Bylmoorde-saak: Sekuriteitsbestuurder getuig

Henri van Breda in die hof (April 2017) Foto: Catherine Rice/ANA

Henri van Breda was Maandag vir die sewende dag in die Wes-Kaapse hooggeregshof waar die sekuriteitsbestuurder van die De Zalze-landgoed getuig het.

Die 22-jarige word daarvan beskuldig dat hy sy ma, pa en broer in Januarie 2015 by hul huis op die landgoed met ʼn byl vermoor het. Sy sussie, Marli, wat in daardie stadium 16 jaar oud was, het die aanval oorleef. Van Breda het skuld ontken op drie aanklagte van moord en een van poging tot moord, asook ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg.

Die sekuriteitsbestuurder Marcia Rossouw het aan die hof gesê alhoewel daar die aand van die moorde vier aktiverings was, was dit nie “ware alarms” nie, maar kan eerder toegeskryf word aan ʼn kragonderbreking.

Rossouw werk al sedert Februarie 2014 by die luukse landgoed en sy het getuig dat verskeie verbeterings aan die stelsel gedoen moes word toe sy by die landgoed begin werk het. Die elektriese heining is in September 2014 opgegradeer, en bykomende kameras is in 2015 geïnstalleer, maar nie as gevolg van die moorde nie.

Sy het gesê een kamera kan 360 grade draai en die ander kan van 800 m fokus. Kameras is op al die strategiese punte geïnstalleer, asook by die hekke, en ʼn infrarooikamera fokus op die rivier.

Sy het gesê die landgoed het twee veiligheidsroetes, een binne die landgoed en die ander om die grensdraad. Sy het gesê alle patrollies is die aand afgehandel.

Die Van Breda-huis is in die middel van die landgoed geleë. Die R44 loop langs die landgoed verby en daar is ook ʼn Protea-hotel, twee plase, ʼn vliegveld en ʼn munisipale veld aangrensend tot die landgoed, het sy getuig.

Sy het gesê sy weet van die voorval van ʼn polisiebeampte wat tot by die hek gejaag het. “ʼn Veiligheidsbeampte het hulle vergesel en nog een het op pad na die huis by hulle aangesluit.”

Sy het aan die hof gesê sy het “dadelik versoek dat ʼn veiligheidsbeampte elke sentimeter van die heining nagaan om te bepaal of daar enige teken van onregmatige toegang was”. Sy het ook kameraverslae versoek.

Toegang word baie streng by die landgoed beheer en inwoners kan slegs met hul toegangskaarte die landgoed betree. Sy het gesê inwoners laat soms ander persone toe om hul toegangskaarte te gebruik, “maar dit word nie toegelaat nie”.

Op die aand van die moorde het 18 persone die drie hekke van die landgoed gebruik. Almal het toegangskaarte gehad. “Inwoners sal geluide of enigiets buitengewoon aanmeld, maar daar was niks die aand van die moorde nie.”

Rossouw het gesê daar is niks in hul rekords wat wys dat enigiets verdag gebeur het nie.

Pieter Botha, vir Van Breda, het egter leemtes in die veiligheidstelsel uitgewys en Rossouw moes verskeie toegewings maak in haar kruisondervraging.

Aktiverings op die alarmstelsel is sigbaar in ʼn beheerkamer in Parow, en ʼn veiligheidsbeampte word daarna in kennis gestel en die stelsel word herstel sodra die kwessie opgelos is. Botha voer aan dat, indien ʼn tak op die heining geplaas word en die alarm geaktiveer word, kan ʼn persoon oor die heining klim terwyl die patrolliebeampte op pad is, en totdat die alarm gedeaktiveer is.

Rossouw het toegegee dat dit moontlik sou wees om só toegang te bekom, maar sy het gesê ʼn kamera sou opgemerk het indien iemand oor die heining geklim het.

Regter Siraj Desai wou weet of dit moontlik sou wees om ʼn tonnel onder deur die heining te grawe, maar Rossouw het gesê daar was geen teken daarvan nie. Daar was ook nie voetspore, gebreekte bosse of tekens dat ʼn gat gegrawe is nie. Sy het gesê iemand sou baie diep moes grawe en sou ook moontlik geskok word.

Botha het gefokus op ʼn verslag van 2012 wat deur Thorburn Security, die maatskappy wat vir die veiligheid by die landgoed verantwoordelik is, opgestel is. Verskeie probleemgebiede, “wat daardie aand ook probleemgebiede was” is uitgewys.

Hy het daarop gewys dat slegs 35% van die heining deur kameras gedek word. Indien iemand onregmatig toegang bekom het, sou dit tussen vyf en agt minute duur voor ʼn patrolliemotor opdaag. Rossouw het egter gesê die reaksietyd is minder as vier minute.

Botha het ook daarop gewys dat daar ʼn breuk in die sekuriteit was toe ʼn verslaggewer toegang bekom het en foto’s van die huis geneem het. Hy het gesê hy het gesien hoe die verslaggewer uit ʼn ongemerkte motor foto’s neem. Rossouw het toegegee dat dit nie moeilik sou wees om dit te doen nie.

Botha het ook na vorige inbrake en diefstal by De Zalze verwys en gesê toegang is bekom deur die grensdraad naby die rivier.

Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Sê maar net ·

Dalk inwoners of hul vriende? Onthou onskuldig tot skuldig bewys.

