Bylmoordesaak wéér uitgestel

Foto: Courtney Africa/ANA PHOTO.

Die bylmoordesaak is uitgestel aangesien kapt. Marius Joubert, ’n bloedspatselkenner, steeds siek is. Joubert is die staat se finale getuie en moes verlede week al getuig. Regter Siraj Desai het die versoek dat die saak weer uitgestel word, toegestaan ondanks teenkanting van die verdediging.

Adv. Susan Galloway, die staatsaanklaer, het aan die hof gesê sy het met Joubert se dokter gepraat en hy het bevestig Joubert is fisiek nie in staat om te getuig nie. “Die getuie is deel van die omstandigheidsgetuienis en dit is in belang van geregtigheid vir die staat om ʼn regverdige verhoor te hê,” het Galloway gesê.

Adv. Piet Botha, vir die verdediging, het gesê hulle het hul eie kundige van KwaZulu-Natal na die Wes-Kaap laat vlieg en dat die herhaalde uitstel van die saak sy kliënt baie geld kos.

Van Breda (22) word daarvan beskuldig dat hy sy ouers en broer 27 Januarie 2015 in die gesin se huis op die De Zalze-landgoed by Stellenbosch vermoor het. Sy sussie, Marli, wat in daardie stadium 16 jaar oud was, het die aanval oorleef. Van Breda voer aan ʼn laggende bylmoordenaar met handskoene, ʼn klapmus en donker klere het sy gesin vermoor.

Lt.kol. Sharlene Otto, ʼn forensiese kenner, het vroeër vandeesmaand getuig dat geen onbekende DNS in die 216 DNS-monsters wat haar laboratoriumspan ontleed het, gevind is nie.

Sy het aan die hof gesê “elke aanraking laat ʼn spoor agter”. Otto het egter toegegee indien beskermende kleredrag soos handskoene en ʼn klapmus gebruik word en ʼn persoon sy hele liggaam bedek, kan dit daartoe aanleiding gee dat daar nie ʼn DNS-spoor agtergelaat word nie. “Die misdaadtoneel mag wel ʼn spoor [op ʼn persoon] agterlaat,” het sy gesê.

Sy het aan die hof gesê DNS wat onder die naels van Henri se linkerhand gevind is, het ʼn mengsel van sy eie DNS, sy ma, Theresa, se DNS en sy broer, Rudi, se DNS opgelewer. Sy het ook getuig dat bloed wat op die hoek van die stortvloer gevind is, ʼn mengsel van DNS-profiele bevat het – Rudi, Theresa en Henri se DNS.

Die verhoor hervat 11 September 2017.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Marcel ·

Dit is vir my al so duidelik dat die outjie skuldig is, ek kan nie verstaan dat hulle nog aangaan met die saak nie. Bevind hom ney skuldig en kry hom in die tronk voor hy al sy male se geld spandeer. Die regstelsel van ons werk definitief nie so goed nie.

MOEG ·

WANNEER GAAN HIERDIE SAAK TOT N EINDE KOM?? HY HET HULLE VERMOOR!! EN KLA!!!! VONNIS HOM TOG NET!!

andrea van vuren ·

Hoekom is die Joubert ou steeds siek? Hy verkeer duidelik in erge stres. Kan hy nie ‘n besluit maak nie? Ag nee man, staak die saak en gee die finale vonnis!

Johan. H. ·

Dis maar hoe dit werk in sa. Gereg het sy geld geruik, Melk hom sat, Vind hom skuldig, tronk toe boettie,, Prokureurs koop nuwe karre en lag lekker hoe het hulle nou weer n ander man sien kom,, Kyk maar vir onse oscarkie..

CAROL ·

Stem saam. Ai ek is duidelik in die verkeerde beroep ….. lol

andrea van vuren ·

Hoeveel geld gaan verlore in die proses? Ek begin my vertroue in die regstelsel verloor!

Niekie ·

Hy is skuldig vonnis hom die DNS is dan onder sy naels gekry wat meer wil julle he

Ekke ·

Hy moes daardie nag daarin gedink het. Nou wil hy he dat TWEE advokate hom uit die tronk moet hou! Hoe lank het hy dan nou gedink gaan sy geldjies hou.

Justice ·

Net voor vonnisoplegging gaan die huidige regsspan
in elk geval deur Van Breda ontslaan word om `n nuwe regsspan aan te stel wat dan weer om tyd gaan speel.

Benito ·

Dit reen pap en die regstelsel het ‘n kans om ruim te skep en belangrik te lyk……sooooo obviously die selfde ou storie…. net ‘n anner dag !!!!

tish ·

elke dag n ander storie, dink seker sy geld sal almal betaal om stil te bly.
maar eendag sal hy voor die REGTER moet getuig en dan sal geregtigheid seevier al is dit nie nou in sy lewe hier op aarde nie

Basjan ·

Die “verdediging” moenie nou kla nie. Hoe lank het die “verdediging ” geneem om die beskuldigde te laat aanmeld by die polisie? Die “verdediging” kan maar die onkostes betaal. Daar is nog baie geld beskikbaar wat gemelk kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.