Bylmoorde-saak: Neuroloog gepols oor diagnose

Henri van Breda. Foto: ANA

Henri van Breda se verhoor is Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof uitgestel nadat die verdediging sy saak afgesluit het.

Regter Siraj Desai het die saak tot 12 Februarie uitgestel om die staat en verdediging tyd te gee om hul slotbetoë voor te berei.

Dr. James Butler, ʼn neuroloog, het getuig hy glo Van Breda het op 27 Januarie 2015 ʼn epileptiese aanval gehad toe sy ouers en broer vermoor is en sy suster ernstig beseer is. Hy het getuig dat só ʼn aanval die twee uur en 40 minute tydsverloop in Van Breda se tydlyn van gebeure kan verduidelik.

Butler het vroeër getuig dié tydsverloop, wat Van Breda beweer hy bewusteloos was, nie net geheueverlies is nie. “Vir hom om vir twee uur en 40 minute daar te lê beteken dit is meer as geheueverlies. Dit kon ʼn aanval van twee minute gewees het en dan ʼn tydperk waar die brein disfunksioneel was. Of dit kan ‘n lang aanval van tot veertig minute gewees het waar die brein daarna disfunksioneel was.”

Butler het ook getuig die gebrek aan dringendheid in Van Breda se stem toe hy die nooddienste gekontak het, kan wees as gevolg van die toestand waar sy brein moontlik disfunksioneel was. “Mense is stadig, traag en saai. Hy het vir my gesê hy het na die tyd gedisoriënteerd gevoel. Hy het gesê sy geheue is gefragmenteer en het geleidelik verbeter.” Butler het Woensdag getuig dat hy glo Van Breda het tydens twee vorige gevalle ook aanvalle gehad.

Regter Desai het daarop gewys dat die diagnose twee en ʼn half jaar later gemaak word, “in die middel van ʼn verhoor wat hoogs omstrede en belaai is”. Desai het gesê dit maak die diagnose moeilik. Butler het egter volgehou hy is seker van sy diagnose.

Staatsaanklaer adv. Susan Galloway wou weet hoekom Van Breda, indien hy ʼn aanval gehad het en vir lank bewusteloos was, nie vir die dokter wat hom ná die moorde ondersoek het, daarvan gesê het nie. Sy wou ook weet of Van Breda in sy toestand self beserings kon toedien. “Ek sou dink dit sal gebeur voor die aanval wanneer die brein nog reg funksioneer,” het Butler gesê.

Galloway het gesê Van Breda het ʼn verduideliking gehad vir die tydsduur van twee uur en 40 minute. “Voor jy getuig het, het die beskuldigde gesê dit kon weens ʼn val gewees het en toe het hy gesê dis dalk van stres omdat hy sy ma en suster gesien het. Nou dat jy in die prentjie is, is die verduideliking epilepsie.”

Van Breda ontken skuld op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en een van dwarsboming van die gereg. Hy beweer sy gesin is deur ʼn inbreker in hul huis in die De Zalze-landgoed in Stellenbosch aangeval.

Die staat voer aan Van Breda het sy ouers en broer vermoor, sy suster ernstig beseer en sy geringe wonde self toegedien om dit te laat lyk asof hy ook aangeval is.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

zeno ·

Stem saam met Regter Desai. Diagnose word nou gemaak vir moorde wat meer as twee gelede plaasgevind het,of het ek die kat aan die stert beet.

Marie ·

My kind van 18 kry ook epilepsy en voor sy hom kry en na dat sy hom gekry het weet sy nie es da van nie tensy ek ha se syt n anfal gehaat en vat so 2 tot 3 uure voor sy wee jultemel wee ha self is dis normaal en praat baie stadag en lyk of sy op draks is en die meeste van die tyt kry sy dit as gevolg van stres en spanning op skool sys nou 18

Looi hom ·

Ek sê nog. As die sussie kon terug gaan skool toe dan het sy tog tot ‘n sekere mater herstel. Hou op om haar in watte toe te draai en laat sy in camera getuig en ondervra word met die nodige assestering.

