Bylmoorde-saak: ‘Ek wil die mense rondom jou vermoor’

Henri van Breda in die hof. Foto: Suné van Heerden

James Jahn, Marli van Breda se voormalige kêrel, het Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig in die moordverhoor van Henri van Breda.

Jahn het van Februarie 2014 met Marli uitgegaan en was in ʼn verhouding met haar toe haar ouers en broer vermoor is. Henri (22) word daarvan beskuldig dat hy sy pa, Martin van Breda (54), ma Theresa (55) en broer Rudi (22) op 26 Januarie 2015 met ʼn byl in die gesin se huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch vermoor het. Sy sussie, Marli (toe 16 jaar oud), het die aanval oorleef, maar ʼn breinbesering opgedoen en sy ly aan geheueverlies.

Jahn het getuig dat hy Marli se ouers goed geken het en dat hulle gereeld sosiaal met sy ouers verkeer het. Hy het gesê hy het die Van Breda-gesin sowat drie keer per week gesien en Marli elke dag aangesien hulle in dieselfde skool was. Volgens Jahn sou hy Henri “amper as ʼn goeie vriend” beskryf het en dat hulle baie goed saam gedoen het. Hy het die Van Breda’s se huis gereeld besoek en saam met hulle op vakansie gegaan.

Jahn het getuig dat Marli baie lief is vir haar broers. Sy het egter verskillende soorte verhoudings met die twee gehad. “Sy sou met Rudi gesels oor akademiese dinge en met Henri oor musiek en sport.” Hy het verder getuig Martin en Theresa het “goeie interaksie” met hul kinders gehad en wou graag tyd saam as ʼn gesin deurbring.

Hy het gesê Martin en Theresa het ʼn goeie verhouding gehad hoewel Martin meer dominant en ʼn “meer beherende figuur in die gesin” was. Volgens Jahn wou Theresa meer vryheid gehad het nadat die gesin na Suid-Afrika teruggekeer het en dat Martin nie gewoond daaraan was nie.

Martin het glo goeie verhoudings met sy drie kinders gehad. “Hy wou die beste vir hulle hê en het verwag hulle moet ywerig wees en so hard as moontlik werk. Hy het probeer om ʼn goeie pa te wees.”

‘n Foto van Marli van Breda voor die aanval.

Jahn het getuig oor ʼn argument wat die gesin gehad het, waarvan Marli hom vertel het op 10 Januarie 2015. Marli is glo gekritiseer oor haar gewig, iets waaroor sy baie sensitief was. Die gesin wou glo ook hê Marli moet haar verhouding met Jahn opsy skuif aangesien dit glo met haar skoolwerk ingemeng het. Volgens Jahn was Marli en Theresa baie omgekrap na die uitval.

Jahn het na afloop hiervan ʼn boodskap aan Marli gestuur. Hy het getuig dit was ʼn fout. “Right now I feel like I want to murder the people that are around you at the moment … But I am being strong to help you and support you babe xxxx Pls I can call you whenever you need me. Don’t let me sit in the dark like this babe,” het hy aan haar gestuur.

Jahn het tydens kruisondervraging gesê Martin en Theresa wou gehad het die kinders moet op skoolwerk fokus. “Ek was bekommerd oor hoekom Theresa so ontsteld was, dat iets anders dalk opgekrop het.”

Volgens Jahn het die polisie hom gevra om sy WhatsApp-boodskap aan Marli te verduidelik. Hy het geglo hulle wil hom as ʼn verdagte uitskakel. Die polisie het twee dae ná die moorde op sy selfoon beslag gelê.

Henri was emosioneel tydens Jahn se getuienis en het kort-kort trane weggevee. Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

E.K. - ek sê net! ·

Nou kom hier ander stories oor die gelukkige gesin uit…

MissDemeanor ·

Ag asseblief man. Alle families het so nou en dan ‘n argument. Die klink vir my gladnie na ‘n gesin wat diep donker geheime het en met probleme worstel nie. Interesant dat Marli se ex-boyfriend so ‘n keuse van woorde gehad het. Ek was al baie kwaad vir mense maar wou nognooit iemand “murder” nie.

Kollie ·

Hy’t dalk iets daarmee te doen gehad maar ek dink nie hy het self die moorde gepleeg nie.

m ·

Baie gerieflik hoe die suspisie nou na hierdie persoon verskuif. Pas natuurlik vir Henri soos n handskoen en nou gaan dit holrug gery word……

Pippa ·

Hierdie verhoor raak nou net so absurd soos dis Oscar petalje.

WitBlits ·

Jy is heeltemal reg want die media wil weer sensasie saai soos met Oscar en dan kan al die kundiges sommer uit die gemak van hul sitkamerstoele die oordeel fel!

