Byna 1 000 dié langnaweek in Gauteng aangekeer

Argieffoto: SAPD

Wetstoepassers in Gauteng het die naweek amper 1 000 mense tydens verskeie padblokkades en klopjagte in talle dele van die provinsie in hegtenis geneem.

“Die [sowat] 900 mense is aangekeer … vir misdade wat gewissel het van dronkbestuur tot die besit van gesteelde goedere – waaronder vermoedelik gesteelde motorvoertuie – tot aanranding,” sê kapt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder.

Hy sê hulle het talle misdaadbrandpunte uitgeken en daarop toegeslaan. In die Johannesburg-Wes-polisiegroepering is 123 mense in hegtenis geneem by ʼn padblokkade waar voertuie voorgekeer en deursoek is, terwyl 10 drankhandelaars gesluit is omdat hulle nie aan regulasies gehoor gegee het nie.

Die polisie het 30 verdagtes opgespoor wat vir ernstige en geweldsmisdade gesoek is en in hegtenis geneem, sê Makhubela. ʼn Aantal verdagtes is ook aangekeer vir dronkbestuur.

In die Johannesburg-Sentraal-polisiegroepering is minstens 105 mense in hegtenis geneem vir misdade wat gewissel het van die besit van dwelms en verkragting tot moord, terwyl 13 aangekla is van dronkbestuur.

Tydens optredes aan die Oos-Rand is 123 mense in hegtenis geneem, terwyl 500 in Soweto en Pretoria-Noord aangekeer is.

Op Randfontein aan die Wes-Rand het die polisie beslag gelê op vervalste goedere met ʼn geskatte waarde van R8 miljoen nadat hulle ʼn wenk ontvang het dat goedere van ʼn vragmotor afgelaai word, sê Makhubela.

Die polisie het minstens 24 ongelisensieerde vuurwapens afgeneem.

Al die verdagtes kom binnekort in verskeie landdroshowe in die provinsie voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

linda limbo ·

ek dink dit is goeie nuus, ons het naweek gehou en SAPS het gewerk
baie verlig oor die vuurwapens wat terug gevind is hopenlik sal dit nie weer
terug in die slegte mense se hande kom
goeie werk!

Johanna Botha ·

Brandpunte …..kyk maar waar dit is ….hoop nie hulle ontsnap more uit aanhouding nie …al so baie gebeur en van gelees ????= SAPD

Gemaskerde Sopbeen ·

Hoe gaan die “howe” al hierdie sake hanteer? Hulle begin nie voor 10 in die oggend nie, staatsaanklaers daag nie op nie, dokumente raak weg, 11 uur is dit tee-tyd, 12 uur is dit vroëe middagete, 2 uur kom die helfte nie terug nie na ‘n lang lunch, 3 uur is dit alweer tee-tyd, en 4 uur is almal al ‘n uur terug weg huistoe…Dis tragies.

Johnnie ·

Het dit werklik gebeur of gee die polisie net verdraaide inligting om die publiek te paai dat hulle nou kwansuis wetstoepssing toepas. As dit werklik is waarom dan net die tyd van die jaar en die res van die jaar hoor of sien jy niks van hulle nie. Ek wonder maar net.

gert ·

is daar dan nog spasie in die tronke vir al die mense?
Alhoewel more is hul uit op borg om volgende weer gevang te word

Riaan ·

Ag dit is al net so afgesaag die einde van die jaar toeslaan op plekke en dronk bestuurders. Dit is wat julle veronderstel is om op ‘n daaglikse basis te doen, maar dit is lekkerder om eerder onder ‘n boom te parkeer en die spoed kamera te beman.

Ry bietjie deur Pretoria se middestad en konfiskeer al die karre was so gerieflik dubbel parkeer. Gaan werk bietjie vir julle salaris, en hou op om mense net op sekere dae van die jaar te irreteer met julle stats

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.