Byna 1 000 matrieks van Gauteng toets positief ná Ballito Rage

Altesaam 984 matrieks van Johannesburg en Tshwane in Gauteng het reeds positief getoets vir Covid-19 nadat hulle vroeër die Ballito Rage-byeenkoms in KwaZulu-Natal bygewoon het.

Kwara Kekana, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, sê die departement maak goeie vordering met die opsporing van die meerderheid Gautengse leerders wat die Rage-byeenkoms in Ballito bygewoon het.

Dié byeenkoms het van 27 November tot 4 Desember plaasgevind.

Altesaam 1 055 van die 1 322 leerders in Gauteng wat die byeenkoms bygewoon het, is intussen getoets vir Covid-19 en 984 van hulle het positief getoets. Dié leerders het weer kontak gehad met 340 ander persone van wie 32 reeds positief getoets het.

“Die departement doen ʼn ernstige beroep op leerders en hul ouers om saam met gesondheidswerkers wat kontakopsporing doen te werk aangesien dit ’n belangrike proses is wat daarop gemik is om die verspreiding van die koronavirus hok te slaan.”

Kekana sê 99 leerders wou nie met die departement saamwerk nie, terwyl 173 verkeerde kontakbesonderhede aan die departement deurgegee het of nie hul fone geantwoord het nie.

“Ons doen ’n beroep op diegene wat die Rage-byeenkoms bygewoon het om hulself vir 14 dae in kwarantyn te plaas en hulself dringend te laat toets. Diegene wat positief toets, moet tien dae lank selfisoleer.

Diegene wat positief toets se gesinslede moet ook getoets word en in kwarantyn geplaas word.”

Die Plett Rage in Plettenbergbaai en JBay Rage in Jeffreysbaai is gekanselleer nadat dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, vroeër gesê het Rage-byeenkomste word as sogenaamde superverspreider-byeenkomste beskou.

Volgens Mkhize is dit ʼn duidelike bewys dat groot byeenkomste waar alkohol gebruik word, ʼn groot risiko is en pogings om die verspreiding van die virus te beperk ondermyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Anton ·

Sien uit na die artikel waar vertel word dat 15 griep simptome gehad het. Die siekte is so erg dat jy nie weet jy het dit as die regering jou nie se nie

Francois Le Cochon ·

78% van gevalle in SA word privaat getoets en deur mediese fondse betaal. Voordat jy getoets kan word moet jou dokter jou eers ondersoek op te bepaal jy getoets moet word. Die meeste gevalle word dus privaat rapporteer, en nie deur die regering nie.

Anton ·

Beeldspraak. Of beweer jy dat die reaksie op die “pandemie” deur die privaatsektor gedryf word?

Adriaan ·

So matrikulante toets positief maar anc begrafnisgangers en eff oproeriges nie?

Persheks Adri ·

Ja, dis kamstig net die kinders wat dit oor dra eish hoe dom dink hulle is ons ne?

Francois Le Cochon ·

Jy kan slegs positief getoets word as jy jou laat toets. As jy jou nie laat toets nie, weet niemand van jou nie, en is jy nie deel van die statistiek nie. Begrafnisgangers en oproeriges wat covid kry, en hul nie laat toets nie, weet niemand dan van nie.

Karel Kobus Kruger ·

En as die regering sê dis 984, dan is dit 984. Regerings (hier en elders) praat mos te alle tye die volle waarheid. Elders in die nuus is daar ook berig dat die man op die maan gister pa geword het.

Francois Le Cochon ·

Hierdie matrieks is heel waarskynlik lede van mediese fondse, en is privaat getoets. Omdat covid ‘n aanmeldbare siekte is, het die privaat laboratoruims dit aan die DvG rapporteer. Dit is dus nie die regering wat so se^ nie.

Fritz ·

Jip. Die regering sal mos nooit n paar ekstra getalle bylas nie.

Johan ·

Dis n opgeblaaste hoax. N kolega van my is in 2018 oorlede aan griep wat longontsteking geword het, wat die verskil tussen dit en die virus, toe was daar geen paniek nie. Dis n politieke Hoax en allmal val daarvoor.

Harry ·

En jy en jou mede maaitjies is ook n klomp hoaxe, hierdie pandemie is werklik, haal julle ” conspiracy theory” hoedjies af en dink mooi hoe sou dinge gelyk het as al die maatreels nie ingestel was nie. Sodra daar n entstof is staan almal wat so stories van houxe vertel eerste in die tou om geent te word. Hierdie siekte is werklik en baie erg, met griep is daar nie die na gevolge van hart, nier en sulke dinge nie, so dra jou flippen masker, was jou hande en hou jou spasie punt……. jislaaik wees net verantwoordelik!!!!

Johan ·

Bring die bewyse waar die masker n virus kan keer of as jy nies die virus binne hou, slegs miskien n regte “spray masker” .

MakersMark ·

Stem 100% saam maar soos jy kan sien glo sommiges nog aan Vader Kersfees en die paashaas. In sommige se opinie is CV19 net ‘n miete en ‘n bose plan van die regering om die populasie te onderwerp aan die bose nuwe wêreldorde.

Grassie ·

Covid-19 kan genees word maar ek dink baie van die jongmense doen daar ongesteldhede op wat hulle vir die res van hul lewens gaan teister.

Die Blou Oog ·

Regtig?? Wat het drank daarmee uit te waai??? Verbied byeenkomste…..maar drank dra nie die virus oor nie. Ek kan by so plek gaan kuier sonder om ‘n druppel alkohol te drink….