Ekke ·

Regter Desai beskou nie die “nat broek” enigsins belangrik nie. Dis nogsteeds snaaks dat die familie so na aanmekaar was maar die oom het geensins getuig van enige aanvalle. Ten minste het ons nou ‘n datum vir die slotbetoee en dan die uitspraak. Daardie paar skoene wat aan die onderpunt van die trap gestaan het met die sigarette binnein? Moontlik daar uitgetrek dat sy gesin hom nie moet hoor opkom met die trappe. Wag en hoor maar wat die uitspraak se.

Petro ·

Ekke mens kry 100de verskillede tiepes epilepsie, nie almal is val op die grond, ruk en skuim nie. Ek self het “petite mal” epilepsie ek hou net op asemhaal en niks verder. Ek het dit 5jaar gehad voor ons dit eers agter gekom het en dit gediagnoseer was so dit is moontlik dat nie hy of sy familie daarvan bewus was nie

Petro ·

Ek het self epilepsie, hy kan nog steed verantwoordelik gehou word vir die moorder. Dit is net ‘n antwoord op die vraag van sy “gehueverlies” na die moorder. Dit wat jy doen voor ‘n aanval kan mens goed genoeg onthou dit is sleg ten tye van ‘n aanval en gewoontlik so rukkie na een wat jy nie kan onthou nie. So die epilepsie kan nie as verskoning gebruik word vir die moorde nie, maar is dalk die oorsaak dat hy nie dadelik nood nommers geskakel het nie

pieterdp ·

Ek stem nie saam en het n broer wat epilepsie kry. Waar hy normaal geloop en aan gegaan het is hy nie n kripel. Dit as gevolg van die brein wat van sy vinksies vir loor het.

Mariki ·

En hoeveel mense maak nie hulle broeke nat waneer hulle onder die invloed van alkohol is nie? Ek het dit menige male in my lewe as mediese persoon gesien. En hulle is ook totaal onbewus daarvan. Nou word dit skielik amper uitsluitlik aan epilepsie gekoppel!! Wat ‘n klomp bog! Gelukkig is regter Desai na my mening nie so “gullible” nie.

Net so ·

Net so Mariki, ek stem 100%. Hy het in elk geval meer as die wyn gedrink waarvan hul nou praat, dit het al voor dit uitgekom deur homself, of nee dalk skuif hy nou dit toe aan deurmekaar. Daardie oproep alleen is sowaar nie van iemand met epilepsie nie, dit is iemand wat dink dit wat hy sien is ‘n vet grap en groot oorwinning. Hulle kan jok sover hul wil, dit kan nie die daad na ander hande skuif nie.

Kwagga ·

Enigste persoon wat weet is die Sussie…..
Begin op haar geheue fokus en werk. Daardie slim mense behoort tog op n manier dit te kan verfris. Wil in DIE saak eerder nie oordeel nie.

Wonder ·

Dit sal nogal interessant wees om die uiteinde van die saak te sien.
Gaan sy getuienis ook in flarde geskeur word soos met die Steenkamp saak en geregtigheid seevier of nie, en gaan die regte prosedure en riglyne vir vonnis oplegging gevolg word anders as in Oscar se saak (hoewel Oscar nadese n swarder vonnis opgelê is)

Anoniem ·

Wat?! Dis 2 totaal verskillende sake met heeltemal verskillende omstandighede, wapens, mense end. Jy kan dit glad nie met mekaar vergelyk nie

Suzie ·

Marie, wil jy nie maar asseblief jou woorde voluit tik sodat ons almal kan lees en verstaan wat jy sê nie? Ek wil graag sien wat jy skryf, maar ek kan ongelukkig nie “snelskrif” lees nie.

Genieve ·

Ja nee baie raaisels in die hofsaak Ek stem met jou saam met die skoene onder die trappe met sy sigerette…en nou n elipsie wat praat.

Ek koop dit nie ·

Ek koop dit nie Dr Butler, jou getuienis is so verregaande soos die hele Henri sage. Almal moet slaap en ek wonder hoe doen mens dit as jy so ver gaan.

