Bylmoorde: Saak lank uitgestel

Henri van Breda in die hof (April 2017) Foto: Catherine Rice/ANA

Regter Siraj Desai het die saak teen Henri van Breda Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot 7 Augustus uitgestel. Die saak is uitgestel aangesien die hof in reses gaan.

Adv. Susan Galloway, senior staatsaanklaer, het gesê die staat se saak sal dan nog so drie weke duur en teen 28 Augustus afgehandel wees.

Kapt. Candice Brown, ʼn ballistiese deskundige in die polisie, het vroeër Dinsdag getuig oor skade wat aan die Van Breda-moordhuis aangerig is.

Henri van Breda word aangekla van die moord op sy pa, Martin van Breda (54), ma, Theresa (55), en broer, Rudi (22), in hul huis op die De Zalze-landgoed naby Stellenbosch in Januarie 2015. Hy staan ook tereg op ʼn aanklag van poging tot moord in verband met die aanval op sy suster, Marli, wat oorleef het. Marli was ten tyde van die aanval 16 jaar oud en ly nou aan geheueverlies weens die beserings wat sy opgedoen het.

Brown is verbonde aan die polisie se forensiese eenheid en het getuig oor sekere merke in die huis. Sy het gesê dit is onwaarskynlik dat ʼn byl wat by die trappe af gegooi is een van die merke gemaak het.

Van Breda beweer in sy pleitverduideliking dat ʼn aanvaller met ʼn klapmus die gesin met ʼn byl aangeval het, maar dat hy daarin kon slaag om hom te ontwapen en hom uit die huis te jaag.

“Ek het die aanvaller op die middelste deel van die trappe gesien,” het Van Breda gesê. “Ek is nie vinnig nie en het nie gedink ek sou hom kon vang nie. Ek het toe die byl na hom gegooi. Ek kan nie presies onthou waar ek op die trappe was toe ek die byl gegooi het nie en ook nie waar presies dit getref het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Pop ·

Die hof gaan in reses. Genade, hoeveel keer ‘n jaar dan nou.

Nico ·

Dit gee die Regters kans om hul uitsprake te skryf. Onthou elke uitspraak is soos ‘n verhandeling, word gepubliseer en is blootgestel aan appèl. Meeste mense dink regters werk net 10 tot 4.. verkeerd!

Basjan ·

Dankie Nico. Nou het ons darm ‘n beter begrip oor hoekom dit so lank neem.

Sensasie ·

Maroela, hierdie ou verveel baie van ons. Jammer maar die media kry nie n oskarsaak uit hierdie vervelige ou nie.

Nico ·

Dit gee die Regters kans om hul uitsprake te skryf. Onthou elke uitspraak is soos ‘n verhandeling, word gepubliseer en is blootgestel aan appèl. Meeste mense dink regters werk net 10 tot 4.. verkeerd!

Ek wil dit lees ·

Dankie Maroela, ek wil dit lees. Dit is nie vervelig nie, baie ouers kan lewenslesse leer. N kind met vreemde gedrag kort help. Kinders mag nie te veel geld kry…… dan die belangrikste ek wil sien dat die staat, Advokaat Galowitz elke moontlike stukkie van die legkaart oopvou, ontleed en voorlê, Dit gaan my verstand te bowe dat n kind so ver kan gaan.

LMF ·

Nico praat jy van 10. Tot 4 ure of 10 tot 4?????? Dae per jaar want toe die saak nog besig was glo ek nie daar was n volle dag ingesit nie net sodra ek dink ek kom agter die kap van die byl dan staan ek weer vlg dag met n hammer hoop jy verstaan wat ek bedoel

dr H ·

Hoekom die wapens afneem en dit dan weer vir die “moordenaar” teruggooi?

Liza ·

Briljante observasie…volgens my het jy so pas die saak opgelos!!! Die hof kan maar verdaag.

Kosie ·

Dit was ook my heel eerste indruk. Hoekom sal jy jou wapen wil weggee in daardie omstandighede? Hy beweer mos ook dat hy ander stemme gehoor het, dus kon die “aanvallers” mos maklik terugkom het om hom uit te skakel. Dit, en die gemak waarmee hy die byl van die “aanvaller” afgeneem het, maak nie sin nie.

Rina Kotze ·

Your Honour, I pack my case! Soos Worsie sê in Vetkoekpaleis!

Scalla ·

Gaan hulle almal soos reptiele in gate skuil vir die winter

johan ·

Ja!dit maak nogal sin van die byl terug gooi.En as jy mooi luister na die oproepe praat Hy van “hulle” het weggehardloop! daar was dan kwansuis net 1 persoon wat ingekom het.hoop hulle kyk daarna in die ondersoek!

Great observasie ·

Ek het ook vir ‘n oomblik oor dit gewonder en dan het hy iewers Afrikaans gehoor…. busted.