E ·

Dit lyk asof die kêrel ń verdagte kan wees en as hy Marli so goed geken en hulle so baie gekuier het, het die sekuriteit hom dalk ook geken. Hy kon dalk ń gereelde besoeker gewees het en die sekuriteid was dalk gewoond daaraan om vir hom oop te maak as hy kom kuier?

Bernie ·

Klomp bedorwe brokkies. Koester moord in julle harte omdat julle nie julle sin kry nie en wat het julle nou daarvan.

LMF ·

Security sou lankal gesê het as hul hom daai aand deurgelaat het en ja ek en jy het al telkemaal gesê ek sal daai persoon vermoor as hy of sy jou seermaak en dit nie letterlik so bedoel nie regtig n paar engeltjies hiso ek sal bly glo dit was Henry. Ouers wou seker nie geld gee vir drugs nie en hy het dit verloor net my siening

Nel ·

Onse Langenhoven het ook self gese hy het nooit aan skei gedink nie, maar wel aan moord…

Blits ·

Nee hulle sou niks gese het nie, onthou volgens die security was dit baie still die aand nadat die eetplek omtrent 23;00 gesluit het, maar die kameras wys dat dit besig was amper soos JHB se spitsverkeer, Wonne net hoekom hy nie lankal as die nommer 1 verdagte geplaas is nie, Di is darem regtig lelike woorde en dan die volgende dag is nie mense dood., Laat n mens wonder hoor

PamK ·

Blitz… die boodskappe tussen Mareli en Zahn was 10 Januarie en die moorde 26 Januarie. Nie die volgende dag nie.

cor ·

Dit is net die gaping wat die verdediging gesoek het, nou het jy n lat vir jouself gepluk. Die verdediging gaan dit swaai dat jy die skuldige moet wees.

Fires ·

Nou het almal weer ‘n nuwe verdagte, wonder net hoekom hy Marli probeer vermoor het en Henri gelos het

Absoluut ·

Absoluut absurde afleiding, hy is reeds ondersoek, hy moes verduidelik hoekom hy so iets kwyt geraak het, leesLMF se antwoord, perfek, dit is hoe dit is. Hy moes dit juis in hof uitbring om nie vir Henri en sy verdediging skietgoed te gee nie. Ons sê almal een of ander tyd iets wat ons nie bedoel nie, maar die daad is ‘n ander storie, die een wat die lag onthou en die lag gedoen het……. en nou lekker stry.

C ·

N mens moet jou maar inhou waneer jy kwaad is en oppas wat jy whatsapp ens. Jy weet nooit hoe die dae daarna verloop en waar jou boodskap draai nie…

Eleanor van Wyk ·

Weereens word die dam weer deur die media onder die eende geruk met die whatts app wat die kind gestuur het. Dit was om Mareli te onsersteun. En in any case, dit gaan baie goed met haar. Ek het haar die week by van haar ekstra klasse gesien. Walglike sensasiesoekers is al wat julle is.

Wieookal ·

Bly om te hoor dit gaan goed met Marli. Hopelik sal sy gou kan getuig sodat hierdie saak bed toe gesit kan word.

Rita Barnard ·

Die bediende het ‘n access kaart EN ‘n sleutel na die huis gehad. ‘n Onlangse artikel se daar was verskeie voertuie wat nooit aangeteken is nie en dus nie opgevolg is deur die polisie nie. Ook dat die kameras defektief was. En daar is die moord opgelos. Net nog ‘n moord op ‘n familie deur misdadigers wat deur die bediende informasie bekom het. En die kind word die sondebok gemaak. Daar is geen geregtigheid in die reenboog kotsland nie.

Hehehe ·

Henri se pleit is grappig en erg verbeeldingryk en joune dreig om die koek te vat! Dit is duidelik dat die Polisie ondersoek deeglik gedoen was! Julle gaan iewers langs die pad wakker skrik met n bang!

Susan ·

Ek is seker daarvan dat die polisie reeds hierdie seun ondersoek het en dat hy ‘n alibi het daarom is hy nie aangekla nie. Ek neem aan hy was tuis by sy ouer huis die nag van die moorde. Mag ons ook nie vergeet hy was 16 en verlief op die mooie Marli daarom het hy gesê wat hy gesê het. Hy het getuig dat hy skool toe is die oggend van die moorde en bekommerd geraak het toe Marli nie opdaag by skool. Ironies hoe mense eweskielik begin dink dat hy ‘n verdagte kan wees. Dink verder mense!