Nog iets ·

Nog iets, die man sou nie getuig as hy nie laaste kon getuig, die regter sê toe, hy sal dus nie later kan nie, toe bring hul kenners in & sowaar speel vuil, dring aan op se getuienis te lewer (sy regshulp), dan kom hul agter oops ons het opgeslip met 2h40 minute, kom ons gaan leen ‘n epilepsie. Ek is jammer dit is net te gerieflik en verregaande, dat mens skielik kan epilepsie kry en net hy, die meisie en dr sien dit……. 2h40 ‘n lekker nuwe naam vir Dr Butler, Twohours (naam) Fortyminutes(van)

bollie ·

Ek dink steeds sy suster kon waardevolle inloigting gee. Sy mag dalk nie die betrokke dag se gebeure onthou nie maar sal seer sekerlik waardevolle inligting kan verskaf rakende die verhoudinge tussen die gesinslede. Dis jammer dat sy nie getuig het nie. Een ding wat ek opgemerk het, is dat geen familielede hom ondersteun by die hof nie.

pieterdp ·

So oordeul baie en wil self met die byl in die hand staan om die persoon se kop te ys.
Al wat ek kan sê is,moet nie oirdeul nie en ek kry die regter jamer. Waas hy die wysheid van Salemo gaan kry weet ek nie.

Pippie ·

Al wat ek wil sê is die oordeel (nie oordeul of oirdeul nie want daar bestaan nie so woord in Afrikaans or for that matter enige ander van ons 11 amptelike tale) kom die regsbank toe. Die regsbank is ‘n verlenging van die samelewewing. Die samelewing waarin ons woon en waarvan ons deel is. Dus per implikasie kom die oordeel ons as lede van die samelewing toe. So hou asseblief tog op met daardie relaas!

PJC ·

Iets in hierdie storie maak nie sin. Sal interressant wees om te sien wat die regter se bevindigs asook sy redes hoekom hy die bevindings maak.

Pop ·

Bollie sg oom en tannie sit lke hofsaak bo in gallery. Oom kom van oorsee af, maar hys daar. Die stomme kind word van erge dinge beskuldig. Kry hom jammer want ek glo van dag een af hys onskuldig. Dat mense in ieder geval so lekker kry oor ander se ellende. God het nie werk in SA nie. Hier oordeel en vonnis die mense sommer self.

Mariaan ·

Regtig???? So skuldig soos kan kom….jy moet blind wees om dit nie raak te sien nie…niks met oordeel te doen nie…dis logies…hierdie mannetjie moet sy straf kry…sies….om ditcaan jou familie te doen

Sjoe ·

Sjoe, maar jy is naiief, bloed& Dna in stort Henri, Rudi & Ma, so dink jy Ma & Rudi het gou gaan stort nadat hul met die byl aangeval is & toe gaan lê en doodgaan met fatale houe veral die Ma? Al die stories wat hul opgedis het & vanaf gewyk het direk na aanval tot nou? Ter inligting ek kry nie lekker, my hart pyn vir dit waarmee sy ouers moes deel in hul sterwens oomblik.

Piet ·

Dis hoekom die boek “are judges human” geskryf is. Sodra daar emosie betrokke raak dan word logika by die agterdeur uit geskop. Terloops, as die publiek iemand onskuldig bevind (i.p.v. ‘n regter) dan oordeel hulle mos ook, of is dit nou net die wat vermoed hy is skuldig wat sondig?

Sjoe ·

Ai tog ou Piet, ons oordeel nie, ons luister na die feite en as jy werklik na al die feite nog by hom en sy steeds veranderde weergawes staan, is dit jou keuse. Bloed & Dna op klere en stort jok nie, die mens kan wel. Geen maar geen ander DNA in die huis, regtig jy moet regtig toe wees of geen regskennis of misdaad kennis of logika hê nie.

Nog iets ·

Ja ou Piet nog iets, ek sê ook as daar miljoene op die spel is……..

Luister ·

Moet nie vergeet van al die ander getuienisse en bewyse nie. Ek dink die bloedspatsels op Henri se broek gaan deuslaggewend wees.

Penelope ·

Net hy sal weet wat gebeur het, en ek stem dat hul bietjie met sy sussie moet werk. Als klink nie pluis nie. En wat se die meisie van die aanval wat Henri gekry het by haar?

Lelie ·

Ek stem saam met jou Pop.
Ek glo dat hy dit nie gedoen het nie..
Ek hoop en glo dat sy sussie wel eendag sal onthou wat gebeur het dat almal die waarheid kan hoor !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.