Bylmoorde-saak uitgestel

Henri van Breda in die hof. Foto: Suné van Heerden

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag die verhoor teen die moordverdagte Henri van Breda tot 2 Mei uitgestel.

Van Breda het Maandag ontken dat hy sy pa, Martin van Breda (54), ma Theresa (55) en broer Rudi (22) op 26 Januarie 2015 met ʼn byl vermoor het. Sy sussie Marli (toe 16 jaar oud) het die aanval oorleef.

Die eerste polisiebeampte wat ná die moord op die toneel aangekom het, sal op 2 Mei kruisondervra word.

Die hof het Maandag tydens sers. Adrian Kleynhans, wat ook deel van die aanvanklike ondersoekspan was, se getuienis gehoor Van Breda het nie gehuil toe hy [Kleynhans] op die toneel aangekom het nie, maar hy het wel emosioneel gelyk.

Kleynhans het gesê daar was geen tekens van ʼn huisbraak nie en talle waardevolle items, waaronder ʼn televisie en ʼn handsak met geld in, was onaangeraak op die toneel.

Van Breda het Maandag skuld ontken op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en een van dwarsboming van die gereg.

Van Breda het in sy verklaring wat aan die hof voorgelees is vertel die aanvaller het eers vir Rudi met “ʼn voorwerp” aangeval, en minute later vir Martin, toe hy weens die geraas ondersoek ingestel het. Die aanvaller het daarna glo ook vir Theresa en Marli aangeval.

Van Breda het gesê hy kan onthou die aanvaller het gelag terwyl hy met die aanval besig was en was nie besorg oor sy teenwoordigheid nie.

Regter Siraj Desai, die staatsaanklaer Susan Galloway en Van Breda en sy regspan, was Dinsdag by die huis vir ʼn ondersoek ter plaatse. Verslaggewers is ook tydens die ondersoek ter plaatse toegelaat, maar is nie toegelaat om die huis binne te gaan nie.

Lees alle vorige berigte oor die bylmoorde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hannelie ·

Henri net jy weet wat gebeur het daardie aand……al wat jy moet doen is om die waarheid te vertel.

Johann ·

Hoe regverdig jy jouself as prokureur of advokaat om so n gewetenlose psigopaat te verdedig? Oooo jaaaaa,,,,jys waarskynlik self sonder n gewete om sonder om.te.skroom BLOED GELD te aanvaar as betaling? Ek skaam myself tot in die grond in om te moet WEET wat jy aanvoer as feite namens jou kluent is absurde leuns, en betaal te word daarvoor. Siek…

Ben Prinsloo ·

Johann sien die prokureur of advokaat as n huursoldaat. Hy baklei vir die persoon wat hom huur, ongeag of die persoon reg is al dan nie. Sy groot taak is om te verseker dat iemand nie skuldig moet bevind word wat eintlik onskuldig is nie. Die reg is van so n aard dat daar nie uitkomkans vir die beskuldigde is indien hy of sy oortree het nie. Die enigste probleem lê dan daarin dat die ondersoekspan onbevoeg is vir hulle taak sou die oortreder onskuldig bevind word wat dan nie die prokureur of advokaat se skuld is nie. Al fouteer die regter en die aanklaer is wakker word daar appel aangeteken, dink maar aan die Oscar saak.

Ek verskil beslis ·

Ek verskil met jou, hy is veronderstel om iemand wat onskuldig is op ‘n eerlike manier los te kry, die Advokaat het die hele uitgewerk, selfs homself so belaglik gemaak om oor ‘n hek te klim, om iemand wetend skuldig los te jok. Ek verstaan van sy werk, en sy salaris en wat jul ook al wil regverdig, maar werklik ek stem met Johann, om Bloedgeld te aanvaar om ‘n Psigopaat los te kry deur eerlike mense wat hul werk regdoen aan te vat op woordspeling – want dit is nie oor hoe hul, hul werk gedoen het nie, maar woordspeling is net totaal sosiaal onaanvaarbaar, hy is net so sleg soos ‘n plaasmoordenaar, ‘n verkragter ……. geen verskoning. Mag die Vader gee dat ek NOOIT so desperaat vir geld raak nie!

CAROL ·

HY MOET MOOI SY STORIE KEN WANT VOLGENS WET MAG JY NIE ERF GELD ERF NIE AS DIT BY GESINS MOORD BETROKKE IS

Netso ·

Netso Carol, ek hoop daar is mooi daarna gekyk en daarom sal hierdie Advokaat flippen hekke klim om hom onskuldig te kry, anders kry hy boggerol of die familie is bankrot, want glo my dit is nie 1 en 2 rand. daardie navorsing verg mense en hulle kos ook geld. Aan die anderkant sal ek my nie verbaas as hul nog omkoop sake ook probeer nie. Mag die Staatsaanklaer sterk staan en elke dink stuk vir stuk vasvat, ek weet die staat gaan ook deurloop, maar ek glo hierdie girls sal vir Henri & Kie goed besig hou.

c ·

Dink nou aan loodgieters. Hulle verdien hul geld eerlik deur aan toilette te werk.

Dirk ·

Miskien praat Henri die waarheid….. n gesplete persoonlikheid kan jou laat dink dat iemand anders die moord gepleeg het. As dit waar is, sal jy vind dat dit jy self is wat gelag het.

Maya Roon Joubert ·

Hopelik sal sussie Marli in staat wees om die waarheid voor den dag te bring! Andersinds sal GOD teregstelling doen in Sy tyd!

se iets ·

Maya – ja ons hoop so die dat hulle haar wegsteek dat die media haar nie kry of so nie want daar is wat ek glo, n moontlikheid dat sy kan onthou en dat dit nie nou by die media moet uit lek nie. Daar is iets agter die storie wat haar betref. Min mense weet waar sy is en alles. maar ek glo sy sal seker teen hom kan getuig. hy mag mos ook nie kontak met haar he nie glad nie, tot die saak klaar is, ons moet seker maar wag en kyk wat gebeur…….

Lynette ·

Dirk, ek het ook daaraan gedink. Daar is mense wat vele persoonlikhede het en wanneer een van hulle oorvat, sien die persoon dit as n ander mens.

Ig ·

Ontspan mense, hierdie is n soortgelyke geval soos Don Steenkamp.Sy turf gaan sit.

andrea van vuren ·

Wanneer jy jouself probeer loslieg, gaan die waarheid een of ander tyd uitkom. Soos met Oscar Pistorius…

Peet J ·

So baie van die debatteerders is so te sê oortuig daarvan dat Henri skuldig is, al daaraan gedink dat ‘n tweedepersoon met wie hy moontlik bevriend is of was, by die moorde betrokke kon wees. ‘n Mens verwag eintlik nie so iets van ‘n ordentlike opgevoede mens nie.

Alida ·

Snaaks dat ALMAL om hom met die byl gekap is maar kom niks oor nie! Don Steenkamp het net so gelieg die klein niksnut. Hierdie daggaroker is so skuldig soos more heeldag. Mens kan net na sy en sy Adv se weergawes te luister om te sien hulle lieg saam.

Doempie ·

Soos met Steenkamp- wonder watter gruwels in daardie huis gebeur het om die kind so te laat knak. Ek dink dat daar die ouers blaam dra (gedra het)

Scalla ·

Geld wat stom is maak reguit wat krom is, mag die waarheid seëvier,

louwrens ·

Dankie tog daar is opgeleide mense wat hierdie sake moet aanhoor, verdedig en aankla. As dit van julle afhang was hy al aan die galgtou. Gee kans. Laat die saak sy loop neem. Die waarheid sal wel uitkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.