SARIE VAN HEERDEN ·

As daar oenskynlik nie veel beheer tot toegang tot die landgoed was nie kan dit ook wees dat iemand daar ingery het met mense in die kattebak met vergeldingsmoetiewe soos bv dwelmhandelaars wat kom wys het jy speel nie speletjies met hulle nie. Om in die kattebak weg te kruip en dan toe te slaan op mense in verskillende komplekse is ‘n ou, ou storie. Watter toegangsbeheer fasiliteit kyk ook wat is in “besoekers” se kattebakke?

Shame ·

Shame, Sarie, jy is beslis familie of het ‘n dogter wat kan vrou wees vir as die ryk seun loskom uit die gruweldaad. Dit is goed om na alle opsies te kyk, te tob, maar soos mens reeds lees en sien is alle moontlikhede behoorlik ondersoek. Die Polisie ondersoek na hierdie aangeleentheid was beslis baie deeglik gedoen. Verder kan Henri NOOIT uit sy bisarre oproep kom nie, dink jy regtig iemand sou die dade aangevang het om hom te impliseer en dan nog sover gaan om die opname ook aan te pas – die tyd van aanval tot sy hulp soek, as hy nou bewusteloos raak van ‘n klein steekwondjie en skrape wat self toegedien is……… moes hy werklik ‘n helse floute gekry het met die aanskou van sy broer en Pa se aanvalle, hy kon dit duidelik deur ‘n skrefie sien…… toe weer sy Ma en suster, maar nee niks roer hom om bewusteloos te val nie, aanvallers wat weghol SONDER NIKS laat hom bewusteloos.

regtig! ·

Regtig Sarie, nie veel beheer tot toegang, die hele getuienis sover weerspreek jou gissing. Kattebak storietjie kan dalk gewerk het, maar dan moet daar iewers ‘n bloedspoor wees, jy laat nie so baie bloed spat en hol skoon voet uit sonder om skoene of sokkies na te laat. Van Breda was beslis kaalvoet en het sokkies agterna aangetrek, die rede vir sy skoon voete. Hy het ure tyd gehad om hom gereed te kry vir die skakel en aankoms van die nooddienste en polisie.

Wonder ·

Ek wonder verskriklik baie oor hulle hond Sasha..sy lyk amper soos ‘n Rotweiller kruising. Die hond slaap blykbaar gewoonlik by Henri. Sou die hond nie amok gemaak het as daar ‘n vreemdeling hul huis betree het nie? Veral iemand in ‘n balaklava. Die huise is so nou op mekaar gebou dat die bure tog wakker sou raak van ‘n histeriese hond. As die hond kon praat….

Vlymskerp ·

Wonder jy is vlymskerp, ek het ook daaroor gewonder en daardie kruising is beskermers, niemand sal inkom sonder ‘n grom/blaf en helse geveg nie. Veral as Henry geraak is, die hond lewe nog en dit sou die enigste manier gewees het om dit te verklaar, sou die hond ook dood gekap was of vergiftig was.

Agria ·

Sover ek weet, is die ex-boyfriend reeds nie meer n verdagte nie. Ek hoop hulle kom agter die kap van byl, so to speak.

Herman ·

Ek vind die korrespondensie in Engels uiters irriterend. Ek het die heel tyd gedink die Van Breda’s is Afrikaans?

R. BOTHMA ·

Ek hoop ouers met dogters neem ernstige kennis van die vriendjie se boodskap en die implikasies daarvan.

Skadu opgroei ·

Geen kind moet in die skaduwee van enige iemand anders opgroei nie. Nie kinders in hul ouers se drome of kind wees of ander maats. Dan die belangrikste een nie in ‘n broer of suster en dit gebeur definitief en heel partykeer onskuldig, soms nie deur ouers self nie, maar ook deur die kind self. Soos uit alle berigte was Rudi ‘n fantastiese voorbeeld en seun en dan die babasussie wat oulik en net so begaafd was. Om dan daar in die middel sterk te staan, kos baie prestasie, selfvertroue en ondersteuning van beide ouers en die familie. Met ‘n bietjie druk van die Pa en ‘n dwelmprobleem ……..

Saartjie ·

Hy was nie daardie aand deur die sekutiteitshekke ingelaat nie….volgens getuies

Saartjie ·

Ek stem…hy het dalk die boodskap van marli se vriend gelees en dit het n diep gevoel waaroor hy dalk al lankal in sy kop dink en worstel te vore gebring….ek dink henry het baie haat in sy hart..middelkind is nie maklik nie maar hy is emosieloos en dalk narsisties. Ek vermoed die gedagte het hy uitgeleef….ek dink nie hy was goed behandel en verstaan nie…dieselfde as daai seun van noord kaap wat sy ma, pa en sussie vermoor het…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.