Oh my word ·

Oh my word, is dit n belaglikheids kompetisie. Regtig ander stink ryk mense kom vermoor in n Afrikaanse aksent en balaklawas die gesin, om wat daaruit te kry, die seun te frame. Jul kikker beslis nie Deon Meyer se skryf planne op nie, dit is verby fiksie. Verder Adv Botha daar kon grawings etc gewees het, maar daar was nie, hou op jul wil moorde regverdig, wag maar tot hy hom vir jul vererg, chop chop met n lekker laggie. Of dalk weer bietjie online gaming en deurmekaar raak met realiteit.

Kaaspaas ·

Sou dink mense slaap met vensters toe en deure gesluit. Geen geforseerde toegang???? Word walker en sien alles maar Gil en skreeu nie on hulp?? Huise is mos teen aan mekaar? Baie snaaks

Marsha ·

Waarom vertel die suster nie net wat gebeur het ni.En as sy hom wil beskerm sluit haar toe vir dwarsboming van die gereg totdat sy praat.Waarom moet die staat se geld gemors word met lang uitgerekte onnodige hofsake.Almal weet wie dit gedoen het jy hoef nie Einstein te wees om dit uit te werk nie.

Wanda ·

Marsha, weet nie hoeveel jy van die saak weet nie, maar die sussie het geheel en al geheue verlies. So sy kan glad nie getuig nie. Sy het erge kop wonde op gedoen en almal hoop sy kan iets onthou.

se iets ·

Wanda, ek persoonlik dink ook die sussie kan onthou want hoekom is sy nie in die hof om te sien wat gebeur met haar broer nie en hoekom weet niks en niemand waar sy nou is nie. Ewe skielik na dat sy ontslaan is – het sy soos mis voor die son verdwyn? dis maar net n vraag en mens wonder maar net dat ewe skielik hoor jy niks meer van haar nie glad nie.

Theresa ·

Die skokkende ervaring waardeur wie ookal wat dit gesien het, deurleef het, kan enige gesonde verstand te bowe gaan. Veral as dit familie is! Wag om te hoor wat aangegaan het en sit eerder ‘n wag voor die mond. Ek het net eendag iemand onder my venster in ‘n tuin oor ‘die hekkie sien klim en kon glad nie onthou watter nommer om op die sel te bel vir nood nie. Seker ook maar stupid volgens al die wyse veroordelendes ? Bid dat so iets jul nooit oorkom nie. Hoe weet jy hoe fantasties en presies jy sal optree in so iets vreesliks.

tish ·

hierdie knaap is besig om almal se tyd te mors.
indien geregtigheid nie see vier in hierdie lewe nie, sal die een verantwoordelik wel eendag moet boet hiervoor.

feit bly net saam almal is vermoor maar hierdie knaap spring die moorde vry?
ongehoord………….

CAROL ·

Tish ek stem saam jou. mors net ons belasting geld. hy is skuldig!!! sluit toe en gooi sleutel en die duplikaat sleutel in die vuur

Stem ·

Ek stem saam Tish. Hy kom weg met net ‘n paar skrapies op sy arms, maar sy ma en pa is vermoor met ‘n byl, en die suster ook half dood agter gelaat… Dis bietjie “fishy”

Ekke ·

Wonder of die polisie ooit gedink het daaraan om duikers in daardie golflandgoed se damme te soek vir die byl!!!!

t ·

Occam’s Razor:- Van alle moontlike antwoorde is die eenvoudigste een gewoonlik die regte een. Die waarheid sal seëvier.

SARIE VAN HEERDEN ·

dit was in koerante dat hy behandel is vir dwelmmisbruik en toe gerehabiliteer is. Wie se hierdie mense met klapmuste het nie, toe hy nie meer van hulle koop nie, teruggekom om hom ‘n “les” te leer. Dwelmhandelaars laat nie met hul speel nie. Ek dink hier is ‘n ander kinkel in hierdie kabel. Wie is in beheer in verkope en voorsiening van dwelms in die Kaap? Is dit nie vanwaar die Afrikaanse aksent vandaan kom nie? Ek glo nie hierdie jongman het sy ouers en broer vermoor nie.

PATSY ·

Sjoe enige sekuriteits maatskappy het tyd nodig om by die eiendom te kom waar nodig. Hier verwag hulle dat die mense onmiddellik op die perseel moet wees sodra die liggies flikker. My sekuriteit is nie eens so vinnig nie.

Anne-Marie ·

Ek vra maar net…..hoehom homself oorgee aan die polisie as hy nie skuldig is nie?

SARIE VAN HEERDENS ·

Anne-Marie, Mens gee jouself nie sommer na keuse oor aan die polisie nie. Jy is ‘n beskuldigde en dan word jy gedagvaar om polisie toe te gaan en jou oor te gee. Dit is GEEN bewys van skuld nie. Kyk wat gebeur nou in Coligny waar ‘n man wat homself probeer verdedig het nou in die moeilikheid is en aangekla van enigiets van moord, poging tot moord en wie weet wat nog alles.

Elsabe Otto ·

En mens teken alarm aan! Daar was sekuriteit. Hyt nie nodig gehad om solank te wag om konsuis nommers te soek nie

olie ·

Geld, Geld wat praat Henry so jong….mense sonder geld moet onmiddelik tronk toe gaan. Dit maak my woedend, mense moet regverdig behandel word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.