Bylmoorde: Uitspraak uitgestel

Henri van Breda buite die hof (27 Maart 2018). Foto: ANA

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag die uitspraak van die verhoor teen die moordbeskuldigde Henri van Breda tot 21 Mei uitgestel.

Die hof sou op 23 April uitspraak in dié opspraakwekkende verhoor gelewer het, maar regter Mushtak Parker het Dinsdag die saak uitgestel sonder om ʼn rede te gee vir die maand lange vertraging.

Regter Siraj Desai, wat die verhoor aangehoor het, was nie by die hof nie.

Regter Parker het gesê mediaberigte dat Desai “tydelik van die saak verwyder is”, is hoegenaamd nie waar nie. “Niks kan verder van die waarheid wees nie,” het hy gesê. Desai sal na verwagting steeds die uitspraak in Mei behartig.

Van Breda word daarvan beskuldig dat hy sy ouers, Martin en Theresa, en sy ouer broer, Rudi, vermoor het. Hy staan ook tereg op ʼn aanklag van poging tot moord in verband met die bylaanval op sy suster, Marli, wat ten tyde van die aanval 16 jaar oud was. Die staat het aangevoer die feit dat Marli die aanval oorleef het, is “ʼn wonderwerk” en nie omdat die aanval op haar minder ernstig was nie.

Die aanval in die Van Breda-gesin se huis in die De Zalze-landgoed in Januarie 2015 het skokgolwe deur die land gestuur en Suid-Afrikaners het die hofverrigtinge sedertdien met ʼn valkoog dopgehou.

Van Breda ontken dat hy sy gesin leed aangedoen het en beweer ʼn inbreker met ʼn mes en ʼn byl het sy gesin aangeval en hy was gelukkig genoeg om die aanval te oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sê maar net ·

Hier kom ‘n ding. Nuwe getuienis/e is al wat ek kan dink hoekom die saak weer uitgestel is.

zoom zoom ·

Die knaap het meer geluk as baie ander watbin die tronk moet wag van hofsaak tot hofsaak. Glo nie dat Breda saak in 2018 afhehandel gaan word nie.

Attie ·

Hy gaan al dood wees van ouderdom teen die tyd wat die saak afgehandel is

LHS ·

Ek wil net een vraag beantwoord hê. Volgens alle beriggewing was die toneel geverf met bloed. Skynbaar was dit n warm aand. Waarom het die knaap sokkies aangehad of slaap hy normaal met sokkies aan? Het hy dit doelbewus aangehad omrede hy gedink het dan kan daar nie duidelike voetspore wees nie, hoekom sou hy so gedink het want verseker het hy nie vooraf gedink aan massas bloed op die vloere nie. Nou my vraag, maak nie saak waarom hy hou van sokkies nie, daar word melding gemaak van bloedspatsels op sy sokkies maar niks nerens van onder sy sokkies nie. Na my oordeel moes sy kouse onder deurdrenk gewees het van bloed. Indien nie, hoekom nie? Dit sou doodeenvoudig nie moontlik gewees het om nie in bloed te trap nie.

Reg & geregtigheid ·

My gebed is: Mag reg & geregtigheid vir hierdie Ma,Pa, seun wat hul lewens verloor het en n suster wat byna hare verloor het& so ook haar hele gesin geskied. Ek hoop net hier is nie geld betrokke, Regter Desai lyk na n eerlike opregte mens, die res van die regering sal wil oes!

LHS ·

Hoekom jou gesin 4 uur in die oggend uit waansin aanval, wat het veroorsaak dat almal wakker geword het, Henry het nie om hulp geskreeu nie, hy was dan glo kwansuis te bang om sy broer te gaan help. Die tyd van die aanval strook na my mening eerder na n aanvaller van buite, maar siedaar n gereëlde aanvaller van buite deur iemand, iemand wat in die boedel as enigste begunstigde sou oorbly.

Yolandi ·

LHS – My vraag is as hy sy foon by hom gehad het terwyl hy in die badkamer weg gekruip het, hoekom het hy nie die polisie gebel, of iemand gebel om te kom help?
Hy beweer ook dat hy sy ma gehoor vra het wat in die kamer aan gaan, hoekom het hy nie vir haar geskree om nie in te kom nie? om weg te hardloop? Nee maak nie saak hoe mens na die verhaal kyk nie, dit bly so hartseer, ongeag van wie die moord gepleeg het….

LHS ·

Seker te bang gewees die aanvaller hoor hom as hy op sy foon praat, ? Verstaan nie lekker hoe daar bloedspatsels van sy broer en pa op hom gevind is as hy in die toilet was nie. Hoe kon hy nie gesien het toe sy ma en sussie aangeval is nie, dit moes mos direk binne sy gesigveld gewees het, probleem bly steeds, waarom is daar nie van hulle bloedspatsels op sy sokkies gevind nie? Kan die rede dalk wees dat hy volkome korrek is dat hy nie die aanval op sy ma en sussie gesien het nie omrede dit nie hy was wat hulle aangeval het nie, maar n tweede persoon wat iewers geskuil het want die aanval op hulle en die aanval op sy pa moes bykans op dieselfde tydstip plaasgevind het. Gaan soek n moontlike 2e persoon, n 2e moordwapen soortgelyk aan die byl. Henry van Breda was nie alleen nie, net so ook kon n ander aanvaller ook nie alleen gewees het nie. Prakties was dit nie moontlik nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.