Bylmoorde-saak: ‘Stres kan tot aanvalle lei’

James Butler (Foto: Courtney Africa/ANA)

ʼn Neuroloog het getuig dat aansittery (voorgee dat jy ʼn siekte het) só onwaarskynlik is, dat dit verwerp kan word in die geval van die 23-jarige Henri van Breda se moordsaak.

Dr. James Butler, getuie vir die verdediging, het Dinsdag vir ʼn tweede dag getuig dat Van Breda ongetwyfeld ʼn epileptiese aanval gehad het die aand in Januarie 2015 toe sy ouers en broer vermoor en sy suster ernstig beseer is in hul huis in Stellenbosch.

Hy het aan die hof gesê ʼn foto wat ná die moorde van Van Breda geneem is, wys dat hy ʼn glips gehad het en daar was baie urine voor- en agterop sy kortbroek. “Hy het gesê hy was nie daarvan bewus dat hy ʼn glips gehad het voor hy sy geheue verloor het nie. Dit veronderstel dat die urinêre inkontinensie plaasgevind het tydens die periode van geheueverlies; die twee uur en veertig minute.”

Butler het aan die hof gesê die inkontinensie kom gereeld voor tydens ʼn epileptiese toeval, maar regter Siraj Desai het daarop gewys dat dit moontlik ook kon plaasvind weens die gebeure van daardie aand.

Butler het gesê Van Breda sou ʼn gewysigde toestand van bewussyn beleef het ná die epileptiese aanval en “sy brein sou nie goed gewerk het nie”, wat ook ʼn verklaring kan wees waarom Van Breda kalm was toe hy die paramedici gekontak het. “Mense is stadig en traag. Hy het vir my gesê hy het gedisoriënteerd gevoel. Hy het gesê hy kan nie alles onthou nie en hy het stadigaan verbeter.”

Butler het aan die hof gesê dié toestand kan soms ure en soms dae lank duur. Volgens hom kan drie faktore bydra tot ʼn hoër risiko vir ʼn toeval dié aand: ʼn gebrek aan slaap, te veel alkohol en uitermatige stres. “Dit kan alles tot ʼn toeval lei.”

Van Breda het beweer hy en sy pa het vroeër die aand ʼn bottel wyn gedeel.

Butler het tydens kruisondervraging toegegee dat daar geen mediese bewyse is ná ʼn toeval nie. Senior staatsaanklaer Susan Galloway het gesê Butler sou die inligting moes glo wat Van Breda vir hom gegee het. Van Breda sou boonop ook maklik epilepsie op Google kon opsoek om meer te lees oor die simptome van die toestand.

Van Breda voer aan ʼn aanvaller, gewapen met ʼn mes en ʼn byl, het die aanvalle uitgevoer. Hy het in sy pleitverduideliking gesê hy het, toe hy die aanvaller agternagesit het, gestruikel en by die trappe afgeval. “Ek weet nie waarom ek geval het nie, maar ek het nogal seer geval.”

Ná die aanvaller gevlug het, het hy sy meisie probeer bel, maar nie reggekom nie. Hy het daarna weer by die trappe opgegaan en kon sy hoor Rudi in die slaapkamer hoor. Hy het ook sy sussie Marli sien beweeg. “Ek het daarna my bewussyn verloor. Ek weet nie of dit weens skok was of die beserings wat ek opgedoen het toe ek geval het, of ʼn kombinasie van die twee nie.”

Butler het aan die hof gesê die tydperk van twee uur en veertig minute wat verloop het, en Van Breda aanvoer hy sy bewussyn verloor het voor hy die nooddienste gekontak het, is nie net geheueverlies nie. “Vir hom om twee uur en veertig minute daar te lê, beteken dis meer as net geheueverlies. Dit is moontlik dat dit ʼn epileptiese aanval was van twee minute, en daarna die alternatiewe bewussynstoestand. Of dit was moontlik ʼn lang toeval van veertig minute en daarna die alternatiewe bewussynstoestand.”

Die hofsaak is twee weke gelede onderbreek toe die hof gehoor het die beskuldigde het op 8 November ʼn epileptiese aanval gehad. Hy was die naweek in die hospitaal en het ʼn reeks toetse ondergaan en is gediagnoseer met jeug- miokloniese epilepsie.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Cherokee ·

Ek wonder wat jy bedoel met jou vraag want dit is uiters logies dat hulle probeer om ‘n slotsom
te bereik wat onteenseglik is. Nou hoef jy nie meer te wonder nie.

Bosbok ·

@ Bra Wonder. Ek stem saam . So dit mag dalk verklaar hoekom hy solank gevat het om die nooddieste te kontak, maar dit het niks te doen met die bewys of hy die moord gepleeg het of nie…

alwyn burger ·

Professionele menings in die Oscar Pretoriussaak : “Oscar ly aan algemene angsversteuring”– Prof. Merryll Vorster
“Oscar lei nie aan geestesversteuring nie”–Weskoppies.
Gaan daar nie ander menings in die Henry-saak wees nie?.

Domvraag ·

Merryl Vorster kon deur net n paar uur se konsultasie bevind dat Oscar nog voor geboorte aan n siektetoestand ly.??
Dr Butler doen nou dieselfde deur n paar uur se konsultasie is hy in staat om n professionele diagnose te maak en vind epilepsie om van Breda se toestand te verklaar. Dink net as die dokter meer tyd met van Breda kon spandeer watter siektetoestande sou hy dan nie dalk kon ontdek?.

2de opinie ·

Regter Desai, kry asb n 2de opinie, die stories is beslis te toevallig. Hier slaap n haas, die hakkel haas het ook per ongeluk die hele stand tydperk geslaap.

Cor ·

Dr Google help mense vandag met baie simptome van kwale waaraan n persoon kan ly sou hy so verkies. n Dokter werk op gegewens en inligting wat n pasient vir hom gee en maak sy diagnose daar volgens. Gelukkig ken die aanklaer en die regter n die saak ook vir dr. Google en kan hulle n ingeligte besluit maak of dit waar of onwaar is. Ek wil ook net weer se sulke aanvalle vra nie waar jy is en of jy gemaklik is nie as dit gebeur val jy enige plek. Lyk my die tipe waaraan die jong man lei maak dat jy nie in die hof of openbaar om val nie. Dit beskerm darem jou beeld wat nogal jammer is, want sou dit in die hof gebeur was almal meer simpatiek teen oor die jongman.

Wow ·

Wow, ek stem 100% saam, so moeg vir sulke flou verskonings, veral hier!!!! Die bloedmonsters en DNA bewyse is genoeg om jou standpunt te bevestig, so waarom nou die klomp geld en lang pad te probeer.

Opgedra ·

Ai tog ek het spesiaal ‘n nuwe naam opgedra aan die dokter, hoop dit word nou geplaas. Goeie more dit is Dr Twohours and Forty minutes wat praat, ja jy kan enige tyd ‘n epilepsie kom leen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.