Bylmoorde: Verdediging se eerste getuie geroep

Henri van Breda. Foto: Courtney Africa/ANA

Die verdediging se eerste getuie het Maandag in Henri van Breda se moordverhoor begin getuig.

Dr. Antonel Olckers, ʼn DNS-kenner, het die staat se DNS-analise in twyfel getrek en gesê daar is nie aan die standaard bedryfprosedures voldoen nie.

Volgens Olckers het sy slegs 151 DNS-monsters ontvang ten spyte van die feit dat 216 monsters op die toneel bymekaar gemaak is.

Olckers het gesê sy betwis die staat se DNS-kenner, lt.kol. Sharlene Otto, se bewering dat die “optimale resultate” van die DNS-monsters aandui dat die nie-nakoming van standaard besdryfsprosedures nie betekenisvol is nie.

Volgens haar is die twee stellings in kontras met mekaar en sal dit die data ongeldig verklaar.

Otto, die hoof forensiese ontleder by die polisie se forensiese laboratorium, het vroeër getuig dat daar geen onbekende DNS op die toneel gevind is nie.

Van Breda staan tereg op drie aanklagte van moord nadat sy ouers en broer in Januarie 2015 in die gesin se huis in die De Zalze-landgoed by Stellenbosch met ʼn byl vermoor is. Hy staan ook tereg op ʼn aanklag van poging tot moord op sy suster, Marli, wat die aanval oorleef het. Hy word ook van dwarsboming van die gereg aangekla.

Van Breda het skuld op al die aanklagte teen hom ontken. Hy beweer ʼn inbreker wat ʼn balaklawa, handskoene en donker klere aangehad het, het sy gesin met ʼn byl aangeval. In sy pleitverduideliking het hy beweer dat daar meer as een aanvaller was en dat hulle Afrikaans gepraat het.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MM ·

Hou op om die staat se geld te mors – ons almal weet wie dit gedoen het – maar as jy los kom – GOD SLAAP NIE., HOOP jou lewe is reg voor daai tyd .

jean ·

ag os baie lewens verwoes en soveel hartseer en afgryse deur die ding, is sy gewete, laat hy nou maar loskom en hy kan nog n bydrae maak tot sy suter se lewe,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.