Bylmoordenaar dan gevonnis

Ntshongwana gesels met sy ma en suster tydens 'n vorige verskyning. Foto: Giordano Stolley/SAPA

Ntshongwana gesels met sy ma en suster tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Giordano Stolley/SAPA

Die staat het Woensdag die Durbanse hooggeregshof versoek om Phindile Joseph Ntshongwana, wat daaraan skuldig bevind is dat hy vier mense met ʼn byl doodgekap het, tot lewenslange tronkstraf te vonnis.

Regter Irfaan Khalil het vonnisverrigtinge tot Vrydag uitgestel. Ntshongwana is in September skuldig bevind op vier aanklagte van moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, ontvoering en verkragting. Ntshongwana het twee van sy slagoffers onthoof. Hy het ook ʼn vrou ontvoer en verkrag.

Themba Mjoli, Ntshongwana se regsverteenwoordiger, het Woensdag ter strafversagting aangevoer dat sy kliënt in ʼn “omgewing geplaas moet word wat bevorderlik is vir rehabilitasie”. Hy het verder gesê die hof het reeds gehoor dat sy kliënt se siektetoestand nooit genees sal kan word nie, maar dat dit beheer kan word.

Mjoli het gesê hoewel hy verkragting aan niemand toewens nie, dit nie lewenslange tronkstraf regverdig nie. “Sy was nie beseer nie. Hy het haar gevoer terwyl hy haar gevangene gehou het.”

Staatsaanklaer Rea Mina het egter ter strafverswaring die hof versoek om die verkragtingslagoffer se getuienis in ag te neem. “Hy het haar gedwing om jogurt van sy privaatdele af te lek.” Mina het versoek dat Ntshongwana tot lewenslange tronkstraf gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Vicky ·

Hy het haar gevoer………wat jogurt?, sy is nie beseer nie, waar is haar regte?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.