Bylmoordenaar sit lank vir aanval op plaas

Edwin Stanley Klaaste. Foto: Verskaf

Edwin Stanley Klaaste. Foto: Verskaf

Edwin Stanley Klaaste (21) is tot tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn man in Desember op ’n plaas naby Fraserburg in die Noord-Kaap met ʼn byl doodgeslaan het.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, het Maandagaand gesê die moord op Riaan de Bruin (21) het op 5 Desember plaasgevind.

“Klaaste het op dié dag sy eksmeisie in die bed saam met die oorledene betrap en hom uit jaloesie met ʼn byl aangerand. De Bruin het probeer weghardloop, maar Klaaste het hom agternagesit en aangehou om hom aan te rand,” het Mooi gesê.

De Bruin is na ʼn hospitaal gehaas, waar hy aan sy beserings beswyk het. Klaaste is op die toneel in hegtenis geneem en was sedertdien in aanhouding.

Hy is deur die Fraserburg-streekshof skuldig bevind en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theresa B ·

Dis darem min jare wat die mense kry deesdae vir moord. Geen wonder almal word nou links en regs vermoor nie. Bring terug die doodstraf!!!!

ig ·

Theresa , ons moet vrede maak dat die doodstraf NOOIT weer ingestel sal word nie.

Veritas ·

Hoekom ‘n byl gebruik om iemand mee dood te slaan? Ek kan nog verstaan as jy die agterkant van die byl gebruik om ‘n spyker in te kap maar om moord te pleeg is die skerp kant tog seker meer effektief. Indien die skerp kant wel gebruik was, sou die regte term tog ‘doodgekap’ wees.

Gert ·

My kanse as n man om swanger te raak met n drieling is beter as wat die kans is dat die doodstraf teruggebring sal word.

Piet Pompies ·

Net gister word ‘n misdadiger aangekeer en ek moes hom identifiseer, dit is onwerklik watse arrogansie skelms het. Dit gaan nie oor steel om te oorleef, dit gaan oor steel om ‘n luukse lewenstyl en of dwelms te onderhou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.