Bylmoorde: Uitspraak sal uitgestel word

Henri van Breda in die hof 12 Februarie) Foto: ANA

Uitspraak in die hofsaak van die moordbeskuldigde Henri van Breda sal na verwagting Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof uitgestel word.

Regter Siraj Desai sou na verwagting sy uitspraak op 23 April lewer, maar Van Breda sal Dinsdag in die hof verskyn om die saak uit te stel, het Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.

Van Breda word daarvan beskuldig dat hy sy ouers, Martin en Teresa, en broer Rudi vermoor het. Hy staan tereg op ʼn aanklag van poging tot moord op sy sussie Marli, wat in daardie stadium 16 jaar oud was, en die aanval oorleef het. Die staat voer aan sy het oorleef “danksy ʼn wonderwerk, eerder as ʼn ligter aanval”.

Die gesin is in Januarie 2015 by hul huis op die De Zalze-landgoed in Stellenbosch met ʼn byl aangeval. Van Breda beweer ʼn inbreker, gewapen met ʼn byl en ʼn mes, het gelag toe hy die gesin aangeval het. Hy ontken skuld op alle aanklagte teen hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JN ·

Sjoe Anton ek het dieselfde ding gese so ruk terug as komentaar op een van die berigte en ek was so aangeval. Maar ja ek stem saam. Ons sal seker maar net bly wonder.

Hennie ·

Hy moet dalk by die ANC aansluit na sy verrottingstermyn in die tronk! Weet hoe om te dodge en dive…en hy betaal ook seker nie vir sy regshulp nie…

Elna Kotze ·

Sal interessant wees om te hoor hoekom die regter die saak uitstel

Mimi ·

Ek verstaan nie, hoekom sal Van Breda vra vir n uitstel om die beslissing van die hof te hoor ?? Dis vir my n berig wat eintlik niks se’ nie. As n mens in ag neem dat Mareli verskeie houe met n byl teen haar skedel gekry het, verbaas dit my geensins dat sy aan geheueverlies ly nie. Soms lees n mens iemand het van n perd afgeval en beserings opgedoen, en kan na die tyd niks onthou nie, wat nog as jy oop wonde op jou skedel gehad het. Ek hoop net vir Mareli alles van die beste toe, sy het n verskriklike verlies gelei deur haar familie se dood.

rollie ·

Selfs al kan Marli niks van die aand onthou nie kan sy steeds waardevolle inligting verskaf oor die onderlinge verhoudinge tussen gesinslede.

Heri ·

Presies rollie sy word met rede nie in die hofsaak betrek nie. Met n boedel van 225m is baie dinge moontlik..

Theresa B ·

Ja nee – hier broei nog baie dinge………………………

Allie ·

Dit is moontlik om permanent geheueverlies te hê. My kind het jare gelede n ernstige ongeluk gehad en kan tot vandag toe niks daarvan a onthou nie. Die neuroloog het gesê die brein blok soms traumatiese dinge uit.

Theresa ·

Eers skuldig as so bewys. Indien hierdie jongmens wel onskuldig is (weet daar is baie misterie in die gebeure) wat dan as hy onskuldig moet tronk toe. Wag en kyk wat die regsgeleerdes bepaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.