Bylmoordenaar het glo selfmoordneigings

Argieffoto

Argieffoto

Mario Allers (42), wat op parool vrygelaat is nadat hy drie mense in 1999 met ʼn byl vermoor het, het Donderdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn in verband met die onlangse moord op sy vrou.

Die hofverrigtinge was vir ʼn ruk lank vertraag nadat hy nie reageer het toe hy na die beskuldigdebank geroep is nie. Hy is eers om 11:00 ingesweer.

Die saak is tot 22 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Die staat het versoek dat Allers onder streng bewaking gehou word, aangesien hy glo selfmoordneigings het.

Hy het na bewering verlede Woensdagoggend omstreeks 02:00 sy vrou Carol (51) by hul huis in Randparkrif in Roodepoort vermoor. Volgens Beeld is sy drie keer met ʼn skerp voorwerp in haar rug gesteek en een keer in die arm.

Allers het Vrydag in die landdroshof in Roodepoort verskyn en het aansoek gedoen om regshulp.

Hy is in 1999 in hegtenis geneem vir die moord op sy ma, ouma en beste vriend. Hy was in daardie stadium 27 jaar oud. Hy het hulle by die gesin se huis in die Bluff, Durban, met ʼn byl aangeval. Die distriksgeneesheer het in daardie stadium aangedui Allers is nie bevoeg om verhoor te word nie en hy ly aan dwelm-geïnduseerde skisofrenie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rochelle ·

Ek sal se so man hoort lewenslank in die trok want na die moord van ma, ouma en beste vriend het hy sy vrou vermoor. Wie is volgende? So man hoort agter tralies- hulle moet die doodstraf terug bring. Ons moet maar wakker wees vir sulke mense hy sal begin vreemdes aanval of dalk ons kinders of ons ouers mens weet nooit. Jammer maar sit hom agter tralies en gooi die sleutel weg.

Hoop julle kry daardie vieslike man skuldig bevind en sluit hom weer op. Hy is nie welkom in ons wereld waar ons onskuldige mense n rustige lewe wil he nie.

Marietjie ·

Wonder wat hy hierdie keer ter verdediging gaan aanvoer of gaan hy nou weer nie geskik wees om verhoor te word nie? Met die vorige moorde het hy ook probeer selfmoord. Dis vir my erg dat hy 3 mense vermoor het en hy het parool gekry na ongeveer 15 jaar, gee jou omtrent 5 jaar per slagoffer…..laat mens dink hoe min werd ‘n lewe is. Bring asseblief die doodstraf terug.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.