Bylmoordenaar weer vas ná vrou se moord

Argieffoto

Argieffoto

Mario Allers (42), wat op parool vrygelaat is nadat hy drie mense in 1999 met ʼn byl vermoor het, het glo Woensdag sy vrou in Roodepoort, Gauteng vermoor, het Beeld Saterdag berig.

Allers het na bewering die oggend omstreeks 02:00 sy vrou Carol (51) by hul huis in Randparkrif vermoor. Die koerant berig sy is drie keer met ʼn skerp voorwerp in haar rug gesteek en een keer in die arm.

Allers het Vrydag in die landdroshof in Roodepoort verskyn en het aansoek gedoen om regshulp. Hy sal na verwagting Donderdag weer in die hof verskyn.

Allers is in 1999 in hegtenis geneem vir die moord op sy ma, ouma en beste vriend. Hy was in daardie stadium 27 jaar oud. Hy het hulle by die gesin se huis in die Bluff, Durban, met ʼn byl aangeval. Die distriksgeneesheer het in daardie stadium aangedui Allers is nie bevoeg om verhoor te word nie en hy ly aan dwelm-geïnduseerde skisofrenie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Trippie ·

Hierdie regstelsel van Suid-Afrika stink.

Hoe word ‘n moordenaar op parool vrygelaat … en kyk wat is die uiteinde. Tragies.

johan ·

BRING ASB DIE DOODSTRAF TERUG. DIE MAN HET REEDS 3 MENSE VERMOOR IN 1999. HOE KON HY AL SO GOU OP PAROOL UIT KOM. NOU IS NOG Ñ MENS DOOD.

Johann ·

Uit ‘n mediese oogpunt is dit katastrofies om ‘n verkragter, sadis of ‘n moordenaar op parool vry te laat as die selgeheue “NAD” teorie verstaan word.

Die oplossing is, die permanente verwydering uit die samelewing, die doodstraf of intensiewe mediese behandeling om die selgeheue te breek. Dit is ‘n baie intense en tydrowende behandeling.

Daar word gereken dat selgeheue oordraagbaar is vir 500 jaar of agt geslagte.

Raad vir die donkerkant. Moet nie bang wees vir daardie kant, wees bewus daarvan. Hoe meer bewus hoe meer word daar aan gewerk om die helderkant (goeie kant) die donkerkant (slegte kant) te manipuleer .
bv. Soos om te werk daaraan om ‘n vinnige humeur te beteuel ens.

Elkeen het ‘n negatiewe of donker kan. Die meeste onderdruk dit met vrees.
bv. Sou ek daardie een leed aandoen mag ek opeindig in die tronk.

Gelukkig is die meeste se goeiekant dominerend oor die slegtekant.

Die uitlewe van die Christelike geloof is die enigste oplossing om bewus te wees van die donkerkant maar dat dit nie besit sal neem van mens se lewe nie.

willie lombard ·

Dit is duidelik dat hy nog altyd haat gekoester het! Sulke wrede moordenaars moet verseker LEWENSLANK gevonnis word. !!

Peter Says ·

Daar word gese, as jy lank genoeg wens vir iets dan word dit waar, ek WENS die doodstraf word heringestel, regtig.

jaco ·

Ken hom vir meer as 20 jaar hy het nog nooit in die samelewing gehoort nie. Hoe die owerhede dit nie kan sien nie bewys net hulle onbekwaamhed

Vra maar net ·

Ek is n leek, maar soos wat ek dinge verstaan waarborg die grondwet van suid afrika, wat wereldwyd geloof word, jou reg op lewe. En die grondwet oorheers die strafproses wet… is dit nie hoekom die doodstraf afgeskaf is nie? So die grondwet moet verander voordat die doodstraf her ingestel kan word, of nie?

Ogies ·

Die regsstelsel van Suid-Afrika het Carol gefaal. Hulle moet as medepligtiges aangeklae kan word.

deon ·

Mens kan dit amper nie heel te mal begryp-verstaan of verwerk nie…die wereld moet baie naby Sy einde wees…..! Waar en wie begin ons blameer. .? Ouer huis op voeding..?. Die dokter Wat verslag gelewer het..?.regstelsel. .? Korrektiewe paroolstelsel? Oordeels foute van die Wat hul ontferm het oor hom? ….Wat ek wel weet is dat mens nie dood of veral soos in die. Geval onregmatige dood (veelvoudige doelgerigte opsetlike. .-agterlosige moord,) in mooi pakkie kan toe draai nie…!en ons harte en inige sympatie gaan uit na Carol en hair familie… Wat alles vir n ander gedoen het, Wat dit geensins verdien het nie en niks vir
haarself kon doen in haar donkerste uur van nood …soos Jesus vir ons sondes gesterf het Wat dit nie verdien het nie….
Dit laat my wel besef hoe gou maklik ons verblind word deur n ander Se sonde dat ons nie eers ons eie herhaalde sondes kan raak sien nie…as mens 5 sent steel..of 5 Miljoen, mens bly n dief. ..! Dan het ons nog vermetelheid om ander te Oordeel..
Ooordeel-wraak is vir God alleen. ..!
Skrywer van mooi liedjie Amazing Grace, John Newton, op Sy dag kaptein van slawwe skepe het op.sy doods bed gese ‘what a great sinner I am…but what a.greater saviour our Lord is. .! Hy het ook gese ‘there is three wonders that he will experience if he gets to heaven the 1st that he will find people there that he did not expect to see there, 2nd that he would miss.some that he taught that should have been there…&the 3rd wonder that he is there…John3v16. JESUS Se onverdiende. Onbeskryflike onverstaanbare groot liefde en genade

Party

Elfie ·

@deon: ?? Ou, herlees jy voor jy post? Jy maak meestal nie sin nie. Punte waar nie punte moet wees nie, spelling, hoofletters waar nie moet wees ens… nee regtigwaar man!

Jay ·

Daar was absoluut niks vout met Mario se opvoeding nie. Sy ma was n loewende mens, sy ouma, baie dierbaar. Sy pa, die enigste een wat oorleef het, is ook wat ek sal dink is n goeie pa.
Sy probleem het begin met dwelms! Hy het verkoop en self begin gebruik. Dinge het hand uit geruk. Ek onthou hom nie as geweldadig nie. Dit was n groot skok vir ons almal! Moes ook baie erg wees vir sy dogter wees wat glo by was met die moord in ’99. Ek kan nou nog nie glo dat n mens so wreed kan wees nie!

Carel ·

So as die barbaar 15 jaar nadat hy 3 mense vermoor het weer iemand vermoor, beteken dit seker dat sy 5de slagoffer seker binne die volgende 5 jaar gaan wees waneer hy weer op vrye voet is!

EMK ·

Mnre Deby-Lewis en Eugene de Kock kan nie parool kry nie maar iemand soos hierdie wat klaarblyklik hoegenaamd NIE moes kry kom sommer vinnig uit. Hoe verduidelik hulle dit? Daar is hope gevalle waar gevanges WEER oortree het na hul op parool uit is – lyk my party kry heeltemal te maklik parool.

Jay ·

Dis wat gebeur as mens met dwelms deurmekaar raak. Hy was actually n baie nice ou. Sy ma en ouma (wat hy in ’99 vermoor het) was twee dierbare mense. Die feit dat jy dit aan jou eie familie kan doen… Dit maak my siek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.