Bylsma wend hom nou tot Konstitusionele Hof

Xander Bylsma

Xander Bylsma hou vol sy grondwetlike regte is geskend en wil hom nou tot die Konstitusionele Hof wend om sy onskuld te bewys.

Conrad Bester, Bylsma se prokureur, het Dinsdag bevestig dat Bylsma sy regspan opdrag gegee het om aansoek tot verlof om appèl by die Konstitusionele Hof in te dien, nadat sy aansoek in die appèl-afdeling van die hooggeregshof in Bloemfontein op 10 September van die hand gewys is.

Bylsma meen hy het nie ’n regverdige verhoor gehad nie en wil met alle mag sy skuldigbevinding en vonnis betwis.

Bylsma is in Augustus verlede jaar tot twee keer lewenslank gevonnis vir die moord op sy voormalige vriendin, Sharnelle Hough (17), en haar vriendin, Marna Engelbrecht (16), nadat hy verlede Februarie skuldig bevind is op twee aanklagte van moord.

“Ons voel sterk daaroor dat sy grondwetlike regte geskend is,” het Bester vanmiddag aan Maroela Media gesê.

Die verdediging voer aan dat sy kliënt se regte geskend is toe hy destyds ’n bekentenis voor Chris Saunders, ’n private speurder, afgelê het.

Volgens die verdediging was Bylsma nie by sy volle positiewe toe hy die bekentenis afgelê het nie en is hy onbehoorlik deur Saunders beïnvloed.

Die bekentenis by die polisie is later boonop sonder die teenwoordigheid van Bylsma se regsverteenwoordiger afgeneem.

Die verdediging voer voorts aan dat die bekentenis eindelik verkeerdelik in die hooggeregshof in Noordwes toegelaat is en dat dit ’n direkte invloed op Bylsma se reg op ʼn regverdige verhoor gehad het.

Bester meen die verdediging het beslis ’n goeie kans op sukses in die Konstitusionele Hof.

“Hy het werklik goeie en sterk argumente.”

Hough (17) en Engelbrecht (16) is gedurende die nag van 25 en vroegoggend van 26 Mei 2018 in die hoërskoolkoshuis op Stella vermoor. Hough se liggaam is die oggend van 26 Mei aangetref waar sy met ’n tou om die nek aan ’n trapreling gehang het. Engelbrecht se liggaam is in ’n badkamer met ’n handsaklus om haar nek aangetref.

Bylsma hou vol dat hy onskuldig is.

Die adjunk-regter-president van die hooggeregshof in Noordwes het egter ook vroeër vanjaar Bylsma se verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis geweier.

Regter Ronald Hendricks het in Februarie tot die gevolgtrekking gekom dat geen ander hof tot ’n ander besluit sal kom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Niklaas ·

Ek dink Knapie het erg bedorwe grootgeword en het nooit skuld erken vir stoutighede en derhalwe altyd weggekom daarmee.

Johann ·

Hoeveel kos dit om so n gewetenlose psigopaat en sy dade te verdedig? SIEK!

Hardekwas ·

Jy is nie zoema nie knaap. Vat jou pak vir die afskuwelike dade wat jy gepleeg het.

Niklaas ·

Ek wonder net wat al hierdie pogings om ‘n baie onwaarskynlike “loop-hole” te vind by die howe, sy ouers en familie gaan kos. Dis te betwyfel dat die regsgeleerde van hierdie seun, welsynswerk gaan verrig en alles gratis wil uitvoer.

Magda G ·

Die psigopaat moet agter tralies bly. Selfvoldaanheid, arrogansie en jaloesie het vir die meisies se gesinne groot hartseer veroorsaak.

Filistyn ·

As hy onskuldig is, is ek van der Merwe. . . En ek is nie.

Jannie van Niekerk ·

Daar is twee onbetwisbare maniere om te bepaal of hy onskuldig is of nie: 1, Leuenverklikkertoets 2. Hipnose . Ongelukkig word nie een van hierdie werkbare prosesse deur die Suid Afrikaanse reg erken nie om sodoende misdadigers se sogenaamde “menseregte” te beskerm

Dries ·

Die enigste bietjie bekommernis wat n mens kan hê is dat Hendrikse betrokke was by die uitspraak

Casper ·

Waar was sy denke toe hy die bekentenis by Saunders afgelê het.Toe hy die bekentenis by die polisie afgelê het hoekom het hy nie sy reg om te swyg uitgeoefen nie.Hoe het hy die uitwysing gedoen as hy nie daar was met die moorde nie want toe was die liggaam.e reeds verwyder.Hoe het hy dus geweet waar die meisies se liggame was.Hy is ‘n stuk psigopatiese liegbek. Sy appèl sal nie slaag nie.Sy prokureur weet dit maar hy wil darem nog so paar pondjies verdien voor hy tata sê.

Irene ·

Boeta, vir een keer in jou lewe….. vat jou slae soos n man. Jy het verkeerd gedoen! Wat van daai 2 meisies se reg om te lewe, om lief te hê wie hulle wil? Jy het jou toé nie aan hulle regte gesteur nie. Maar nou wil op jou regte staat maak. Jy is n telleurstelling!

Hondjie ·

Waneer word hy ook ini hospitaal opgeneem met onbekende siekte om parool vry gelaat te word? Wonder maar net.

Peach ·

Kombineer sommer jou skending van mense regte appelsaak met die van Zuma, en neem die as ‘n collective na die Afrika Hof.

Cindy ·

sies aan sy ouers wat heel waarskynlik die rekening betaal vir hierdie psigopaat om te probeer wegkom met sy gruweldaad! As hy myne was kon hy maar sit – as ouer moet mens partykeer harde besluite maak!

Francois Le Cochon ·

Hy is seker moeg vir die tronk se kos. Hulle se^ dit neem so 10 jaar om aan pap met kool gewoond te raak, met 5 snye brood vir poeding. Xander moet maar net uithou.

SjN ·

Verstaan hy nie sy uitspraak nie. Benoude katte maak benoude spronge.

Lee ·

Ek glo nie in sy onskuld nie. Hy het twee gruwelike moorde gepleeg. Al sy bokspringe kos net geld. Hy moet nou maar sy vonnis uitdien.

Nico ·

Wat kla die man oor regte, jy het dan persone van hulle regte beroof en ook onskuldig. Moord is strafbaar en daar is geen verbykom kans nie, dit was seker vir jou lekker om die twee dames te vermoor. Jy sal dalk hier op aarde verkom met die moord, met groot Wit Troon sitting waar jy voor God die Skepper verskyn, van allerhande verskonings daar sal nie tyd wees vir verskonings nie, vat lou pakslae soos ‘n man, moenie agter die howe weg kruip nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.