Bylmoordenaar sit lank

Ntshongwana gesels met sy ma en suster tydens 'n vorige verskyning. Foto: Giordano Stolley/SAPA

Ntshongwana gesels met sy ma en suster tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Giordano Stolley/SAPA

Phindile Joseph Ntshongwana, wat vier mense met ʼn byl doodgekap het, is Vrydag in die Durban-hooggeregshof in KwaZulu-Natal gevonnis.

Regter Irfaan Khalil het Ntshongwana tot vyf keer lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy vroeër skuldig bevind is op vier aanklagte van moord en een van verkragting.

Ntshongwana het Thembelenkosini Cebekhulu op 20 Maart 2011 vermoor. Hy het Paulos Hlongwa twee dae later vermoor en Simon Ngidi een dag later. Hy het ook ʼn onbekende man later die week vermoor. Hy het die mans met ʼn byl aangeval en twee van sy slagoffers onthoof.

Ntshongwana is by sy ouers se huis in Yellowwoodpark, Durban, in hegtenis geneem. Hy is ook skuldig bevind aan die ontvoering en verkragting van ʼn vrou op 28 November 2010 in Durban.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.