Bylmoorde-saak: Uitspraak dán gelewer

Henri van Breda in die hof 12 Februarie). Foto: ANA.

Die voortslepende verhoor van die 23-jarige Henri van Breda kom nou uiteindelik tot ʼn einde ná 66 dae.

Regter Siraj Desai het die saak tot 23 April uitgestel vir uitspraak “om hom genoeg tyd te gee om die bewyse te evalueer”.

Van Breda het skuld ontken op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en een van dwarsboming van die gereg. Hy beweer sy gesin is deur ʼn inbreker in hul huis in die De Zalze-landgoed in Stellenbosch aangeval.

Die staat voer aan Van Breda het sy ouers en broer vermoor, sy suster ernstig beseer en sy geringe wonde self toegedien om dit te laat lyk asof hy ook aangeval is.

Senior staatsaanklaer Susan Galloway het tydens slotbetoë gesê die bylaanval op Martin, Teresa, Rudi en Marli van Breda is uitgevoer met die doel om te moor. Die feit dat Marli die aanval oorleef het, is nie ʼn aanduiding van ʼn “minder ernstige aanval nie, maar eerder van ʼn wonderwerk”.

Adv. Piet Botha, vir Van Breda, het Woensdag volgehou Van Breda se weergawe is redelik moontlik waar en verwerp die staat se saak. Hy het gesê die staat se saak is van “swak gehalte” en dit is nie bo redelike twyfel bewys nie. Hy het ook daarop gewys dat misdaad daagliks in Suid-Afrika voorkom en voer aan “die blote feit dat daar sinnelose, ysingwekkende geweld plaasgevind het, beteken nie dat iemand naby aan hulle die aanval uitgevoer het nie”.

Staatsaanklaer Susan Galloway het in antwoord op die staat se argumente gesê in teenstelling met die verdediging se bewerings was die staat se saak nie dat die landgoed “ondeurdringbaar” is nie, maar eerder dat daar “geen bewyse is dat enigiemand die landgoed onwettig betree het nie”.

Verder was daar geen groot gate in die heining ten tyde van die voorval nie, niks verdag is opgemerk nie, daar was geen berigte van die beheerkamer of die inwoners nie en niks is uit die huis gesteel nie.

Volgens Galloway het twee bloedspatsels wat op die aangrensende muur van die Van Breda-woning aangetref is, meer waarskynlik van die seuns se venster af gespat. Sy het gesê kapt. Marius Joubert, bloedspatselkenner, het getuig dat daar geen bloeddruppels gelos is deur ʼn persoon wat die huis verlaat het nie. “Dit ondersteun nie Henri se weergawe dat die aanvaller uit die huis gevlug het nie.”

Joubert het die toneel herkonstrueer, gegrond op die bloedspatselpatrone en ʼn mening gevorm dat Van Breda se weergawe hoogs onwaarskynlik is.

In antwoord op die verdediging se argument dat Van Breda se weergawe konsekwent was, het Galloway gesê dit is nie waar nie. “Die beskuldigde het materiële aspekte van sy weergawe aangepas.”

Die feit dat Marli en Teresa se bloed nie op Van Breda se liggaam aangetref is nie, is volgens Galloway ʼn abnormaliteit “wat in die meeste strafregtelike sake aangetref word”.

Sy het ook die verdediging se getuienis dat die twee uur en 40 minute wat verbygegaan het tussen die aanvalle en Van Breda se oproep aan die nooddienste weens ʼn epileptiese aanval was, bevraagteken en gesê dr. James Butler, wat vir die verdediging getuig het, het huiwerig toegegee dat Van Breda moontlik voorgegee het om siek te wees.

Die verdediging se verduideliking vir die tyd wat verbygegaan het, is dat Van Breda sy bewussyn verloor het weens ʼn stuiptrekking wat gevolg is deur ʼn postiktale toestand, ʼn toestand waar sy brein moontlik disfunksioneel was.

Galloway het ook gesê baie van die staat se verdedigingsargumente het op moontlikhede berus wat aan staatsgetuies gestel is tydens kruisondervraging. “Moontlikhede moenie tot feite verhef word nie.”

Sy het gesê vier uit die vyf lede van die Van Breda-gesin is wreed aangeval en vir dood agtergelaat en steeds is die beskuldigde lewend gelaat.

Sy beserings, na bewering self toegedien, “was anders as die res van die familie sʼn”.

“Die enigste redelike afleiding is dat die beskuldigde die aanvaller is,” het Galloway gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Fanie ·

Vriende van die mense wat hulle goed geken het het self getuig dat hy n baie moeilike kind was ek glo die staat het heeltemal reg met hulle opsoming van wat gebeur het maar mag die Hemelse Vader die regter die vermoee gee om die regte uitspraak te gee kom oms almal bid saam vir wyshyd vir die regter

Mag reg en geregtigheid geskied ·

Ek sê ook sterkte Regter Desai, ek vertrou egter jou denkwyse, ek het die hofsaak redelik heeltyd gevolg. Die staatsaanklaer Advokaat Galloway het goeie werk gedoen en die saak op feite aangebied. Die verdediging …… jammer, afleidings en om te probeer bewys die staat het prosedures nie reg gevolg gaan ongelukkig nie help, veral so saak moet op feite berus en ek weet jul het min uitkomkanse gehad om mee te werk. Ek is innig dankbaar ek hoef nie my brood en botter in jul gaval nog jam ook op so manier te verdien nie, ek sal ongelukkig nie teen my beginsels kan optree nie. Antonell Olckers & James Butler hoop die paar stukke silwer was jul eerbaarheid werd. Ongelukkig sal jul ook nie vir goeie eerbare werk onthou word nie amper soos Zuma.

rollie ·

Deskundige getuies wat vir die staat getuig, word ook vergoed.

Ekke ·

Met komplimente aan Adv Galloway en Kapt Joubert. Dink hy was ‘n uitstekende getuie. Sterkte aan Regter Desai. Kannie nie wag nie!

Zarius Landman ·

Sterkte aan Desai. Hoop hy maak die regte besluit en verwyder Henri uit die samelewing.

he he h ·

Sien hy maak homself reg vir tronk met die ou haartjies!!!

WitBlits ·

Hier gaan die Pisvokate alweer – almal wat sulke wyse regskenners is om van hulle sitkamerbanke af skuld of onskuld te spreek tydens die Oscar saak.
Wag tot regter Desai sy uitspraak gegee het, want dit is al wat tel en nie wyse Pisvokate se opinies nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.