Bylmoorde: Stellenbosch-moordhuis besoek

Die ingang na die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch.

Die moordverhoor van Henri van Breda gaan Dinsdag voort met ’n in loco-inspeksie by die moordhuis in die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch.

Regter Siraj Desai sal die staat en Van Breda en sy regspan by die huis ontmoet. Die doel van die besoek is vir die partye om ’n prentjie te skep van hoe die huis en toneel lyk wanneer daar daaroor getuig word. Die moordtonele sal uitgewys word asook ander tersaaklike dele van die huis.

Van Breda het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuld ontken op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en een van dwarsboming van die gereg. Hy word daarvan beskuldig dat hy sy ouers, broer en suster met ’n byl aangeval het. Martin van Breda (54), Theresa (55) en Rudi (22) is tydens die aanval op 26 Januarie 2015 oorlede. Marli (toe 16 jaar oud) het die aanval oorleef.

Van Breda het Maandag in sy pleitverduideliking aangevoer hy en sy gesin is deur aanvallers in hul huis oorrompel en dat een van die aanvallers laggend sy pa met ’n byl doodgekap het. Volgens Van Breda kon hy die byl by die aanvallers afneem en het die aanvaller toe gevlug. Van Breda het toe glo eers sy voormalige vriendin gebel en daarna die nooddienste.

Sers. Adrian Kleynhans het ook Maandag getuienis gelewer as een van die eerste polisiebeamptes op die moordtoneel. Volgens Kleynhans het hulle ’n man, wat hy later uitgeken het as die beskuldigde, Henri van Breda, uit die huis sien kom met hul aankoms op die toneel. Van Breda het ’n grys kortbroek en wit sokkies aangehad en daar was bloed aan sy lyf.

Kleynhans het gesê hy het ’n sterk drankreuk by Van Breda geruik. Hy het ook verduidelik dat daar geen teken van geforseerde toegang tot die huis was nie. Die venster en agterdeur het op ’n skrefie oopgestaan.

Die verhoor word Woensdag in die hof voortgesit.

Lees alle vorige berigte oor die bylmoorde-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ange ·

Maroela, hoekom plaas julle nie vir die lesers die telefoon opname tussen Henri en die nood dienste nie? Almal het al van dit vergeet lyk dit my en dis baie belangrik, want mens hoor hom giggel as hy praat van hoe hulle bloei?

Nellie ·

Goeie vraag. Dit is selfs gisteraand op SABC se nuus gespeel (‘n stuk daarvan).
Dit is dalk al voorheen geplaas, en beslis beskikbaar. So plaas dit maar weer.

MS ·

En jy lees dieselfde berig oor en oor en oor net die 1ste 5 lyne van die berif verskil.

thelsa ·

Volgens my beskeie mening is hierdie Henri in staat om ‘n groter verdigsel voor te hou oor die voorval as Oscar Pistorius. Stevie Wonder kan sien hierdie man lieg.

Ange ·

Ek stem saam jou, net jammer hulle saai dit nie ook uit soos met OP se saak nie. Sal graag die Australiaanse aksent wil hoor wat ons kwansuis nie sal verstaan nie ?

Google ·

Ange google net Henri dan luister jy na oproep. Die man stotter nie, die man het nie ‘n aksent, die man kan Afrikaans perfek verstaan en antwoord, dalk met ‘n Engelse aksent, but no my mate do not hav an Australie acsent. Hy lag hehehe oor sy familie blead from their heads. Ek dink dit is die naaste wat sy Advokaat kon probeer om sy laggie te regverdig. Hy is ook soooo rustige en onsamehangend, as dit enige ander persoon se familie was sou dit ‘n histeriese, maak asb gou gewees het. Soms is mens nie happy met die family wat jy het nie, tot jy so iets sien en lees, dan gaan jy op jou knie en dank die Vader, dit is nie my kind of familie, daar is ‘n hengse groot skroef los met die jong man.

Helene ·

Ek het nou na die opname geluister. Hy het nie gegiggel nie. Dit was uit frustrasie met ‘n skynbare ongeletterde nooddiensoperateur, soos wat jy uit moedeloosheid en ongeloof lag as iemand ‘n simpel vraag vra terwyl jy opgewerk is.

Ange ·

Dis n duidelike giggel, en om die arme vrou as ongeletterd af te wys is nie baie nice van jou nie. Hulle word opgelei om spesifieke vrae te vra want hulle tik die informasie wat mens gee in die rekenaar in. Ek het ook die opname geluister (die hele ene) en sy is nie ongeletterd nie sy probeer vas stel wat aan gaan want hy is onduidelik oor die gebeure. Sys nie n mindreader nie.

Helene ·

“Nice” mense is nie noodwendig goeie mense nie hoor. Hoekom moet ek “nice” wees as die man duidelik oor en oor die adres moet gee, dit spel en as sy dit teruglees aan hom is dit nog steeds verkeerd? Ek sou ook lag as iemand oor en oor vir my vra of dit “Anemoon” is nadat ek “Allemann” selfs vir haar gespel het en dan hoor dat sy dit dan steeds verkeerd teruglees. Net om na die opname te luister het my frustreer, ek sou ook gelag het uit moedeloosheid en frustrasie.

Ange ·

Nee geen mens lag net na jy gesien het hoe jou hele gesin doodgekap is met n byl nie, nie eens as jy “Alleman” moes spel nie. Het die gedagte nie dalk by jou opgekom dat sy hom dalk nie mooi kon hoor nie? Seker nie.

Ronel ·

Baie rustig vir iemand wat pas gesien het hoe sy geliefdes doodgemaak word en ewe bereid om die nooddienste buite in die straat te gaan ontmoet. Skynbaar seker van die feit dat die aanvallers weg is….. net my opinie…

rissa ·

Het elke liewe een van julle dan regte geswot? Ek dink los die beoordeling vir die regter.

An-Mari ·

Hi, ek is nog jonk en het eers onlangs die storie begin volg. Kan iemand my help? Ek wil weet hoekom Marli nie kan vertel wat gebeur het nie, se het oorleef en is mos oorsee? Is sy te jonk om in die hof te verskyn of hoe werk dit? Dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.