Die Wolf ·

Ag nee a! Onder die invloed word inhibisies oorboord gegooi.

Johan ·

En die virus bly dodelik vir n bitter klein groepie mense, is nie besonders aansteeklik nie, en skadeloos vir jongmense, so kom ons paniekeer en dons alles op met regulasies wat niks kan verbeter nie en duisende honger en werkloos laat.

johanf ·

Het jy al ń naasbestaande, bv, kind gehad wat Covid baklei…… Ek glo nie.

Wim ·

JohanF. Nee – nog nie een enkele mens teegekom wat enigsins tekens wys dat covid19 ernstig is. Wag nou al van maart af sjoe dis verskriklike ding ne.

johanf ·

Jy is geseënd, my enigste 37 jarige dogter het dit tans, ja dit is ń verskriklike ding, vir my…. Nie lekker.

Francois Le Cochon ·

As jy in Pofadder bly en deur ‘n privaat laboratoruim positief getoets word, en die lobaratoruim rapporteer dit aan die regering, en die regering dui aan op hul statistiek dat daar 1 meer geval is in Pofadder, sal jy die regering glo?

Die Wolf ·

Dit help nie om die vlak van redenering aan te spreek nie. Wie nie wil nie, sal nie wil verstaan nie.

Adriaan ·

Liberales weier om te glo dat mense vir hulle self kan dink en opinies vorm.

Hulle is lief daarvoor om te insinueer dat mense wat van hulle verskil n minderwaardige vlak van redenering het en “nie wil verstaan nie”. So asof hulle alleenreg op n mening het.

Die Wolf ·

Ek is baie ver van liberaal af. Ek gebruik net gesonde verstand.

Adriaan ·

Liberales weier om te glo dat mense vir hulle self kan dink en opinies vorm.

n Ou taktiek van liberales is om te insinueer dat mense wat van hulle verskil n minderwaardige vlak van redenering het en “nie wil verstaan nie”. So asof hulle n alleenreg het om n mening te hê.

Johan ·

Baie onverantwoordelik van die jongmense. Wonder net hoeveel dametjies het positiewe swangerskap toetse gekry na die Rage.

Pieter ·

In die Oostenrykse parlement het ‘n opposisielid ‘n glas met Coke koeldrank geneem en dit vir Covid-19 laat toets in die parlement. Uitslag was positief. Hierdie toetse is baie onakkuraat en kan meer skade in jou neus verrig.

Vrydag by ons plaaslike poskantoor waar Covid-19 uitbetalings daagliks gemaak word. Baie sonder gesigsmaskers en geen sosiale distansiëring nie. Die ry is by die 150 persone.

antieke antie ·

kla hulle aan vir poging tot moord… dit was n wilsbesluit om die wet te oortree en besmet te word

J ·

Ek wonder waarom die ANC regering die HIV infeksies (wat jaarliks by die RAGES opgedoen word) ignoreer en verswyg?

In SA was daar in 2019 72 000 sterftes weens VIGS ! (… nie ligte verkoue simptome soos COVID nie) terwyl COVID sterftes vir 2020 skaars 2 duisend is.

Is die (gratis) GELD wat internasionaal beskikbaar is vir COVID bestryding, dalk die rede?

Waarom is daar geen ‘lockdown’, aandklok reëls, drankvebod of ‘2m safe distancing’ en polisie patrollies wat die volk beskerm teen HIV infeksies nie?

HIV infeksies in ONOMKEERBAAR en DODELIK!

Tog ignoreer almal die HIV gevaar terwyl COVID ‘opgeblaas’ word?

MakersMark ·

HIV infeksies word 100% beheer deur ARV’s. Indien jy nie daarvan gehoor het nie google dit. CV19 veroorsaak ‘n amper onmiddelike lugweginfeksie en sommiges moet ICU toe en suurstof ontvang. As al die ICU sale in al die hospitale oorstroom word van covid gevalle en almal benodig suurstof kan jy jouself die tragedie indink. Of is dit ‘n “bridge too far” ?

Jacobus ·

Wow. Sonder om sinies te wees, met die beginsels daargestel deur “command center”. Toets weer en sien die verskil. Afgesien van massa stupidity van die jeug.

J ·

Hoeveel EFF mense is besmet met COVID ná die Senekal en Brackenfell onluste?

OEPS! … die OLIFANT in die kamer waarvan niemand durf praat nie.

Hulle sal jou ‘kry’ waar jy ontspan by jou huis, saam met jou familie’? (soos vir die polisie?)

johanf ·

Onverantwoordelik van ouers en bywoners….maar daar sal wel ander verskonings wees……maar ek sal graag wil weet of iemand hier, al ń familie lid verloor het, of ń kind het wat tans teen Covid baklei…..?

Cecilia ·

Het nie veel simpatie nie. Vir wat laat jy as ouer jou 18jarige kind af voeter Balito toe om n partytjie by te gaan woon waar geen vd reels vir COVID nagekom word nie.
Nou kom hul trug besmet vd virus en kom steek onskuldige mense aan

Frans Hendrik ·

Hoeveel is dood. Dis die enigste syfer wat my opinie oor hierdie sirkus sal verander. Hou ons op hoogte.

quartus ·

Wil net aan die ouers van hierdie kinders se : knap gedaan !

Buks ·

Hoeveel cadres het positief getoets na die ANC byeenkomste? En hoeveel eff na betogings?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.