen twak en as wanneer dit met enige chemiese middel soos bv. slaap pille of anti depresante gebruik word veroorsaak dit die selfde of soortgelyke reaksies. Gaan lees maar die vou biljette van al hierdie sogenaamde antidepresante en let op die nagevolge daarvan.

Shorty ·

My broer kry ook epileptiese aanvalle. so erg dat hy een keer amper sy hele tong afgebyt het maar dis net vir ‘n paar minute. Hy is wel ‘n bietjie deurmekaar na die tyd maar hy is vinnig weer reg. Ek het nog nooit van iemand gehoor wat epileptiese aanvalle kry en langer as ‘n uur uit is nie, dis nie ‘n beroerte nie. Hoop nie hy word onskuldig bevind net oor dit nie.

Uiteindelik ·

Uiteindelik nog iemand wat werklike belewenis van epilepsie het. Eks tem so 100% saam met jou en dit is vir my regtig sad dat ‘n dokter so oor die siekte getuig, betreurenswaardig is die regte woord.

VanAfrika ·

Gewoonlik lewer ek nie meer hier kommentaar juis is simpel aanmerkings wat hier gemaak word en MM wat my kanselleer as ek terug kap.
Ekke, Alida, Boeremeise, Susan, my oorlede suster het erge epilepsie gekry, die een wat sy net omgeval het voor ons dit nog verwag het, haar kop menigmal oopgeval het. Ons het daagliks met dit gelewe en as sy kwaad, onsteld of iets haar getraumatiseer het, het sy n aanval gekry.
En Cor, nee sy was nie na n paar minute by nie, ons het haar menigmal gemaklik gemaak waar sy geval het en kussing onder die kop en toegegooi met kombers of laken waar sy n hele middag kon omslaap. Ons was 6 sussies in die huis, buiten haar en ons kon haar nooit optel nie en bed toe dra nie, sy was te swaar vir ons. Die dokter het ook vir my ma gese sy sal nooit ou bene haal nie want die aanvalle was te erg, haar brein het heeltyd seergekry, Tot een nag, het sy n aanval gekry, so erg dat dit haar op haar maag gedraai het en het sy in haar kussing versmoor het. My oorlede moedertjie het haar die volgende oggend so gevind. As julle hier bo nie weet waarvan julle praat voor die hof dit nog beslis oor die epilepsie wat Henri kry nie, bly eerder stil, julle het geen idee wat so n mens deur gaan wat in die middel van n epilepsie aanval is nie

Boeremeisie ·

Van Afrika dis verskriklik dat jou suster so moes lei agv epilepsie. Die vraag is egter het sy ooit julle familie aangeval en uitgewis in so ‘n staat van epilepsie? Niemand betwyfel dat epilepsie ‘n aaklige toestand is om aan te lei nie maar sê julle nou dat as hy sy ouers vermoor het moet hy verskoon word.

Met alle respek ·

Met alle respek, dit wat jou suster gekry het en die jong man glo kry, is 2 HELE WERELDE uitmekaar. Dit is juis hoekom ek ongelukkig voel, indien hy epilepsie kry, soos jou sus, sou hy dit reeds in die beskuldigde bank gekry het, toe die toue nou was. So met alle respek vir jou suster word ek woedend as die toestand misbruik word, die realiteit om met dit saam te leef is baie erg en kan nie in ‘n hofsaak geleen word om iemand se bas te red nie. Enige leek sal die verskil ook kan sien tussen jou suster wat werklik siek was en die een wat dalk iewers ‘n ligte mate van dit kry. Dit is sooo verskriklik jammer die sielkundige het nie 1ste getuig nie, sal graag haar storie wou hoor, alles is hier haarfyn beplan, die een of die ander. ‘n klein voorbeeld sou jou suster na 2.5 ure opgestaan het en helder kon dink, google en bel etc. Nee liewe mens dit is juis uit respek vir jou suster wat almal se hare regop staan oor die nuutste verskoning, dit is niks anders as ‘n verskoning, dink mooi of dit reg teenoor jou sus sou wees om dit te misbruik.

VanAfrika ·

Met Alle Respek
Ek lees wat jy sê, ek verstaan julle woede omdat julle hom klaar veroordeel het. Dalk verskil sy epilepsie van die soort wat my suster gehad het, dalk is sy episodes gering, ons sal nie weet hoe en wanneer sy episodes begin en wat dit veroorsaak nie. Dalk hanteer hy stress beter as wat my suster dit hanteer het. Verkeerde voorskrifte kan aanvalle meer aanbring ook. Dit het met my suster gebeur. Kom ons kyk maar wat sê die hof voor ons oordeel strek.

Stem saam ·

Ek stem saam Boeremeisie, ons wil nie graag met sulke gemors geassosieer word nie.

Annie ·

Hy is so skuldig en hy weet dit en so ook almal wat hom ondervra – maar hulle probeer alles in hulle vermoee om die jakkals vry te laat. Hy is ‘n pateet en behoort agter tralies. Kom ons sien of hy dan nog sulke aanvalle gaan kry en of hierdie net vir aandag soek was. Bevind hom skuldig en hou op om ons belasting betalers se geld te mors.

Ekke ·

Presies! Net soos die hakkel storie. Dit was sy verskoning hoekom hy nie in die bank wou staan en toe hakkel hy vir dae aaneen geen woord nie. Hoekom het sy oom dan ook niks getuig van hierdie aanvalle nie. Ek weet reeds waarvan ek praat my eie dogter kry aanvalle. Se maar net hierdie mannetjie gebruik ‘n geleerde man om hom te red. Soos Susan Galloway terloops opgemerk het, “google” is die wortel van baie kwaad.

rafel ·

Alles goed en wel. Wat het gebeur VOOR sy epileptiese aanval? Geen bewys van enige vreemde persone in huis….

Net so ·

Net so ekke, ek stem ook saam met jou!!!! Die dokter lyk amper te happy om te verskyn in die saak, sjoe mens kom met feite nie moontlikhede.

Siestog ·

Ek voel regtig jammer die Dr het betrokke geraak, dit gaan beslis sy eerlikheid en reputasie raak. Volg maar direkte uitsendings. Ek verskil nie noodwendig dat Henri iets gehad het na die stand nie, maar om darem te wil voorgee hy het ernstige epilepsie of “Malengering”, die een of die ander op grond van die meisie se inligting, sy gaan beslis vir hom plannetjies help maak. Mag die staat dit vir hom werklik moeilik maak om vlg keer 2 x te dink om betrokke in sulke oneerlikheid te raak.

Liewe heksie ·

Emma presies wat ek ook sê jare terug toe ek nog jonk was het ek net 2 doppe nodig gehad en dan weet ek nie wat het gebeur as ek die vlg dag wakker word nie dan word daar vir my dinge vertel wat ek net nie kon onth nie jip ek was maar n cheap drinker dit het my laat besef geen drank meer vir my nie want op video het ek gesien waartoe ek instaat is so ek sê weer hy moet ‘be careful what he wish for’ dit mag dalk waar wees dat die aanvalle na die moorde begin het toe hy besef wat hy gedoen het en ek verstaan hy is n druggie ook

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.