Bylmoorde-saak: Verdediging rig slotbetoë

Henri van Breda in die hof 12 Februarie). Foto: ANA.

Die verdediging in die Henri van Breda-moordsaak sal Dinsdag slotbetoë in die Wes-Kaapse hooggeregshof lewer.

Adv. Piet Botha sal die slotbetoë vir die verdediging lewer.

Senior staatsaanklaer Susan Galloway het Maandag slotbetoë namens die staat gerig en die omstandigheidsgetuienis teen Van Breda as “oorweldigend” beskryf.

Sy het beweer dat Van Breda se weergawe nie waar kan wees nie. “Sy weergawe is opgemaak en moet as vals verwerp word.”

Van Breda het skuld ontken op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en een van dwarsboming van die gereg. Hy beweer sy gesin is deur ʼn inbreker in hul huis in die De Zalze-landgoed in Stellenbosch aangeval.

Die staat voer aan Van Breda het sy ouers en broer vermoor, sy suster ernstig beseer en sy geringe wonde self toegedien om dit te laat lyk asof hy ook aangeval is.

Galloway het tydens slotbetoë gesê die bylaanval op Martin, Teresa, Rudi en Marli van Breda is uitgevoer met die doel om te moor. Sy het gesê die feit dat Marli die aanval oorleef het, is nie ʼn aanduiding van ʼn “minder ernstige aanval nie maar eerder van ʼn wonderwerk”.

Galloway het gesê Van Breda het die moorde met voorbedagte rade gepleeg. “Hy het homself bewapen – die byl en die mes was op twee verskillende plekke – hy moes daarheen gegaan het om homself te bewapen.”

Volgens Galloway het Van Breda vir amper drie uur ná die aanval “niks gedoen” nie ondanks die feit dat Marli steeds geleef het.

“Hy het moontlik gewag dat hulle doodgaan terwyl hy sy sigarette gerook het.”

Sy het ook aangevoer dat hy selektiewe geheueverlies het omdat hy soms ongelooflike detail kan onthou en soms niks nie.

Verder kon hy nie verduidelik hoekom die aanvaller of aanvallers die Van Breda-huis in die middel van die landgoed gekies het nie, nie waardevolle items gesteel het nie en die gesin ernstig aangeval het, maar ʼn ooggetuie byna onaangeraak gelaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cherokee ·

Sy pleit ook geheueverlies, sover bekend. Miskien ook selektief maar meer waarskynlik eg want dat sy niks kan onthou van daardie aand nie, is uiters moontlik.

amelia ·

Dit is iets wat my nog die heeltyd pla? Of dalk vergeet sy aspris om haar eie lewe te spaar. |Ek meen deesdae sit niemand meer lank vir moord voor hul parool kry nie. En dan sal boeta uitkom en klaarmaak met haar.

christa ·

Susan Galloway is Tops! kon nie vir beter gevra het nie. Sy haarstyl verander hy soveel soos hy sy storie verander. Hy moet iets doen om aandag af te trek van sy moordsaak.

christa ·

sussie se geheue is blykbaar uitgewis met die kophou wat sy gekry het. Dalk wil sy nie onthou nie en sluit haar geheue van daardie aand uit.

Genieve ·

Ek wonder wat het van die suster geword bly sy nog by haar oom in Stellenbosch
As sy navore kom kan die waarheid mos uitkom of kan sy nogsteeds niks onthou nie?

Hannelie ·

Susan Galloway is briljant! Ons wag in spanning vir die uitslag. My broer was baie jare gelede is ‘n motorongeluk en het ‘n hou teen sy kop gekry. Hy kan sekere goed glad nie onthou nie, so dalk het Marli se hou teen die kop ook veroorsaak dat sy absoluut niks van die aand onthou nie….of nie wil onthou nie. Voor die houe moes sy toekyk hoe haar familie een vir een uitgewis word. Henri van Breda moet vir die res van sy lewe sit….hare is klaar gesny vir die tronk.

Moontlik ·

Ek ruik ‘n rot. Die sussie se sogenaamde stilswye (geheuverlies) kan met hipnoterapie opgelos word. Daar is nog te veel los drade

Moontlik ·

Ek sê weer ek ruik ‘n rot. Met die sussie se sogenaamde stilswye (geheuverlies). Ek is seker met Hipno terapie sal die sigiaters meer te hore kom

Ai tog ·

Ai tog watter rot? Geheueverlies is 100% moontlik en verder indien sy onthou en maak of sy nie kan onthou is dit beter vir haar. Hoe verskriklik onregverdig sou dit wees dat sy in ‘n hof sou moes staan en elke oomblik herleef van wat sy gesien en beleef het – sy het verdigings wonde soos haar Ma, so sy het beslis haar Ma se aanval gesien of ‘n groot deel van dit op pad om die boosheid te keer en dan het sy self teruggeveg wat beteken sy het gesien wie dit is en as dit is soos alle getuienis aandui, dan is dit wreed dat sy weereens teenoor hom te staan moet kom. Luister met oop ore na spesialis getuienis veral in bloedspatsel kenner / vingerafdrukke/ sekuriteit en maak/verstaan ‘n tydlyn – tyd van aanval en meisie bel / sigarette rook en nooddienste bel. Duidelik is daar ‘n groot probleem in Dr Butler se getuienis/ dan is hy helder en dan nie, hy kan sekere goed in die hof presies onthou terwyl sekere goed glad nie.

Pop ·

Skok is n vreeslike ding. Ek het my dogter se lyk moes uitken en daarna kon ek dit glad nie vir sowat 2 jr nie onthou nie. Niks. Dit was net weg. En ek het nie n hou weg soos Marli nie. Ek dink God maak dat ons nie kan onthou sodat ons eers in ons hart kan genees. As sy moet onthou hoe haar gesig wreed vermoor word sou sy mal raak. Nou raak sy gewoond dat hulle weg is, en eendag sal dit stuk stuk terugkom.

maggie ·

Ek glo ook dat haar geheue met die tyd so stuk stuk sal terug keer. Met die erge tipe beserings en trauma wat sy opgedoen het is dit glad nie onmoontlik dat sy niks kan onthou nie.Sy sal net die nodige ondersteuning en liefde moet kry wanneer dit wel gebeur sodat sy dit kan verwerk.Dit moes verskriklik gewees het

Irma ·

Ek sien nêrens iets dat Marli en Henry enige kontak met mekaar het nie. Sy weet dat hy haar enigste lewende gesins lid is en tog wil dit voorkom of sy nie met hom tedoen het nie. Vir my spreek dit boekdele

Hannatjie ·

Sjoe party van julle lewer darem nare en aaklige kommentaar teenoor Marli. Die arme kind het by die dood omgedraai en is baie ernstig beseer tydens die aanval en nou dink party sy maak asof sy nie kan onthou nie!! Hou ‘n wag voor julle monde,

Liz ·

Sover ek kan onthou het sy breinbesering opgedoen en is nou gestremd…en baie rehabilitasie/terapie nodig….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.