Bylmoorde-saak: Só lyk moordwapens

Die byl wat vermoedelik in die aanval gebruik is (Foto: ANA)

Die Van Breda-gesin se voormalige huishulp het Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig die byl wat glo gebruik is om die moorde mee te pleeg is in die huis se opwaskamer gebêre.

Precious Munyongani het getuig sy het in Oktober 2014 vir die Van Breda-gesin begin werk. Sy het drie dae per week gewerk. Munyongani het getuig in die verhoor van Henri van Breda (22) wat daarvan beskuldig word dat hy sy pa, Martin van Breda (54), ma Theresa (55) en broer Rudi (22) op 26 Januarie 2015 met ʼn byl in die gesin se huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch vermoor het. Sy sussie, Marli (toe 16 jaar oud), het die aanval oorleef, maar ʼn breinbesering opgedoen en sy ly aan geheueverlies.

Volgens Munyongani het sy ’n toegangskaart gehad om toegang tot die De Zalze-landgoed te verkry en dat sy haar duimafdruk ook moes gebruik. Sy is toe per taxi na die huis.

Die mes wat vermoedelik in die aanval gebruik is (Foto: ANA)

Munyongani het getuig dat sy op 26 Januarie 2015 aan diens was. Sy het getuig ʼn byl is op ʼn rak in die opwaskamer gebêre en ʼn stel messe is in ʼn laai langs die stoof gehou. ʼn Byl en ʼn mes wat glo in die moorde gebruik is, is in die hof gewys en volgens Munyongani het dit gelyk soos die byl en mes wat in die huis was.

Munyongani het getuig dat ʼn lys met noodnommers aan haar uitgewys is toe sy vir die gesin begin werk het en dat sy aangeraai is om dié nommers te skakel indien iets sou gebeur.

Volgens Munyongani het Henri gerook hoewel nooit voor die ander gesinslede nie. Sy het gesê Henri en sy broer, Rudi, het nie regtig baie gepraat nie, maar dat sy nooit enige probleme in die gesin opgemerk het nie.

Marli se destydse kêrel, James Jahn, sal na verwagting Donderdag getuig.

Lees alle vorige berigte oor die bylmoorde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Erick ·

Vergeef my asb maar hy lyk soos Michael van die 80s fliek, Halloween.

Wonder ·

Hoekom kry hierdie moordsaak soveel publisiteit? Sensasie?

cor ·

Die saak vergelyk nogal baie met onlangse vorige sake waar die beskuldigdes heeltyd onskuldig gepleit het en elemente van buite geinkrimineer het. Deesdae so maklik om die wetteloosheid en anargie in die land die skuld te gee vir elke misdaad en die staat moet die teendeel bewys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.