Bylmoorde-saak: ‘Onus rus op staat om saak te bewys’

Henri van Breda in die hof 13 Februarie. Foto: ANA.

Adv. Piet Botha, vir die verdediging, het Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê dat die staat nie sy saak teen Henri Van Breda bo redelike twyfel bewys het nie.

Hy het gesê die staat se saak is op spekulasie gegrond en is van swak gehalte. “Afleidings moet van feite gemaak word,” het Botha gesê.

Van Breda het skuld ontken op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en een van dwarsboming van die gereg. Hy beweer sy gesin is deur ʼn inbreker in hul huis in die De Zalze-landgoed in Stellenbosch aangeval.

Die staat voer aan Van Breda het sy ouers en broer vermoor, sy suster ernstig beseer en sy geringe wonde self toegedien om dit te laat lyk asof hy ook aangeval is.

Senior staatsaanklaer Susan Galloway het tydens slotbetoë gesê die bylaanval op Martin, Teresa, Rudi en Marli van Breda is uitgevoer met die doel om te moor. Sy het gesê die feit dat Marli die aanval oorleef het, is nie ʼn aanduiding van ʼn “minder ernstige aanval nie, maar eerder van ʼn wonderwerk”.

Volgens Botha moet die hof besluit wat die identiteit van die aanvaller(s) is.

Volgens hom was daar ʼn poging deur die staat om die indruk te skep dat die Van Breda woning-ondeurdringbaar is, dat niks gesteel is nie, dat daar geen bewyse is dat die gronde betree is nie, dat ʼn vurige argument 26 Januarie van 22:00 tot middernag die aanvalle voorafgegaan het en dat Breda anders as die res van die gesin slegs oppervlakkige beserings opgedoen het.

“ʼn Mens kan spekuleer, jy kan sê die hond was in die motorhuis, jy kan sê dat hy sigarette gerook het terwyl hy vir sy suster gewag het om dood te gaan. Jy kan jouself oortuig dat die staat ʼn sterk saak gemaak het, maar die onus rus op die staat en nie die beskuldigde nie om sy saak te bewys. Ons voer aan dat die gevolgtrekking nie kan wees dat die staat sy saak bo redelike twyfel bewys het nie. Die fisieke bewyse dui in ʼn ander rigting, of skep in die minste redelike twyfel,” het Botha gesê.

Volgens hom was Van Breda ʼn goeie getuie en het hy nie van sy weergawe van die gebeure afgewyk nie.

Botha het ook aangevoer dat die omstandigheidsgetuienis wat deur die staat voorgehou is die beskuldigde se weergawe ondersteun en nie die staat sʼn nie.

“Die omstandigheidsgetuienis wat deur die staat voorgehou is om sy saak teen die beskuldigde te bewys, regverdig nie – as die enigste afleiding – dat die beskuldigde die persoon is wat die gesin aangeval het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Onnie ·

Flou poging advokaat Botha. Ek dink nie eers jy oortuig jouself nie. Wat nog the sê die regter of die publiek!!

Frik ·

Stem saam. Redeliker afleiding van die feite wys meer dat van Breda skuldig is .

apie ·

regter Desai is goed en bevraagteken baie wat as feite voorgehou word. .Ekself wonder hoe van breda aangeval is en sy “wonde” verklaar. Wie staan stil dat iemand ‘n paar
netjiese hutsmerke op jou liggaam teken?

TLC ·

Sarie ek sê jou watch this space Rikus sonder sout. Ek is baie gesondheids bewus maar ek twyfel of dit nodig gaan wees. En as ek verkeerd is mag jy my 1st daaraan herhinder?

LHS ·

…….en hiermee erken die advokaat dat sy klient skuldig is, dat daar niks is wat hy kan gebruik om sy onskuld te bewys nie, dan val ons terug op die oudste trick in die boek, okay staat, gee die bewyse dat dit hy was, bewyse bo redelike twyfel.

CAROL ·

Geen ander DNA is gevind nie, Breda is al 1 wat lewe??? Nee wat seker die man in die maan wat dit gedoen het. Wonder of daai Adv nie sy graad gekoop het nie???

CAROL ·

Daar is geen ander DNA gevind nie!!! Breda is al 1 wat lewe. Was seker die man in die maan wat dit gedoen het!! Daai ADV het seker sy graad gekoop!!!

CAROL ·

Rickus moenie vergeet om die “tamatie sous” saam te offer nie …… lol

PJC ·

Al hierdie gebeure is veroorsaak deur dwelmgebruik. Dit is hoekom daar geen genade vir smokkelaars moet wees nie want duisende jong mense en gesinne word hierdeur verwoes.

Wonder ·

Die wereld se oe is op ons!Wat het die staat se ondersoekers misgekyk!Eendag is eendag dan gaan Mareli onthou

Maggie ·

Ek stem.Marlie se geheue sal wel terug kom al is dit stuk vir stuk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.