Fires ·

Hy is nie baie vining nie maar hy is baie sterk het die aanvaller tjop-tjop ontwapen nadat sy pa en broer dit nie kon regkry nie. Hy blykbaar ook nie goed met bylgooi nie. Weet waarom daar met die saak gesloer moet word nie

erg ontsteld ·

N tyd terug het iemand lelike komentaar gelewer oor my idee dat klink of hy n psigopaat is. Wel na vandag stem ek nog meer saam dat psigoties is, hy het geglimlag toe hy besef het dat Combrinck tegnies raak oor trollie wat dalk merke by Ma kon gemaak het en hy nie die skuld daarvoor gaan kry nie,

Theresa B ·

Genoeg tyd om gou weer ‘n wegbreek tyd saam met liefie te beplan.

Riana ·

Ek wil graag weet waar het hy die R 100 000 gekry vir bail, ook geld vir ‘n nuwe BMW en ook vir al die gastehuise waarin hy en sy meisie bly. Wie betaal sy advokate, dit moet baie kos met al hul forensiese bystand. Die boedel mag nie aan hom uitbetaal word nie. Hy is nie vinnig, se hy, maar sien kans om die byl af te neem nadat almal reeds aangerand was. Hy het gesien hoe sy broer en pa aangerand word, maar niks gedoen. Gehoor hoe sy ma aangerand word, maar niks gedoen. Neem die byl ewe gemaklik af en gooi dan die byl na die aanvaller, belaglik.! Ek ruik ook ‘n rot, die vriend getuig dit was ‘n swart byl, is hy besig om vir Henri te beskerm. Nee wat hier word alweer van ons swaar verdiende geld gemors!

Tanya ·

Riana, jy bedoel seker nadat almal vermoor is en nie aangerand nie want hulle is vermoor. Hy mag nie geld uit die boedel kry nie en glo my, die boedel is nog lank nie afgehandel nie, maar sy sussie mag seker van die geld vir haar “arme” broer gee.

Domvraag ·

Hoekom moet almal vandag gemeet word tov prestasie en produktiwiteit. Ek sal graag wil sien hoe lyk ons howe sin want ek weet nie van een saak wat nie keer op keer uitgestel word nie. Dan is die dokumente nie daar of word gewag op verslag of iemand is siek of n hofsaak binne hofsaak gevoer of getuienis toelaatbaar is al dan nie en dan appel aangeteken en aangehoor ens. So word dit uitgerek en kos dit miljoene. Laat ons sien hoe lyk die prestasie/produktiwiteit of is daar nie so iets?

Nuuskierig ·

Daar is by my geen twyfel dat hy skuldig is nie maar hy sal seker met moord wegkom net soos Oscar. Wat ek baie graag sou wou weet is hoekom hy dit gedoen het…motief. En ja wie betaal vir die leefstyl van hom??? Dis belaglik.

Tina du Toit ·

Dr H, ek het daai selfde ding gewonder. Hy ontwapen die aanvaller en gooi weer wapen terug na aanvaller toe. Ek sou verseker die byl gehou het en die aanvaller in stukke gelos het. Ek kan nie wag dat die legkaart klaar is nie.

Gawie ·

Nico sê die tyd van die reses word gebruik sodat die regter sy uitspraak kan skryf. Maar die berig sê dat die staat na die reses nog sowat drie weke gaan nodig hê om hul saak klaar te stel. Daarna moet die verdedeging nog hulle kant stel, en dit kan nog langer neem. Die regter kan dan mos nog nie nou al sy uitspraak skryf nie?

Regtersklerk ·

Met hierdie tipe sake sit Regters van vroeg oggend tot laat middag in die Hof en luister, neem aantekeninge en observeer. Na ure gaan hulle die dag se getuienis na, doen opsommings, lees gesag, Hofreels en vorige uitsprake van soortgelyke gebeure/getuienis/hoof-getuienis en kruisondervraging. Dan begin hulle so stuk-stuk met die opstel van hul uitsprake (groot sake se uitsprake kan honderde blaaie lank wees). Regters doen nie net die EEN verhoor waarmee hulle besig is nie. Intussen kry hulle appélle waarop hulle moet voorberei (dit kan honderde bladsye lank wees), daarop moet ook uitsprake op geskryf word. Dan kry hulle nog petisies/hersienings/dringende aansoeke/mosiehof waarvoor hulle ook moet voorberei, uitsprake ens lewer. Intussen kry hulle besoeke in kamers vir konsepbevele, hulle moet verslae en statistieke voorberei. Hulle gaan op Rondgaande Hof in ander dorpe waar hule vir een tot ses weke uit kamers is met strafsake. Hulle moet vergarderings bywoon met die Regter President. Sommige van hulle doen ook tronkbesoeke en lewer verslag. Die Regters word opgedeel om vir een of twee weke tydens reses aan diens te wees sodat daar altyd ‘n Regter beskikbaar is vir mosiehof en dringende aansoeke ens… Oh ja… intussen moet hulle eet, slaap en tyd met die familie ook spandeer. Hulle is ook net mens! Ek werk vir ‘n Regter – viva reses!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.