Bylmoorde-regter se vrou sterf

Staatsaanklaer Susan Galloway en regter Siraj Desai tydens die ondersoek ter plaatse op 25 April 2017 by die huis in die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch waar lede van die Van Breda-gesin op 26 Januarie 2015 met ‘n byl vermoor is (Foto: Maroela Media)

Regter Siraj Desai se vrou, Faieza, is Donderdagoggend dood. Desai is ʼn regter in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Die ANC het in ʼn verklaring gesê Faieza was geruime tyd siek. Volgens die party het Faieza ʼn waardevolle bydrae tot bevryding in Suid-Afrika gespeel. “Die ANC sal haar en haar man altyd eer vir die opofferings wat hulle gemaak het om te verseker dat vryheid in ons leeftyd ʼn werklikheid geword het.”

Maroela Media het vroeër berig die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag die uitspraak van die verhoor teen die moordbeskuldigde Henri van Breda tot 21 Mei uitgestel.

Die hof sou op 23 April uitspraak in dié opspraakwekkende verhoor gelewer het, maar regter Mushtak Parker het Dinsdag die saak uitgestel sonder om ʼn rede te gee vir die maand lange vertraging.

Regter Siraj Desai, wat die verhoor aangehoor het, was nie by die hof nie.

Regter Parker het gesê mediaberigte dat Desai “tydelik van die saak verwyder is”, is hoegenaamd nie waar nie. “Niks kan verder van die waarheid wees nie,” het hy gesê. Desai sal na verwagting steeds die uitspraak in Mei behartig.

Van Breda word daarvan beskuldig dat hy sy ouers, Martin en Theresa, en sy ouer broer, Rudi, vermoor het. Hy staan ook tereg op aanklag van poging tot moord in verband met die bylaanval op sy suster, Marli, wat ten tyde van die aanval 16 jaar oud was. Die staat het aangevoer die feit dat Marli die aanval oorleef het, is “ʼn wonderwerk” en nie omdat die aanval op haar minder ernstig was nie.

Faieza sal Donderdagmiddag in die Mowbray-begraafplaas begrawe word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dankie ·

BAIE DANKIE VIR ONS VRYHEID HOOR … ons sit nou agter slot en grendel en elektriese drade en alarmstelsels danksy julle bevryders . baie baie dankie!

Peet Schabort ·

Ook die gaaie in die paaie oftewel net gate in die strate. Was vandag in Vereeniging asook vuil VdBijl. In my jong dae het ons gymkhana gery op ‘n spesiale terrein vir dié doel, vandag doen ons dit sommer in die strate. Waar ek nou woon in die Metsimaholo-minus-‘n-palityt is die paaie ook dongas en kraters, enige 4×4-entoesias se droom. Elke rit op die pad is nou se dae ‘n avontuur en jy kry alles VERNIET, ‘for mahala’. Dink net wat het ons gemis agv die vervloekte apartheid. Og, ek hou daarvan want dit hou jou wakker (en nugter!) op die pad.

Hannatjie ·

My innige meegevoel met die afsterwe van regter Desai se eggenote. Sterkte vir die pad vorentoe.

Bokka ·

Ag verskriklik baie dankie ja ek voel vreeslik veilig in enige plek in SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.